01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

(Engelse vertalings: Lord) – adon of adonai (heer, my heer). Die Afrikaanse vertalings gebruik die naam

“Here” (wat die genoemde pluralis majestatis vertoon – vertaler).

4. Soos met El is JHWH dikwels met ander terme gekombineer om die wesensaard (karakter) van die

Verbondsgod van Israel te beskryf. Wat hier volg, is ’n aantal uit vele moontlikhede.

a. JHWH-Jireh (JHWH sal voorsien BDB 217 & 906), Gen. 22:14

b. JHWH-Rophekha (JHWH wat jou gesond hou; BDB 217 & 950; Kal-DEELWOORD), Eks. 15:26

c. JHWH-Nissi (JHWH is my banier/oorwinning; BDB 217 & 651) Eks. 17:15

d. JHWH-Meqaddishkem (JHWH wat heilig maak/afsonder; BDB 217 & 872; Pi’el-DEELWOORD) Eks.

31:13

e. JHWH-Shalom (JHWH is vrede/rus; BDB 217 & 1022) Rigt. 6:24

f. JHWH-Sabbaoth (JHWH die Almagtige, NAV, [“van die leërskare” in vroeër Afr. vertaling], Eng: of

hosts; BDB 217 & 878, kom dikwels voor in die Profete)

g. JHWH-Ro’I (JHWH is my Herder; BDB 217 & 878; Kal-DEELWOORD) Ps. 23:1

h. JHWH-Sidqenu (JHWH ons geregtigheid; BDB 217 & 841) Jer. 23:6

i. JHWH-Shammah (JHWH is dáár; BDB 217 & 1027) 48:35

◙ OAV, NAV, CUMs “Amos”

NASB “Amoz”

Hierdie Amos (BDB 55) het slegs betrekking op Jesaja. Die basiese woordstam beteken “sterkte”, “sterk” en “magtig”.

◙ OAV, CUM-NLV “wat hy gesien het”

NAV, CUM-MVB “wat. . . ontvang het”

NASB “he saw”

Die WERKWOORD “ḥāṣah” (BDB 302, KB 301, Qal-PERFEKTUM) ontspring uit ‘n eenderse wortelstam soos in

“ḥāṣōn,” “visioen. ” Dit kom ook voor in “siener. ” Dié woordstam word herhaaldelik in Jesaja gebruik (vgl. Miga 1:1).

◙ OAV, NAV, CUMs “Ussia”

NASB “Uzziah”

Daar bestaan ‘n oorlewering dat Jesaja en Ussia familie was. Dit kan nie bo alle twyfel bevestig word nie, maar daar is

sterk aanduidings van so ‘n moontlikheid. Ussia beteken “JHWH is my sterkte”. Hierdie vroom koning het in 742 v. C. aan

melaatsheid gesterf. Hy word in die Bybel soms ook Amasia genoem (“JHWH is my hulp”).

◙ Die datering van hierdie konings en hulle gelyktydige regering met die konings van Israel vind u in bylaag vier.

1:2 OAV “Hoor, o hemele en luister, o aarde”

NAV, CUM-MVB “Luister, hemele en gee aandag, aarde”

CUM-NLV “Luister, hemele! Luister, aarde!”

NASB “Listen, O heavens and hear, O earth”

Hierdie twee IMPERATIEWE spruit uit verskillende wortelstamme, maar beteken basies dieselfde.

1. Luister, BDB 1033, KB 1570, Qal-IMPERATIEF, vgl. verse 10,15,19; 6:8,9 (twee keer), 10 ens.

2. Gee aandag, BDB 24, KB 27, Hif’il-IMPERATIEF, vgl. 1:2,10; 8:9; 28:23; 32:9 ens.

Dit was ‘n treffende manier om sy volk tot erkenning van hulle afvalligheid op te roep. JHWH was besig om

hofstukke teen sy eie mense op te stel. Op gelyke wyse gebeur dit ook in Miga 1:2 wat as Judese tydgenoot van Jesaja

geprofeteer het.

Hiermee is die toneel vir hoofstuk 2 voorberei wat ook op ‘n hofgeding teen Israel sou neerkom. Die profete het oor

die algemeen die literȇre tegniek van ‘n hofgeding verkies (Miga 6:6-8; Jer. 2:1 e. v. ; Rom. 8:31 e. v. ) Dat twee getuies

(hemele, aarde) in hofgedinge benodig word, kom algemeen in die OT voor (vgl. Deut. 4:26; 30:19; 31:28; 32:1; Ps. 50:4).

Vanweë konteks verwys “hemele” hier nie na die “woning van God” nie, maar na die kosmiese heelal.

◙ OAV “want die HERE spreek”

NAV, CUM-MVB “want die Here het gesȇ”

CUM-NLV “Dit is wat die HERE sȇ:”

NASB “For the LORD speaks”

Dit is die verbondsnaam vir die God van Israel. Sien Vir Spesiale Aandag: Name van die Godheid by 1:1.

◙ OAV “Ek het kinders grootgemaak en verhoog”

NAV, CUM-MVB “Ek het kinders grootgemaak en opgevoed”

CUM-NLV “Die kinders wat Ek grootgemaak en versorg het”

NASB “Sons I have reared and brought up”

Hier word God verpersonifieer as ‘n liefdevolle ouer (vgl. Hos. 11:1-4; let ook op Eks. 4:22; Deut. 32:6; Jer. 3:4;

31:9). Sien Vir Spesiale Aandag by 6:1.

Die duidelikste beskrywings van die karakter en optrede van JHWH kom na vore in sy (1) beeld as “ouer”, (2)

“huweliksmaat” en (3) uitkoms vir “naasbestaandes”.

11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!