01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1. “die Here beter gou maak” (CUM-MVB); “make speed,” BDB 545, KB 553’ Pi‘el-IMPERFEKTUM hier as

JUSSIEF gebruik;

2. “Hy moet sy werk gou doen” (CUM-MVB, NAV); “let Him hasten,” BDB 301, KB 300, Hif‘il-KOHORTATIEF;

3. “wat Hy wil doen”; (CUM-MVB, NAV); “His purpose. . .draw near,” BDB 897, KB 1132, Qal-IMPERFEKTUM

as JUSSIEF gebruik;

4. “moet gou gebeur”; (CUM-MVB, NAV); “come to pass”, BDB 97, KB 112, Qal-KOHORTATIEF;

5. “dat ons kan weet,” (CUM-MVB, NAV); “that we may know it,” BDB 393, KB 390, Qal-KOHORTATIEF.

Hierdie vers kan in samehang met vers 12 gesien word. Hulle stel vanweë beheptheid met hulle eie wil en

doelstellinge, nie daarin belang om God se wil te ken nie. So lyk die gevolge van die sondeval (Gen. 3).

Die NASB Studiebybel maak interessante opmerkings langs #1 en #2 hierbo:

“The Hebrew of the words ‘make speed’ and ‘hasten’ correspond to that of the first and third elements of the name

‘Maher-shalal-hash-baz’ (meaning ‘swift is the booty, speedy is the prey,’ see 8:1,3). He may have been responding to

the sarcastic taunts of these sinners” (bl. 969). 6

5:20 OAV “Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg”

NAV, CUM-MVB “Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg”

CUM-NLV “Verwoesting wag vir hulle wat sȇ dat sleg goed is en goed sleg”

NASB “Woe to those who call evil good and good evil”

Baie is van mening dat dit op die regters van Israel van toepassing was. Alhoewel dit kan strook met verse 18-23, is ek

van mening dat dit op die hele volk betrekking gehad het en nie net op die regbank nie. Dit is ‘n sprekende voorbeeld van

wat gebeur as die lig in mense duisternis word (vgl. Mat. 6:22-23). Die Sondeval van Gen. 3 het die morele kompas van

mense geskape na God se beeld van reg en geregtigheid, heeltemal verwar.

5:21 OAV “Wee hulle wat in eie oë wys en na eie oordeel verstandig is”

NAV “Ellende wag vir die wat dink hulle het die wysheid in pag

Wat dink hulle het baie verstand”

CUM-NLV “Ellende wag vir dié wat wys is in hulle eie oë

Wat dink hulle het baie verstand”

CUM-MVB “Verwoesting wag vir elkeen wat dink dat hy slim is en homself wys ag”

NASB “Woe to those who are wise in their own eyes

And clever in their own sight”

Hiermee kom weer sondige hoogmoed aan die orde, daardie nagevolg van Gen. 3. Een van die mees beskrywende

gedeeltes in dié verband is Jer. 9:23-24. Die ware wysheid is ken van en vertroue op God. Mense word siende-blind weens

die sondes van die opgeblase self van gewaande belangrikheid (vgl. Spr. 26:5,5,12,16; 28:11)!

5:22 OAV “Wee hulle wat helde is om wyn te drink”

NAV, CUM-MVB “Ellende wag vir dié wat helde is by wyndrinkery.”

CUM-NLV “Verwoesting wag vir mense wat helde is as dit by gedrinkery kom”

NASB “Woe to those who are heroes in drinking wine”

Jesaja is sarkasties teenoor “helde” wat in hierdie geval nie “magtiges in militȇre stryd” is nie, maar “dapper” is in die

hoeveelheid rondtes wat gesuip word.

◙ OAV “en wakker manne om sterk drank te meng”

NAV, CUM-MVB “dapper by die meng van drank”

CUM-NLV “wat spog oor hoeveel alkohol hulle kan gebruik”

NASB “mixing strong drink”

Dit is nie seker wat met hierdie drank bedoel word nie (BDB 1016).

1. Wyn en water gemeng soos wat die Grieke en Romeine gedoen het, maar Jesaja het ‘n slegte mengsel in gedagte

en nie gewone wyn nie;

2. verouderde sterkwyn wat met nuwe wyn gemeng word

3. wyn wat met gedistilleerde vrugteaftrek of ‘n likeur van veel sterker alkoholgehalte gemeng word; die hoë

alkoholinhoud van hedendaagse gegiste dranke was nog nie bekend nie.

Die NAAMWOORD (sterkdrank) is afgelei van die WERKWOORD wat “dronk word” beteken. Dronkenskap word

dikwels in die Skrif verdoem (vgl. 5:11,22; 28:7; 56:12; Spr. 20:1; 23:29-35; Miga 2:11). Dit dien ook metafories as

oordeel van JHWH (vgl. Ps. 75:8). Sien ook Vir Spesiale Aandag by 1:22.

5:23 OAV “wat vir ‘n omkoopgeskenk die skuldige regverdig verklaar”

NAV, CUM-MVB “wat die skuldige vryspreek vir omkoopgeld”

CUM-NLV “Dis hulle wat omkoopgeld vat om skuldiges vry te laat”

NASB “Who justify the wicked for a bribe”

6 Vgl. die NAV, Jes. 8:1,3: “Plunder- en- Roof- is- Naby,” sarkasme t.o.v. #1 en #2 hierbo, gerig aan adres van die spotters van 5:19 – vert.)

67

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!