01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Oppressors have completely disappeared from the land.

5 A throne will even be established in loving kindness,

And a judge will sit on it in faithfulness in the tent of David;

Moreover, he will seek justice

And be promPt in righteousness.

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 16:1-5.

16:1 Die vrae aan die konteks is “aan wie”, “van wie” en “waarom”?

1. Die voortvlugtige Moabiete stuur ‘n geskenk as offer aan die heerser van Juda om sy steun te verseker (TEV,

NRSV)

2. Gedagtig aan vers 5, sien die Pesjitta en Vulgaat hierin ‘n verwysing na die Messias

3. Dit dra die boodskap dat die oorlewendes van Moab voortsetting van oordeel en uitwissing kan verwag (vgl. vers

12).

◙ OAV, NAV “Stuur!”

CUMs “stuur”

NASB “Send!”

Die WERKWOORD (DBD 1018, KB 1511) is ‘n Qal-IMPERATIEF. Hiermee word ‘n desperate, paniek-aksie

aanbeveel.

◙ OAV “lammers van”

NAV “lammers vir”

CUMs “lammers na”

NASB “a tribute lamb”

Die MT het slegs “lammers” (BDB 503 III, MEERVOUD en noem dat dit “voorlopige belasting” moet wees. Slegs

die NASB bring die BYVOEGLIKE NAAMWOORD (vgl. MT) in die vertaling in. Oor die kwessie van ENKELVOUD of

MEERVOUD:

(1) MEERVOUD, NRSV, REB, JB en die genoemde 3 Afrikaanse vertalings

(2) ENKELVOUD, Masoretiese Teks, NJB, NASB, NKJV, TEV

Moab was bekend vir skaapboerdery (2 Kon. 3:4).

Die ou vertalings verskil opvallend:

1. LXX, “ek stuur kruipende diere in die land soos dit tevore was”

2. Pesjitta, “Ek sal die seun van die heerser van die land stuur”

3. JPSOA, “Stuur ‘n boodskapper na die regeerder van die land”

◙ OAV “uit die rotsstreek”

NAV, CUMs “uit Sela”

NASB “From Sela”

Die basiese betekenis van die woord is “rots”, “krans” (vgl. Jer. 51:25), maar met die verloop van tyd het dit ‘n stad in

Edom aangedui, Sela of Petra (BDB 701 II, vgl. 2 Kon. 14:7; Jes. 42:11). Hoewel Sela nie heeltemal goed in die konteks

pas nie, kan dit wees dat ‘n ander rotsagtige omgewing naby Juda bedoel word. Moontlik word slegs ‘n suidelike roete

(vlugtelinge) bedoel.

Want “waar?” is minder belangrik as “van wie?” “aan wie?” en “waarom?”

◙ OAV “die berg van die dogter van Sion”

NAV, CUM-MVB “na Sionsberg”

CUM-NLV “na Jerusalem”

NASB “to the mountain of the daughter of Zion”

Dit is figuurlike spreke oor JHWH se tempel in Jerusalem. Die doel van die geskenk-lammers was ‘n offerande aan

JHWH (vgl. Esra 7:17).

16:2 Moab word beskryf as

1. voëls wat fladderend vlieg (BDB 622 I, KB 672, Qal-AKTIEWE DEELWOORD)

2. uit die nes geskopte klein voëltjies (BDB 1018 , KB 1511, Pual-DEELWOORD)

Verder word die Moabiete beskryf as “die dogters van Moab,” maar waaronder verstaan moet word slegs diegene van

die land wat die slagting oorleef het.

◙ OAV, NAV, CUMs “by die Arnondriwwe”

NASB “at the fords of the Arnon”

Die Arnonrivier (wadi El-Mujib) vloei in by die middel van die Dooie See uit die ooste daarin. Dit was die geografiese

grensskeiding tussen Ammon in die noorde en Moab aan die suidekant (verlengstuk van die Seredspruit, moontlik wadi-El

Hesa).

151

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!