01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2. gesneuwelde stryders

3. oorlede voorgeslagte

4. gestorwenes oor die algemeen

aan te dui. In historiese tekste verwys dit na die Refaim, ‘n etniese groep wat as reuse beskou word.

VIR SPESIALE AANDAG: TERME WAT VIR GROOT EN MAGTIGE STRYDERS OF

ETNIESE GROEPE GEBRUIK WORD

Hierdie baie groot en magtige stryders word met verskeie name benoem

1. Nefilim (BDB 658) ̶ Gen 6:4; Num 13:33

2. Refaim (een of die ander, BDB 952 of BDB 952 II) Gen 14:5; Deut 2:11,20; 3:11,13; Jos 12:4; 13:2; 2 Sam 21:

16,18,20,22; 1 Kron 20: 4, 6,8

3. Samsumin (BDB 273), Susim (BDB 265), ̶ Gen 14:5; Deut 2:20

4. Emim (BDB 34) ̶ Gen 14:5; Deut 2: 10-11

5. Anakim (BDB 778 I, die seuns van Anak) ̶ Num 13:33; Deut 1:28; 2:10-11,21; 9;2; Jos 11:21-22; 14:12,15

◙ OAV “al die bokke van die aarde. . .al die konings”

NAV, CUM-MVB “almal wat leiers op aarde was, almal. . .konings”

CUM-NLV “Wȇreldleiers, magtige heersers”

NASB “leaders of the earth”

NKJV “chief one of the earth”

TEV “those who were powerful”

NJB “rulers of the world”

Letterlik is hier van “ramme” sprake (BDB 800, vgl Eseg 34:17). Die sinspeling is op die leier van ‘n trop en dus

oordragtelik (metafories) leiers van bevolkings.

14:11 Die eerste twee reëls beskryf die buitensporige en oormatige leefstyl van die oosterse konings. Hulle het op kussings

en sagte beddens geslaap.

Die laaste twee reëls beskryf die nuwe bed vir konings in die doderyk/ graf (nl. Wurms). Selfs daardie vorste wat

hulleself as goddelik beskou het, se bestemming is ‘n bed van wurms! Sterflikheid is die gelykmaker van die mensdom

(vgl 5:14). Sien die kontras hier!

◙ OAV, NAV, CUMs “wurms/maaiers”

NASB “worm”

Hier is die letterlike ‘n idioom vir dood en metafories van die vrees vir die dood en die verganklikheid van alle

menslike lewe.

14:12 OAV, CUM-NLV “hoe het jy uit die hemel geval”

NAV, CUM-MVB “jy. . .het uit die hemel geval”

NASB “How you have fallen from heaven”

Die WERKWOORD (BDB 656 , KB 709, Qal PERFEKTUM) dui op ‘n afgehandelde toestand. Die vraag van

toepassing hier is of ons met letterlike of figuurlike spreke te doen het? Die WERKWOORD word ook gebruik vir ‘n

gewelddadige dood (BDB 657, v 2a). In 3:8 en 8:15 gebruik Jesaja hierdie WERKWOORD vir die verwoesting van ‘n

stad. Maar die bykomstige frase “uit die hemel” lei daartoe dat uitleggers aan ‘n engelagtige wese dink. Ook so omdat

Jesus dieselfde woorde in Luk 10:18 gebruik.

◙ OAV “morester, seun van die dageraad!”

NAV, CUM-MVB “jy wat die helder môrester was”

CUM-NLV “blink ster, seun van die môre”

NASB “O star of the morning”

NKJV, Vulgaat “O Lucifer”

NRSV “O Day star”

TEV “bright morning star”

NJB, LXX “Day star ”

REB “Bright morning star”

Die Hebreeuse NOMINATIEF MANLIKE term is hēlēl (BDB 247, KB 245). Hierdie vorm kom slegs hier in die OT

voor. Die WERKWOORDSTAM hālal kan beteken

1. “skyn,” wat waarskynlik na die maan verwys

2. “om spoggerig te wees” of “om iemand te prys” (vgl hier die Hallel psalms; lofpsalms)

Die KB meld verskeie moontlikhede wat betref die oorsprong van hierdie woordstam.

1. vanaf ‘n Ugaritiese woordstam “hll” (konsonante)

2. van ‘n Arabiese woordstam, wat op die halfsirkel van die nuwe maan dui

140

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!