01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

NASB “Go”

Dit is heeltemal gebruiklik vir Jesaja om van sy historiese eietyd of gebeurtenisse oor te skakel na eskatologiese

gebeure (eindtyd). Die gebeurtenisse van en krisisse van sy tyd is voorafskaduwing van die klimaks van geskiedenis se

finale afsluiting. Die gang van dinge kan nie maar in ‘n enkele gebeurtenis van plek, tyd en bepaalde mense vasgepen word

nie, maar is deel van die mensdom se op pad wees na iewers; doelwitte, selfs van kosmiese aard is aan die werk agter

daaglikse gebeurtenisse.

◙ Hierdie vers beskryf die aard van dié nasie.

1. ’n seevaardersbevolking; bote van riete op die Nyl (BDB 479, STATUS KONSTRUKTUS, BDB 167)

2. mense fisies groot (BDB 604, KB 645, Pual-DEELWOORD, letterlik “om uitgestrek te wees”

3. met ‘n gladde vel (Cum-NLV; BDB 598, KB 634, Pual-DEELWOORD) kaalgeskeerde koppe, ge-oliede swaarde

en velle; (1) geen vlekke nie, REB, TEV “glad van vel,” (2) die een soos die ander van kleur (“brons”, NJB) of (3)

skoongeskeer en sonder gesighare.

4. wyd en syd gevrees

5. ‘n magtige nasie (die Hebreeus is onseker, maar moontlik idiomaties vir “’n vreemde taal”)

6. ’n gedugte oorheerser (die Hebreeus is onseker)

7. die land word deur riviere verdeel, die Hebreeus onseker, want die WERKWOORD kom net tweekeer voor in

hierdie hoofstuk (BDB 102, KB 107, Qal-PER$FEKTUM). Die vertaling met “verdeel” is op ‘n Aramese stamekwivalent

gebaseer. Met die gedagte aan ‘n jaarlikse vloed (Nyl) het die REB “geteister”, maar die probleem is

dan dat die moontlike konteks van die Tigris en Eufraat uitgesluit word. #2-#6 hierbo word in vers 7 herhaal.

Hiermee word die bevolking suid van die eerste waterval as groot van gestalte, donker van kleur en oorlogsugtig

beskryf.

Daarom kan die konteks hier beskou word as Egipte se poging om militȇre bondgenootskap teen Assirië te soek. Die

woord wat hier met “groot” vertaal word, word nȇrens elders so vertaal nie. Universeelgesproke kan vers 3 in hierdie gedig

as ‘n boodskap van JHWH beskou word dat niks en niemand ‘n nasie van sy oordeel kan verlos nie. Selfs Egipte, met steun

van enige ander oorlogsugtige nasie, is nie in staat om Juda te help (vgl. Hoofstuk 7) nie, maar net JHWH alleen.

Daarmee duik ‘n konteksvraagstuk op.

1. is hoofstuk 18 ‘n onafhanklike gedig?

2. staan hoofstuk 18 in noue verband met hoofstuk 17?

3. of staan hoofstuk 18 in noue verband met hoofstuk 19?

◙ OAV “na die wyd en syd gevreesde volk”

NAV, CUM-MVB “julle volk wat wyd en syd gevrees word”

CUM-NLV “mense. . .wat wyd en syd gevrees word”

NASB “a powerful and oppressive nation”

NKJV “a nation powerful and treading down”

NRSV “a nation mighty and conquering”

TEV “a strong and powerful nation”

JPSOA “a nation of gibber and chatter”

Die LXX en die Pesjitta vertaal hier as sou ‘n verslae nasie aangespreek word, maar hedendaagse vertalings volg hulle

nie na hierin nie.

Twee beskrywende NAAMWOORDE dien hier as karakterisering van dié volk.

1. Die term vir “magtig” word toutologies (dubbel) aangewend ten einde die beeld te verskerp: die geluide van leërs

op mars, vgl. IVP Bible Background Commentary, bl. 608, of soos die JPSOA vertaal, ‘n “taalluidrugtige”

opmars.

2. Die tweede term (BDB 101) beteken letterlik “om te vertrap” NKJV, in die metaforiese sin van oorwin.

18:3 OAV “Al die bewoners van die wȇreld”

NAV, CUM-MVB “Julle almal wat in die wȇreld woon”

CUM-NLV “die hele wȇreld. . .julle”

NASB “All you inhabitants of the world and dwellers on earth ”

Jesaja het hierdie groter groep dikwels aangespreek (vgl. 2:2-4; 9:7; 11:10,11-12; 12:4-6; 17:7-8; 26:9). Wat is te

wagte as JHWH se verbondsvolk al die nasies bereik? Die term kan op wȇreldwye verlossing sinspeel of op wȇreldwye

oordeel (vgl. 13:11; 24:4; 34:1). In ‘n sekere sin toon die gebruik van “wêreld” hier JHWH se voldoende, universele krag

en teenwoordigheid. Soos wat blyk uit hierdie literêre eenheidstuk van oordeel wat al die nasies betrek. JHWH se dade

raak die hele aarde. Hy is die Here van die skepping!

Wie stuur die boodskap van vers 3?

1. Is dit Kus aan Assirië?

2. ’n Bondgenootskap met Kus teen Assirië? (Aldus ‘n NRSV-voetnoot)

3. ‘n Boodskap van Sirië en Israel met die oog op samewerking teen Assirië (REB voetnoot)

4. Kus wat reageer op ‘n hulpoproep van Juda (Jewish Study Bible-voetnoot)

5. ‘n JB-voetnoot meld dat hierdie boodskap op Egipte betrekking het omdat die Farao’s op daardie stadium Nubiërs

was. Daarmee sluit hoofstuk 18 by 19 aan eerder as by 17.

6. Of Assirië gerig teen die hele wereld.

163

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!