01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1:18-20 OAV “Kom nou en laat ons die saak uitmaak”

NAV “Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak”

CUM-MVB “Kom dan, laat ons die saak met mekaar uitmaak”

CUM-NLV “Kom nou, laat ons die saak uitpraat”

NASB “Come now, and let us reason together”

Die profeet maak gebruik van die hof as ‘n literȇre metafoor (JHWH onttrek Hom van sy mense) om die boodskap van

verantwoordelikheidsin en noodwendige gevolge oor te dra. Die hof-idioom word voortgesit in:

JHWH is gereed om te vergewe as sy mense sou bely en gehoorsaam. Indien hulle sou weier, is die verbondsbepalinge

van Lev. 26 en Deut. 28 die gevolg.

Twee WERKWOORDE gee uitdrukking aan die uitnodiging van JHWH dat Juda met die goddelike Regter in gesprek

mag tree:

1. kom nou (letterlik: “stap”, “gaan”), BDB 229, KB 246, Qal-IMPERATIEF

2. uitpraat met mekaar (BDB KB, Nif‘al-KOHORTATIEF, vgl. Job 23:7)

Let nou op die goeie gevolg “as” (‘n eerste frase met “as” in vers 19!) hulle soos nodig reageer, dan volg

1. sondevergifnis (van purper tot sneeuwit)

2. sondevergifnis (van rooi tot wolwit)

3. genot (eet) van die land se beste

Maar ‘n tweede “as”-frase veronderstel ‘n weiering om gehoor te gee (BDB 549, KB 540, Pi‘el-IMPERFEKTUM) en

voortgesette opstandigheid (BDB 598, KB 540, Qal-PASSIEF PERFEKTUM) wat tot gevolg sal hȇ dat hύlle verteer sal

word (BDB 37, KB 46, Qal-PASSIEF IMPERFEKTUM).

Dis opmerklik dat die soewereine God op sy verbondsvolk ‘n beroep doen, om soos vooraf bepaal, te reageer. Hierin

lȇ die misterie van uitverkiesing en vrye wil verskuil. Die waarheid het twee aspekte wat albei aanvaar moet word. Twee

waarhede wat die basis vorm van die verbondsverhouding tussen God en sy volk: Hy inisieer en hulle moet daarop

reageer! Die vriendskap en vertroue, soos in Gen. 1 en 2 beskryf, word in so ‘n verbondsverhouding van “verlostes”

herstel. Die gevolge van die sondeval kan omgekeer word (selfs wat tyd betref). Sien Vir Spesiale Aandag: Verbond by

1:19).

◙ OAV “al was julle sondes soos skarlaken”

NAV “al was julle skarlakenrooi van sonde”

CUM-MVB “al was julle bloedrooi van sonde”

CUM-NLV “maak nie saak hoe diep die vlek van julle sonde is nie”

NASB “Though your sins are scarlet”

Omdat hulle nie bleikmiddels gehad het nie, kon gekleurde materiale in die ou Ooste nie verander word nie. God se

vergifnis (en dat Hy van sondes vergeet) is dus wonderbaarlik en vir Hom moontlik (vgl. Ps. 103:11-14; Jes. 38:17; 43:25;

44:22; Miga 7:19)! Wanneer God vergewe, vergeet Hy voorbehoud ook! Wonderlik!

Die kleur “rooi” as simbool van sonde hou moontlik verband met vers 15 se verwysing na hande wat bloedbevlek is.

1:19 Daar is ‘n woordspel in vers 19: “As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet” (OAV), wat

letterlik beteken “die beste van die land eet” (BDB 37, KB 46, Qal-IMPERFEKTUM), wat immers heeltyd God se wil vir

hulle was, maar woordspel volg dan met dieselfde WERKWOORD in vers 20, naamlik: “sal julle deur die swaard geëet

word (Qal-PASSIEF IMPEFEKTUM of Pu‘al-IMPERFEKTUM) as julle nie tot inkeer kom en gehoorsaam word nie. In

die verbond is daar seëninge, maar wat saamhang met verantwoordelikhede wat nagekom moet word (vgl. Lev. 26 en

Deut. 27-29)!.

◙ OAV “As julle gewillig is en luister”

NAV, CUM-MVB “As julle gehoorsaam wil wees”

CUM-NLV “As julle My net gehoorsaam”

NASB “If you consent and obey”

Aan die verbonde in die OT is daar voorbehoud gekoppel, wat vereis dat die mensdom moet reageer op God se

toenadering, maar Hy stel geen voorbehoud op nakoming van sy beloftes nie.

VIR SPESIALE AANDAG: VERBOND

Die OT-term, berit, of “verbond”, is nie maklik definieerbaar nie. Daar is nie ’n Hebreeuse WERKWOORD met

ooreenkomstige betekenis nie. Alle pogings tot ’n etimologiese definisie is tot dusver onoortuigend. Nietemin is die konsep

tot so ’n mate sentraal, dat geleerdes gedwing word om ‘n funksionele betekenis vanuit die gebruik van die woord af te lei.

Verbondsluiting is die manier waarop die enigware God onderhandel met die mens wat Hy geskep het. Die

verbondskonsep, verdragsluiting of ooreenkoms is van sentrale belang in die verstaan van Bybelse openbaring. Die

spanning tussen die soewereiniteit van God en vrye wil van die mens is telkens in die verbondskonsep opmerklik.

Sommige verbonde is op die karaktereienskappe van God, sy handelinge en doelstellings gebaseer:

1. die skepping as sodanig (Gen. 1, 2);

2. die roeping van Abraham (Gen. 12);

3. die verbond met Abraham (Gen. 15);

4. die bewaring van, en belofte aan, Noag (Gen. 6-9).

24

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!