01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die herhaling van drie roepe op ‘n keer is die Hebreeuse manier om in OORTREFFENDE TRAP te spreek (vgl. Jer.

7:4; Eseg. 21:27)!

VIR SPESIALE AANDAG: HEILIG

I. Ou-Testamentiese Gebruik

A. Die etimologie van kadosh is onseker, dog moontlik Kanaänities van oorsprong. Dit is moontlik dat ‘n deel van

die woordstam (kd) “om te verdeel” kan beteken. ‘n Populêre definisie lui dan soos volg: “Opsygesit van

Kanaänitiese kultuur vir God se gebruik,” (vgl. Deut. 7:6; 14:2, 21; 26:19).

B. Dit staan in verband met kultiese dinge, plekke, tye en persone. Dit kom nie in Genesis voor nie, maar is

algemeen in Eksodus, Levitikus en Numeri.

C. In profetiese literatuur (veral Jesaja en Hosea) kom daar ‘n persoonlike element na vore, maar word nie

beklemtoon nie. Dit word gebruik om die wese van God te beskryf (vgl. Jes. 6:3). God is heilig en so ook sy

naam, wat sy karakter verteenwoordig. Sy volk wat sy karakter aan die wêreld in nood moet vertoon is ook heilig

mits hulle deur geloof die verbond onderhou.

D. God se ontferming en liefde is onlosmaaklik verbonde aan die teologiese konsepte van verbondenheid,

geregtigheid, en sy wesentlike aard (karakter). Daarom is God in spanning met ‘n onheilige, gevalle,

wederstrewige mensdom. Robert B. Girdlestone, bied in Synonyms of the Old Testament interessante leesstof oor

God as “ontfermend” en God as “heilig” (bl. 112-113).

II. Nuwe-Testamentiese Gebruik

A. Die skrywers van die NT was denkers in Hebreeus*, behalwe Lukas. Hulle was egter deur Koine Grieks

beïnvloed weens gebruik van die OT uit die LXX. Hulle woordeskat is deur hierdie vorm van Grieks oorheers en

nie Klassiek Griekse literatuur, gedagtes en godsdiens nie.

B. Jesus is heilig omdat Hy van God kom en soos God is (vgl. Luk.1:35; 4:34; Han. 3:14; 4:27, 30). Hy is die Heilige

en Regverdige (vgl. Han. 3:14; 22:14). Jesus is heilig omdat Hy sonder sonde is (vgl. Joh. 8:46; 2 Kor. 5:21; Heb.

4:15; 7:26; 1 Pet. 1:19; 2:22; 1 Joh. 3:5).

C. Omdat God heilig is, moet sy kinders ook heilig wees (vgl. Lev. 11:44-45; 19:2; 20:7, 26; Mat. 5:48; 1 Pet. 1:16).

Omdat Jesus heilig is, moet dit ook so met sy volgelinge wees (vgl. Rom. 8:28-29; 2 Kor. 3:18; Gal. 4:19; Ef. 1:4;

1 Tes. 3:13; 4:3; 1 Pet. 1:15). Christene is verlos om soos Christus te dien.

◙ OAV “die HERE van die leërskare”

NAV “die Here die Almagtige”

CUM-MVB “die Magtige van die hemelse leër”

CUM-NLV “die HERE die Almagtige”

NASB “LORD of hosts”

Letterlik beteken dit die “Aanvoerder van die hemelse leërmagte.” Sien Vir Spesiale Aandag by 1:9.

◙ OAV, NAV, CUMs “die hele aarde”

NASB “the whole earth”

Hiermee word monoteїsme geїmpliseer. Daar was altyd die een God van die hele mensdom (vgl. Gen. 1:27,27; 3:15;

12:3; Eks. 19:5,6: Num. 14:21; Ps. 2:8; 22:27-28; 59:13; 72:8,19; Jes. 45:21-22; 49:6; 52:10; Miga 5:4). Jesaja huldig ‘n

universele teologie (vgl. 12:5; 24:14-16; 42:10-12). Sien Vir Spesiale Aandag by 2:2.

6:4 OAV “die geluid van die roepers”

NAV, CUM-MVB “hulle het. . .geroep”

CUM-NLV “die geluid”

NASB “of him who called out”

Dit kan op ‘n uitroep van God sinspeel (vgl. vers 8) of in konteks die serafs se driemaal “heilig,” n.a.v. vers 3.

◙ OAV “het vol rook geword”

NAV, CUM-MVB “vol rook geword het”

CUM-NLV “was vol rook”

NASB “was filling with smoke”

Die WERKWOORD (BDB 569, KB 583, Nif‘al-IMPERFEKTUM) kom ook voor in Eseg. 10:4. Dit herinner aan

Num. 14:21, Ps. 72:9; en Hab. 2:14. Dit kan (1) simbolies verwys na die oordeel van God; of na (2) die sjekina-wolk wat

gedien het tot verberging sowel as simboliek van God se teenwoordigheid (vgl. Eks. 40:34); of (3) rook vanaf die

wierookoffer-altaar so dig dat God nie gesien kon word nie.

6:5 OAV “Wee my, ek is verlore!”

NAV, CUM-MVB “Dis klaar met my! Ek is verlore!”

CUM-NLV “Ellende het my getref!”

* En ‘n vorm van Aramees – vert.

75

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!