01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

c. “volgens die koning se gewig’ (NAV van 2 Sam. 14:26; in die papirusdokumente van Elefantine

“koninklike gewig”)

3. Die gerah (BDB 176 II) is teen 20 per sikkel gewaardeer (vgl. Eks. 30:13). Hierdie waardes het verskil van

Mesopotamië tot Egipte. Israel het die evaluasie mees algemeen tot Kanaän gevolg (Ugarit).

4. Die mine (BDB 584) het ‘n waarde van 50 of 60 sikkels gehad. Dié term kom hoofsaaklik in die later OT

geskrifte ter sprake (bv. Eseg. 45:12; Esra 2:69; Neh. 7:70-71); Esegiël het die 60 tot 1 skaal gebruik terwyl

Kanaän die 50 tot 1 skaal gebruik het.

5. Die beqa (BDB 132, “’n halwe sikkel”, vgl. Gen. 24:22) word net twee keer in die OT genoem (vgl. Gen.

24:22; Eks. 38:26). Dit was die helfte van ‘n sikkel en beteken ‘om te verdeel’.

B. Tabel

1. soos in Eksodus

talent 1

mine 60 1

sikkel 3,000 50 1

beka 6,000 100 2 1

gerah 60,000 1000 20 10 1

2. soos in Esegiël

talent 1

mine 60 1

sikkel 3,600 60 1

beka 7,200 120 2 1

gerah 72,000 1,200 20 10 1

◙ OAV “en ‘n homer saad sal ‘n efa opbring”

NAV, CUM-MVB “oplewer. . .en ‘n sak saad net een kruik vol graan”

CUM-NLV “Tien dele saad sal net een deel graan lewer”

NASB “And a homer of seed wil yield but an ephah of grain”

‘n Treffende metafoor om die onvrugbaarheid van grondgebied te beskryf wat onregmatig bekom is. Uit Efes. 45:11

blyk dit dat daar tien efas in ‘n homer is. ‘n Boer wat 100 kilogram saai, kan verwag om net 10 kilogram te oes!

5:11 OAV “Wee hulle wat vroeg in die môre klaarmaak om sterk drank na te jaag”

NAV, CUM-MVB “Ellende wag vir dié wat vroeg in die more opstaan om agter sterk drank aan te loop”

CUM-NLV “Verwoesting wag as julle vroeg opstaan sodat julle tot laatnag kan drink”

NASB “Woe to those who rise early in the morning that they may pursue strong drink”

‘n Tweede sonde word genoem, naamlik uitbundige plesiersoekery van vanmôre tot vanaand. Dit moet beklemtoon

word dat die Bybel nie wyn veroordeel nie, maar wel die misbruik daarvan. Jesaja 28 gebruik ook die metafoor van sterk

drank. Ander sterkbewoorde gedeeltes oor dié onderwerp kan in Spr. 20:1 en 23:29-35 nagegaan word. Maar die balans

soos in Ps. 104:1-4 is ook belangrik. “Sterk drank” (BDB 1016) is ‘n samevoeging van bedwelmende graanaftreksel en

wyn. Sien vir Spesiale Aandag: Akohol en Alkoholisme by 1:22.

5:12 OAV “by hulle maaltyd”

NAV, CUM-MVB “by julle fuifpartye”

CUM-NLV “julle het. . .by julle partytjies”

NASB “Their banquets are accompanied by”

Hiermee word aangedui wat daardie tyd die gebruiklike jolyt was. Dit beskryf die wȇreldsgesindheid van ‘n welaf klas

in die samelewing.

◙ OAV “Maar op die dade van die Here gee hulle geen ag nie,

En die werk van sy hande sien hulle nie.”

NAV, CUM-MVB “Maar van wat die Here doen, neem julle geen notisie nie,

Sy dade sien julle nie raak nie”

CUM-NLV “Maar julle steur julle nie aan wat die Here doen nie

En sien nie sy dade raak nie”

NASB “But they do not pay attention to the deeds of the LORD,

Nor do they consider the work of His hands”

Die weiering van die bondsvolk om die wil van God te hoor en dit te verstaan, is ‘n herhalende tema (vgl. 1:2-3,10a;

5:12,13,24; 6:9-10; 30:9). God het hulle tot geestelike insig in staat gestel (vgl. Deut. 29:4), maar hulle gesamentlike verval

in blindheid en doofheid het daartoe gelei dat God die vermoë om te verstaan weggeneem het (vgl. Jes. 6:9-110; 29:9-10)

Die tragedie hiervan is dan dat die Judeërs van Jesaja se tyd hulle meer afhanklik van eie bronne geag het as om

afhanklik te bly van die voorsiening van dié God wat met hulle ‘n verbondsverhouding gehad het (vgl. vers 24 se d- en efrase

met Deut. 8:11-20).

62

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!