01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

2. Israel en Sirië

3. Israel, Sirië en Assirië

4. alle kulture van die Ou Nabye Ooste (die mens; ha ’ādām)

Is dit bedoel om parallelle te wees met hoofstukke 7,9,11. Let op die oorwinning van God se mense in verse 12-14

(veral 14b)!

17:7 Die parallelisme in dié vers verbind die “Maker” (hetsy die Skepper van hemel en aarde of van Israel – met die

“Heilige van Israel” – ‘n titel wat feitlik slegs deur Jesaja gebruik word. Dit is ‘n sterk aanduiding van monoteїsme!

17:8 In plaas dat God die “Maker” is, maak hulle hul eie gode (die Baӓls en Asjeras, reël 3; 2:8,20; 30:22; 31:7).

VIR SPESIALE AANDAG: VRUGBAARHEIDSGODSDIENS IN DIE OU NABYE OOSTE

I. Hoe het dit ontwikkel?

A. Die vroegste mense het van jag en voedselversameling geleef, maar namate ‘n nomadiese bestaan in gevestigde

lewe oorgegaan het, was daar behoefte aan landerye en veestapels.

B. Die Oosterlinge was aan natuurkragte blootgestel. Namate gevestigde beskawing langs waterbronne ontstaan het,

het seisoenswisseling hulle bestaan geaffekteer.

C. Die natuurkragte is toe vergoddelik en moes die gode bevredig en beheer word.

II. Op watter plekke en waarom daar?

A. Vrugbaarheidsgodsdienste het onstaan in

1. Egipte (langs die Nyl)

2. Mesopotamië (langs die Tigres en die Eufraat)

3. Kanaӓn (langs die Jordaan)

B. Daar is basiese ooreenkomste tussen die vrugbaarheidskultusse in die Ou Nabye Ooste.

C. Die immer wissellende seisoene en onvoorspelbaarheid van weerstoestande, lei daartoe dat mites van goddelike

en menslike aard ontstaan, wat as analogies vir gebeure in die natuur gebruik word.

III. Deur wie en hoe?

A. Wie (die gode en godinne)

1. Egipte

a. Isis (vroulik)

b. Osiris (manlike)

2. Mesopotamië

a. Isjtar/Inanna (vroulik)

b. Tammus/ Dumuzi (manlike)

3. Kanaӓn

a. Baӓl (manlike)

b. Asjera, Astarte, Anat (vroulik)

B. Die mitologie oor hierdie “pare” toon heelwat ooreenkoms.

1. een sterf

2. ‘n ander herleef

3. ‘n patroon van sterwende en herlewende gode is nabootsing van die jaarlikse seisoenwisseling.

C. Nabootsende magie deur middel van seksuele dade is uitbeelding van die gode se huwelike en moet as

versekering dien dat oeste, kuddes en mense vrugbaar sal bly.

IV. Ook Israel?

A. JHWH se mense was in Levitikus en Deuteronomium teen die vrugbaarheidskultusse gewaarsku. In besonder van

hul Kaӓnanitiese omgewing

B. hierdie kultusse was baie gewild omrede mense se bygelowigheid en die verleidelike aard van seksuele wellus.

C. afgodery soek die seenryke lewe in kultiese of rituele handeling eerder as in persoonlike geloof en vertroue op

JHWH

V. Aanbevole leesstof

W.F. Albright, Archaeology and the Religion of Israel

J.H. Breasted, Development of religion and Thought in Ancient Egypt

James G. Frazer,

a. Adonis, Attis, Osiris

b. Folklore in the Old Testament

c. The Worship of Nature

C.H.Gordon, Before the Bible

S.N. Kramer, Mythologies of the Ancient World

158

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!