Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary
Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary
Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
◙ OAV, CUM-MVB “oortree”

NAV “in opstand gekom”

CUM-NLV “teen. . . gedraai”

NASB “revolt”

Onderliggende betekenis van hierdie WERKWOORD (Qal-PERFEKTUM, BDB 833, KB 981) is aktiewe, persoonlik

heftige, openlike opstandigheid (vgl. 1:28; 43:27; 46:8; 53:12; 59:13; 66:24).

◙ OAV, NAV, CUMs “My”

NASB “Me”

Sonde is basies opstand teen God (vgl. Gen. 39:9; 2 Sam. 12:13; Ps. 41:4; 51:4). In sy Distinctive Ideas of the Old

Testament, meld Norman H. Snaith dat die profete eerder opstand as oortreding onder “sonde” verstaan het (bl. 65). Sonde

is skending van die eer van God en die beeld van God in die mens (Gen. 1:26,27). God wil dat die wȇreld Hom sal ken! Hy

het ‘n persoon (Abraham), ‘n familie (Jakob) en ‘n volk (Israel) uitverkies om Hom deur hulle aan die wȇreld te openbaar

(sien Vir Spesiale Aandag by 1:3), maar Israel het nie daarin geslaag om die heiligheid en barmhartigheid van JHWH te

vertoon nie. Hulle het met “oop oë” teen Hom gerebelleer. Die kern van sonde is die “ek”; “meer vir my” ten alle koste!

1:3 Hierdie kon spreekwoordelik uit die ou-oosterse kultuur geneem wees. Dom diere byt nie die hand wat hulle voed nie,

maar Juda doen dit!

◙ OAV “Israel het geen kennis nie”

NAV “Israel ken My nie”

CUM-MVB “Israel het nie kennis nie”

CUM-NLV “my volk Israel weet nie”

NASB “Israel does not know”

Die WERKWOORD “ken” (BDB 393, KB 390, Qal-PERFEKTUM) het niks te make met feitekennis nie, maar die

ken van mekaar in persoon (vgl. Gen. 4:1; Jer. 1:5). Israel het hulle Skepper, Redder en Beskermer nie geken nie omdat

hulle geen gehoor wou gee nie (vgl. 5:12, 13; 6:9-13; 30:9).

◙ OAV, NAV, CUMs “my volk”

NASB “My people”

Dit is die verbondstaal soos uit Hos. 1-3 en 11 ook blyk. Dit is belangrik om te onthou dat God in die OT die inisiatief

behou met uitverkiesing van ‘n man (Abraham) en volk (Israel) as instrumente. “Verbond” lei egter tot gelykmatige

verantwoordelikheid na God se aanvanklike uitverkiesing. Daaruit volg verantwoordelikheid vir beide partye.

VIR SPESIALE AANDAG: BOB SE EVANGELIESE VOORVERONDERSTELLING

Ek moet aan u, die leser, toegee dat ek op hierdie stadium sterk afwyk, want my sistematiese teologie is nie

Calvinisties of Dispensasionalisties nie, maar eerder Die Groot Opdrag-evangelisasie. Ek glo God het van altyd af ‘n plan

vir die verlossing van die hele mensheid (vgl. Gen. 3:15; 12:3; Eks. 19:5-6; Jer. 31:31-34; Eseg. 18; 36:22-39; Han. 2:23;

3:18; 4:28; 13:29; Rom. 3:9-18, 19-20, 21-31); almal wat na sy beeld en gelykenis geskape is (vgl. Gen. 1:26-27). Die

verbonde word in Christus verenig (vgl. Gal. 3:28-29; Kol. 3:11). Jesus is God se geheimenis wat bedek was, maar nou

geopenbaar is (vgl. Ef. 2:11-3:13)! Die NT evangelie is die sleutel tot Skrifverstaan, nie Israel nie.

Hierdie vooroordeel kleur my Skrifuitleg algeheel. Ek lees alle tekste deur, en vanuit, hierdie voorveronderstelling. Dit

is sekerlik ‘n afwyking (alle Skrifverklaarders het dit!), maar dit is ‘n voorveronderstelling wat uit die Bybel self gevorm

is.

VIR SPESIALE AANDAG: UITVERKIESING EN DIE ERNS VAN TEOLOGIESE BALANS

Uitverkiesing is ’n ongelooflik aangrypende leerstelling. Dit is nie ’n aanduiding van begunstiging nie, maar eerder ’n

oproep om as kanaal op te tree – ‘n werktuig of bemiddelaar van ander se verlossing. In die OT staan die term deurgaans in

verband met dienslewering. In die NT kom dit meestal neer op verlossing wat op diens moet uitloop. Nêrens probeer die

Bybel die spanning tussen die soewereiniteit van God en die mens se wilsvryheid opklaar nie, maar bevestig die

belangrikheid van albei leerstellings. ’n Goeie voorbeeld van hierdie Bybelse spanning word gevind in Rom. 9 oor die

soewereiniteit van God, en in hoofstuk 10 oor die noodsaaklike beantwoording daarvan deur die mensdom (vgl. 10:11, 13).

Die riglyn vir oplossing van hierdie spanning is moontlik in Ef. 1:4 te vinde. Jesus is deur God uitverkies en almal is

potensieel in Hom uitverkies. Jesus is God se “ja” vir ’n gevalle mensdom in nood (Karl Barth). Jesus is God se “ja” aan ‘n

gevalle mensdom in nood. Ef. 1:4 help ook om die saak te verhelder deur te verklaar dat die doel van uitverkiesing nie die

hemel is nie, maar heiligheid en Christusgelykvormigheid. Dikwels word ons deur die voordele van die evangelie

aangegryp en ignoreer die gepaardgaande verantwoordelikhede. God se roep (uitverkiesing) is vir die tyd van nou en vir

ewigheid!

Leerstellings staan in verband met ander waarhede en moenie as alleenstaande waarheid buite konteks opgevat word

nie. Vergelyk byvoorbeeld ’n ster wat nie buite sy konstellasie gereken moet word nie. God gebruik Oosterse

12