01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hierdie WERKWOORD (BDB 342, KB 339, Qal-PERFEKTUM) dui op hoe JHWH offerandes ervaar en aanvaar.

Die gewone idioom in hierdie verband was “’n aangename geur” (vgl. Gen. 8:21; Eks. 29:18,25). In geval van hierdie

mense het Hy hulle aabidding verwerp.

1:12 OAV, NAV, CUMs “om my voorhowe te (kom) vertrap”

NASB “to appear before Me”

Dit dui op die gesindheid tydens die aanwesigheid in die tabernakel/tempel (vgl. Eks. 23:17). Hulle het hulle met

ritueel en liturgie tevrede gestel sonder ‘n gesindheid van ware aanbidding.

1:13 OAV, NAV, CUM-MVB “skynheilige offergawes”

CUM-NLV “waardelose offers”

NASB “worthless offerings”

Hierdie term se betekenis is “leeg”, “nutteloos” en “niks”. Dit kan gebruik word i.v.m.

1. afgodediens (Jona 2:8; Ps. 31:6)

2. offers (soos hier)

3. slegte mense (Jes. 5:18)

4. misbruik/ydelike gebruik van die Godsnaam

5. leuenagtige woorde (Jes. 59:4).

◙ OAV “gruwelike reukwerk is dit vir My”

NAV, CUM-MVB “Ek het ‘n afsku van julle wierookoffers”

CUM-NLV “die wierook. . . stink in My neus”

NASB “Incense is an abomination to Me”

Die term “wierook” (BDB 882) beteken “dit wat opstyg”. Dit kan dus aanduiding wees van

1. die rook van offerandes

2. die geur van kruie, wat gewoonlik op die offerdier geplaas word of rook vanaf die die wierookaltaar wat voor die

binneste gordyn van die tabernakel/tempel geplaas is. Dit is kragtige taal! Dit herinner aan Jeremia se

“tempelpreke” in sy hoofstuk 7. Rituele en liturgie het belydenis en geloof vervang. Hulle het blind en doof

geword (vgl. Jes. 6:9-10). Hulle het ‘n voorkoms van toewyding gehad, maar die krag daarvan geloën (vgl. 2 Tim.

3:5). Die tragiese hiervan was dat hulle onder die indruk was van “reg” met God wees! Hulle was immers sy volk!

Maar verkeerd, soos talle aktiewe godsdienstiges van elke tydsgewrig!

Die term “afsku” (BDB 1072) kom meestal in Deuteronomium, Spreuke en Esegiël voor. Dit beskryf God se reaksie

op menige ongewenste dinge.

1. homoseksualiteit (Lev. 18:22)

2. allerlei ander seksuele sondes (vgl. Lev. 18:26,27,29,30)

3. afgodery, Deut. 7:25,26; 12:31; 14:3; 17:4; 27:15; 32:16; 2 Kon. 16:3; 23:13; Jer. 12:35

4. gebreklike diere vir slagoffer, Deut. 17:1

5. okkultiese praktyke, Deut. 18:9,12

6. geslagsverwarring, Deut. 22:5

7. tempelprostitusie, Deut. 23:18; 1 Kon. 14:24

8. hertroue na egskeiding, Deut. 24:4

9. kullery in die handel, Deut. 25:16; Spr. 11:1; 20:10,23

10. slegte gedrag van mense, Spr. 3:32; 6:16; 8:7; 11:20;12:22; 15:26; Jer. 7:10

11. offerandes van slegte mense, Spr. 15:8,9; 21:27

12. hoogmoedige mense, Spr. 16:5

13. arrogante goddeloosheid van leiers, Spr. 16:12 (OAV)

14. omgekoopte regters, Spr. 17:15

15. offers van reukwerk vir die skyn sonder lewensveranderende geloof, Jes. 1:13.

◙ OAV “Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste”

NAV, CUM-MVB “Nuwemaanfeeste, sabbatsvierings, die uitroep van feesdae”

CUM-NLV “feesviering op Nuwemaanfees en Sabbatte. . . vroomste byeenkomste”

NASB “New moon and Sabbath, the calling of assemblies”

Hou in gedagte dat die Jode ‘n maankalender gevolg het. Elke sabbat was belangrik en elke nuwemaan (vgl. Num.

28:11-15; 2 Kon. 4:23; Jes. 66:23) het ‘n godsdienstige betekenis gehad. Dieselfde geld vir die driejaarlikse feeste soos in

die Mosaїese wet bepaal (vgl. Eks. 23:14-17; 34:18-26; Lev. 23; Deut. 16:1-17).

1:14 Die Hebreeuse sintaksis breek hier af as gevolg van Jesaja se geweldige emosie wat hy namens God openbaar. Die

eerste drie WERKWOORDE is PERFEKTUMS (voltooide tyd).

1:15 OAV “as julle julle hande uitbrei”

NAV, CUM-MVB “as julle julle hande in gebed uitstrek”

CUM-NLV “as julle julle hande in gebed na My uitsteek”

NASB “You spread out your hands in prayer”

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!