01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hierdie WERKWOORD (BDB 304, KB 302, Hif‘il-PERFEKTUM) beteken dat een persoon ‘n ander, of enige

voorwerp, “stewig vasvat” (bv. Deut. 22:25; 25:11; I Sam. 15:27; 2 Sam. 1:11; 1 Kon. 1:50; 2 Kon. 2:12; 4:27; Spr. 7:13;

26:17; Sag. 8:23).

◙ OAV “laat net jou naam oor ons genoem word”

NAV “Laat ons net jou naam dra”

CUM-MVB “Trou tog net met ons”

CUM-NLV “Laat ons almal met jou trou”

NASB “let us be called by your name”

‘n Naam was simbolies van ‘n persoon se karakter en eienskappe. Die doel van hierdie aktiwiteit word in die volgende

frase duidelik gemaak. “Neem ons smaadheid weg!” (OAV; sien BDB 62 en KB 74, Qal-IMPERFEKTUM ). Wie kan die

smaadheid wegneem?

1. die regverdige van 3:10

2. die Messiaanse “Spruit” van 4:2

◙ OAV “neem ons smaadheid weg”

NAV “neem ons smaad weg”

CUM-MVB “neem ons vernedering weg”

CUM-NLV “sodat hulle ons nie as oujongnooiens uitkryt nie”

NASB “take away our reproach”

Hierdie SELFSTANDIGE NAAMWOORD (BDB 357) kan dui op

1. simboliek van hul sonde en afvalligheid van JHWH

2. hulle kinderlose weduweeskap omrede die sneuwel van die mansgeslag in oorlog,

(NASB Study Bible, bl. 965, NIDOTTE, vol. 2, bl. 75)

Albei moontlikhede strook met Jes. 54:4 aangesien “weduweeskap” kan dui op verstoot te wees deur JHWH (Hy het

hulle “geskei,” die wetlike begrip!)

NASB (HERSIENE) TEKS 4:2-6

2 In that day the Branch of the Lord will be beautiful and glorious, and the fruit of the earth will be the pride

and the adornment of the survivors of Israel. 3 It will come about that he who is left in Zion and remains in

Jerusalem will be called holy—everyone who is recorded for life in Jerusalem. 4 When the Lord has washed away

the filth of the daughters of Zion and purged the bloodshed of Jerusalem fom her midst, by the spirit of judgement

and the spirit of burning. 5 Then the LORD will create over the area of Mount Zion and over her assemblies a cloud

by day, even smoke, and brightness of a flaming fire by night; for over all the glory will be a canopy. 6 There will be

a shelter to give shade from the heat by day and refuge and protection from the storm and the rain.

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 4:2-6.

4:2 OAV “In dié dag”

NAV “Daardie dag”

CUM-MVB “Een van die dae/in die toekoms”

CUM-NLV “In die toekoms”

NASB “In that day”

Dit dui op ‘n toekomstige tyd wanneer JHWH sal kom om sy volk te seëns of te veroordeel (vgl. 2:2,11,12,20; 3:7,18;

4:1,2). Dit is ‘n tema wat dikwels in Jesaja herhaal word. Dit is nie seker wat presies Jesaja in gedagte gehad het nie.

1. terugkeer uit ballingskap saam met Serubbabel en Josua in die Persiese tyd (vgl. Esra en Nehemia)

2. herstel van Israel deur die Makkabeërs in die Seleusidiese tydperk

3. die eerste koms van Jesus (aanbreek van die nuwe era)

4. die tweede koms van Jesus (die voltooiing van die nuwe era)

Let daarop hoe die profeet omswaai van radikale oordeel na algehele, radikale vergifnis en herstel! Dit is ‘n

kenmerkende verskynsel in die profetiese literatuur. Die een kan nie sonder die ander nie! Die doel van oordeel is altyd

gemik op herstel.

◙ OAV “die Spruit van die HERE”

NAV, CUM-MVB “sal alles wat die Here laat uitspruit”

CUM-NLV “die Tak van die HERE”

NASB “The Branch of the LORD”

Om hierdie titel te verduidelik (BDB 855, die Targoems het dit as aanduiding van die Messias verstaan), moet ek van

my kommentare van Daniël en Sagaria ophaal waar die term ook gebruik word. Maar wees versigtig om nie aan terme ‘n

tegniese (vaste) inhoud te gee sonder om die konteks in ag te neem nie. Konteks spreek immer mee! Die huidige inhoud

van hierdie term het moontlik juis ontwikkel omdat oorvloed aan God se besondere dienskneg toegeskryf word. Ek verwys

na my aantekeninge by Sag. 3:8 “die Spruit/the Branch” (OAV/ NASB; dit mag “sprout” wees, vgl. BDB 855). Hierdie is

‘n ander Messiaanse titel (vgl. 6:12; Jes. 4:2; 11:1; 53:2; Jer. 23:5; 33:15). Sien ‘n volle bespreking in Vir Spesiale Aandag

by Dan. 4:15.

52

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!