01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

5. die spesifieke grammatiese tegnieke gebruik om die boodskap oor te dra

6. woordkeuse

7. parallelismes

Die studie van elkeen van hierdie aspekte word die doel van ons studie van ‘n passasie. Voordat ek my metodologie vir

doeltreffende Bybellees verduidelik, wil ek eers ‘n aantal onvanpaste metodes bespreek. Die volgende metodes is almal

vandag in gebruik en veroorsaak soveel diversiteit van interpretasie dat hulle liefs vermy moet word.

II. Onvanpaste Metodes

A. Ignoreer die literêre konteks van die boeke van die Bybel en gebruik elke sin, frase of selfs individuele woord as

stelling van waarheid, ongeag die verwantskap met die outeur se bedoeling of die breër konteks. Dit word dikwels

“letterlike uitleg” (“proof-texting”) genoem.

B. Ignoreer die historiese konteks waarbinne die boeke geskryf is deur ‘n veronderstelde historiese milieu te

fabriseer met min of geen ondersteuning van die teks self nie.

C. Ignoreer die historiese konteks van die boeke en lees dit op dieselfde manier as die oggendkoerant, asof dit

hoofsaaklik geskryf is vir moderne individuele Christene.

D. Ignoreer die historiese konteks van die boeke deur die teks te allegoriseer tot ‘n filosofiese of teologiese boodskap

totaal onverwant aan die boodskap wat die eerste luisteraars daaruit sou neem, of aan die oorspronklike skrywer

se bedoeling.

E. Ignoreer die oorspronklike boodskap deur eerder jou eie sisteem van teologie, lieflingsonderwerp of hedendaagse

kwessies daarmee te vermeng om sodoende die teks uit verband te ruk in terme van die oorspronklike outeur se

bedoeling en boodskap. Hierdie fenomeen volg dikwels ‘n eerste lees van die Bybel as ‘n metode om die spreker

se gesag daar te stel en word dikwels na verwys as “lesers-respons”/“wat-die-teks-vir-my-beteken”-interpretasie

(“reader response”).

Ten minste drie verwante komponente kom voor in alle geskrewe menslike kommunikasie:

Die

Oorspronklike

Outeur se

Bedoeling

In die verlede het verskillende leestegnieke op een van die drie komponente gefokus. Om egter waarlik die unieke

inspirasie van die Bybel te bevestig, is ‘n gewysigde diagram meer gepas:

Die Heilige

Gees

Die

Oorspronklike

Outeur se

Bedoeling

Die Geskrewe

Teks

Manuskrip

Variasie

Die Geskrewe

Teks

Eintlik moet al drie komponente in ag geneem word tydens die interpretasie-proses. Met bevestiging ten doel, fokus my

interpretasie op die eerste twee komponente: die oorspronklike outeur en die teks. Ek is heel moontlik besig om te reageer

op die misbruike wat ek al gesien het deur (1) allegorisering of spiritualisering van die teks en (2) “leser-respons”interpretasie

(wat-dit-vir-my-beteken). Misbruik mag intree op enige stadium van die proses. Ons moet altyd waak

daarteen dat ons motiewe, vooroordele, tegnieke en toepassing nie die oorwegende faktore word tydens ontleding nie.

Maar hoe bekamp ‘n mens hierdie faktore as daar geen grense is waarbinne interpretasie kan plaasvind nie; geen kriteria of

beperkings nie? Dit is waar outeursbedoeling en die struktuur van die teks vir my in ’n mate helderheid verskaf oor hoe die

sogenaamde moontlike interpretasies uitgeskakel kan word.

In ag genome hierdie onvanpaste leestegnieke, keer ons nou na benaderings wat meer gepas is vir doeltreffende

Bybellees en interpretasie, en wat ‘n mate van bevestiging en konsekwentheid bied.

III. Moontlike Benaderings tot Goeie Bybellees

Op hierdie stadium is die unieke tegnieke van spesifieke genre-interpretasies nie van belang nie, maar eerder die

algemene hermeneutiese beginsels wat geld vir alle tipes Bybelse tekste. ‘n Goeie boek vir genre-spesifieke benaderings is

How To Read The Bible For All Its Worth deur Gordon Fee en Douglas Stuart, uitgegee deur Zondervan.

My metodologie fokus aanvanklik daarop dat die leser die Heilige Gees toelaat om die Bybel toe te lig deur vier

persoonlike leessiklusse. Dit maak die Gees, die teks en die leser prominent, nie sekondêr tot die proses nie. Dit beskerm

ook die leser daarvan om te veel deur kommentaarskrywers beïnvloed te word. Ek het al gehoor mense sê: “Die Bybel

xi

Die

Oorspronklike

Ontvangers

Latere

Gelowiges

Die

Oorspronklike

Ontvangers

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!