01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

6. wil nie in belang van wese optree nie

7. wil nie intree in belang van weduwees nie (vgl. Eks. 22:21-24; Jer. 5:28; 7:6; 22:3; Eseg. 22:7; Sag. 7:10)

Hierdie is duidelik verbreking van die Mosaїese verbond en dit gaan in hierdie konteks nie oor afgodery nie (behalwe

as die verwysing na “slet”, “hoer”, “prostituut” (“harlot”) in vers 21 op Kanaӓnitiese vrugbaarheidskultus dui).

1:21 OAV, NAV, CUM-MVB “getroue”

CUM-NLV “voorheen so getrou”

NASB “faithful”

Sien Vir Spesiale Aandag: Glo, Vertroue, Geloof en Getrouheid in die OT by 7:4-9.

◙ OAV, CUMs “wyn”

NAV “bier”

NASB “drink”

NKJV, NRSV, TEV, NJB “wine”

Hierdie Hebreeuse woord is nie die gebruiklike term vir wyn nie (Sien die Vir Spesiale Aandag wat hieronder volg).

Dit is ‘n VROULIK ENKELVOUD wat slegs hier voorkom. Inaggenome die ooreenstemmende wortelstam in Akkadies,

dui die woord waarskynlik op “bier” wat met water verdun en bederf is.

VIR SPESIALE AANDAG: BYBELSE OPVATTINGE OOR ALKOHOL EN

ALKOHOLISME

I. Bybelse terme

A. Ou Testament

1. Jajin − die algemene term vir ‘wyn’ (DBD 406), wat 141 keer voorkom. Die etimologie van die woord is

onseker omdat dit nie van ‘n Hebreeuse stamwoord kom nie. Dit dui op gegiste vrugtesap, meestal druiwesap.

Tipiese gedeeltes is Gen. 9:21; Eks. 29:40; Num. 15:5,10.

2. Tirosj − ‘nuwe wyn’ (BDB 440). Omrede die klimaatstoestande in die Nabye Ooste begin gisting binne 6 uur

nadat sap afgetrek is. Die term verwys na wyn in die gistingsproses. Vir ‘n paar tipiese teksverwysings, sien

Deut. 12:17; 18:4; Jes. 62:8-9; Hos. 4:11.

3. Asis − baie duidelik alkoholiese drank (soetwyn, BDB 779, vgl. Joël 1:5; Jes. 49:26).

4. Sekar − die term vir ‘sterk drank’ (BDB 1016). Die Hebreeuse stamwoord word gebruik in die terme ‘dronk’

en ‘dronklap’. Daar is ‘n bestandeel bygevoeg wat die bedwelming verhoog het. Dit word as parallel met

jajin beskou (vgl. Spr. 20:1; 31:6; Jes. 28:7).

B. Nuwe Testament

1. Oinos − die Giekse ekwivalent vir jajin.

2. Eos oinos (nuwe wyn) − die Griekse ekwivalent vir tirosj (vgl. Mark. 2:22).

3. Gleuchos vinos (soet wyn, asis) − is wyn in die vroeë stadiums van gissing (vgl. Han. 2:13).

II. Gebruike in die Bybel

A. Ou Testament

1. Wyn is ‘n gawe van God (Gen. 27:28; Ps. 104:14-15; Pred 9:7; Hos. 2:8-9; Joël 2:19,24; Amos 9:13; Sag.

10:7).

2. Wyn kan deel uitmaak van offergawes (Eks. 29:40; Lev. 23:13; Num. 15:7,10; Deut. 14:26; Rigt. 9:13)

3. Wyn vir medisinale gebruik (2 Sam. 16:2; Spr. 31:6-7)

4. Wyn kan ernstige probleme veroorsaak (Noag − Gen. 9:21; Lot − Gen. 19:33,35; Simson − Rigt. 16:19;

Nabal − 1 Sam. 25:36; Uria − 2 Sam. 11:13; Amnon − 2 Sam. 13:28; Ela − 1 Kon. 16:9; Benhadad − 1 Kon.

20:12; regeerders − Amos 6:6; en dames − Amos 4.

5. Wyn kan misbruik word (Spr. 20:1; 23:29-35; 31:4-5; Jes. 5:11,22; 19:14; 28:7-8; Hos. 4:11).

6. Wyn was verbode vir sekere groepe (priesters aan diens, Lev. 10:9; Eseg. 44:21; Nasareners, Num. 6; en

regeerders, Spr. 31:4-5; Jes. 56:11-12; Hos. 7:5).

7. Wyn word gebruik in die eskatologies tyd.

B. Inter-Bybel

1. Met matigheid voor oë is wyn goed vir ‘n mens (Pred 31:27-30)

2. ‘n Gesegde van die rabbyne: “Wyn is die beste van alle medisynes, waar wyn ontbreek, word dwelms

benodig. ”

C. Nuwe Testament

1. Jesus het ‘n groot hoeveelheid water in wyn verander (Joh. 2:1-11)

2. Jesus het wyn gebruik (Mat. 11:18-19; Luk. 7:33-34; 22:17 e. v. )

3. Petrus van “dronkenskap” weens “nuwe wyn” op Pinksterdag beskuldig (Han. 2:13)

4. Wyn kan as medisyne gebruik word (Mark. 15:23; Luk. 10:34; 1 Tim. 5:23)

5. Leiers moenie misbruikers wees nie; wat nie geheelonthouding impliseer nie (1 Tim. 3:3,8); Tit. 1:7; 2:3;

Pet. 4:3).

26

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!