01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die koninkryk van God is hier, maar ook nog toekomstig. Juis in eskatologie kom hierdie teologiese paradoks sterk

onder beligting. As ‘n mens letterlike vervulling van alle OT-profesieë aan Israel verwag, sal die koninkryk oorwegend ‘n

geografiese landskap moet wees vir besetting deur Israel. Dit sal ‘n teologiese voorvereiste moet wees. Die kerk sal stilweg

in hoofstuk 5 uit die Boek moet verdwyn en die res van die hoofstukke sou oor Israel handel (let egter op Openb. 22:16).

As die koninkryk egter met die intrede van die Messias verband hou, dan breek dit aan met Christus se eerste koms.

Die menswording (geboorte), sy lewe, leringe, sterwe en opstanding, die hele verlossingsgebeure kry die klem vir

aanwesigheid van die koninkryk. So het die koninkryk gekom; Christus se verlossingsaanbod vir almal is vervulling van

die OT, nie ‘n duisendjarige vrederyk net vir sommige nie!

Dit is korrek om te aanvaar dat die Bybel van twee komste van Christus spreek, maar waar moet die klem gelȇ word?

Vir my wil dit voorkom of die klem op die eerste koms val, die oprigting van ‘n Messiaanse koninkryk soos Daniël 2

aandui. Maar Daniël (hfs. 7) spreek ook van die ewige heerskappy van God. Die OT verkondig hierdie heerskappy van

God, maar die Messiaanse koninkryk is daarvan die meganisme, die manifestasie (vgl. 1 Kor. 15:26,27). Die vraag is nou

nie watter een van die genoemde twee “ryke” die ware een is nie; albei is die ware! In so ‘n mate het uitleggers op die

“duisendjarige ryk” van die Messias klem gelȇ (vgl. Openb. 20) dat dit hulle heeltemal ontgaan het dat die Bybel die ewige

heerskappy van die Vader leer! Christus se heerskappy is in die lig hiervan dus voorlopig. ‘n Tweede koms van Christus

word in die OT nie duidelik verkondig nie; ‘n tydgebonde Messiaanse regering ook nie!

Die koninkryk van God is die kern van Jesus se prediking. Dit is teenwoordig in sy verlossingswerk en

dienskneggestalte, maar dit is ook toekomstig in die kragtige deurvoer daarvan. Die sprake van ‘n “millennium” (vgl.

Openb. 20) is inleidend 2 ; dit is nog nie die komende, die kragtig deurgevoerde uiteinde soos gemeld in Openb. 21-22 nie.

Volgens die OT is dit nie duideik geopenbaar dat ‘n tydgebonde, vooraf-heerskappy nodig is nie, inteendeel, die

Messiaanse heerskappy van Daniël 7 is ewig en nie van millenniale aard nie.

SPANNING SES (die verwagte vroeë koms van Christus teenoor die vertraagde Parousia)

Die meeste gelowiges was leerstellig onder die indruk dat Christus spoedig sou kom, skielik en onverwags (vgl. Mat.

10:23; 24:27,34,44; Mark. 9:1; 13:30; Openb. 1:1,3; 2:16; 3:11; 22:7,10,12,20). Maar elke generasie se verwagtinge was

sover verkeerd. Hierdie spoedige verwagting was die inspirerende hoop van elke geslag, maar die werklikheid daarvan sal

net een geslag tref, wat ‘n vervolgde geslag sal wees. Gelowiges moet leef asof Hy môre kom, maar intussen die

beplanning en uitvoering van die groot opdrag in werking stel (vgl. Mat. 28:19-20) indien Hy vertoef.

Sommige gedeeltes in die evangelies (vgl. Mark. 13:10; Luk. 17:2; 18:8) en die briewe (1 en 2 Tess. ) veronderstel ‘n

vertraagde tweede koms (Parousia). Sekere historiese gebeurtenisse moet eers plaasvind.

1. wȇreldwye evangelisasie (vgl. Mat. 24:14; Mark. 13:10)

2. openbaarmaking van die ‘mens van sonde’ (vgl. Mat. 24:15; 2 Tess. 2; Openb. 13)

3. die groot vervolging (vgl. Mat. 24:21,24; Openb. 13)

‘n Doelbewuste dubbelsinnigheid is in die Parousia ingebou (vgl. Mat. 24:42-51; Mark. 13: 32-36)! Leef eke dag asof

dit die laaste sal wees, maar beplan en rus toe vir toekomstige bediening!

KONSEKWENTHEID EN BALANS

Dit is so dat die verskillende skole van eskatologiese verklaring iets van die waarheid beet het, miskien die

spreekwoordelike “halwe waarheid”. Hulle verklaar en verduidelik wel sommige tekste. Die probleem ontstaan egter as

konsekwentheid en balans ontbreek. ‘n Vooruit vasgestelde raamwerk moet deur die uitleg gedien word. Maar die Bybel

verskaf nie logiese, kronologiese en gesistematiseerde eskatologie nie. Dit vergelyk goed met ‘n familiealbum waarin die

foto’s waar en eg is, maar nie altyd in konteks en logiese verband geplaas nie. Sommige foto’s het uitgeval en latere

geslagte weet nie hoe om dit in regte verband terug te plaas nie. Die sleutel tot verstaan van Openbaring is om die

bedoeling van die skrywer te probeer verstaan in die genre wat hy daarvoor gekies het. Die meeste uitleggers probeer om

hulle eksegetiese gereedskap vir ander genres van die NT ook vir Openbaring toepaslik te maak. Hulle fokus op die OT en

laat na om Jesus en Paulus se leringe te volg in die daarstelling van ‘n teologiese raamwerk vir apokaliptiek. Dan kom

Openbaring tor sy reg as illustrasie.

Ek moet toegee dat ek ‘n verklaring van Openbaring met vrees en versigtigheid aanpak. Nie oor die vloek uitgespreek

in 22:18-19 nie, maar oor die vlak van meningsverskil wat onder die kerklike gemeenskappe voorgekom het en nog steeds

voorkom. Ek gee baie om vir God se openbaring. Dit is die waarheid te midde van die mensdom wat almal leuenaars is

(vgl. Rom. 3:4).

Beskou asseblief my verklarende werk as bedoel om gedagteprikkelend te wees en nie as padwyser of roetekaart nie!

Liewer ‘n “miskien as” as ‘n “so spreek die HERE.” Ek het van aangesig tot aangesig te staan gekom voor my eie

ontoereikendheid en vooropgestelde idees, my teologiese agenda! Dieselfde met ander uitleggers. ‘n Mens is so geneig om

in Openbaring te kry wat jy wil hȇ daar moet wees. Die Openbaring-genre leen hom so tot misbruik! Nietemin, in die

Bybel is dit daar met ‘n doel.

Sy plasing as die “slotwoord” is nie maar toevallig nie. Dit het ‘n boodskap van God vir sy kinders van elke geslag.

Hy wil dat ons moet verstaan. Dat ons moet handevat en nie kampe vorm nie. Laat ons saamstem oor wat duidelik is en

van sentrale betekenis en nie oor die “miskien waar”, of “moontlik waar” of “dalk waar” verder kibbel nie. God help ons

almal daartoe!

2 En gelyktydig met Jesus se eerste koms en hemelvaart – vert.

37

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!