01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

3. van ‘n Hebreeuse wortelstam, betekenis onseker, maar wat waarskynlik na Venus, die môrester, verwys (“die

seun van die dageraad”).

4. van die Latyn, Lusifer, bedoeling ook Venus (letterlik: die draer van lig)

Die punt wat die teks met die “titel” wil maak, is dat die môrester se lig aan die hemeltrans gou teen dagbreek vervaag.

Sy glans is van korte duur! Daar is ‘n nuwe Lig aan die kom, helderder en beter!

◙ OAV, NAV, CUMs “jy”

NASB “you”

Die volgende twee reëls van vers 12 sinspeel baie duidelik op ‘n aardse koning van Assirië of Babilon (vgl verse 16-

17). Die beeldspraak van die gedig (vv 4-21) kom uit Kanaӓnitiese mitologie, veral verse 13-14), soos gevind op die Ras

Shamra Tablette in die antieke stad Ugarit (gedateer 1500 vC.

Die woorde vir “ster van die oggend”(Helal) en “dagbreek” (Sjabar) is godename uit die Kanaӓnitiese mitologie.

Netsoos berg Safon (Hebreeuse Bybel, Ps 48:3) ‘n godeberg “teen die noorde” was en die naam safon ‘n godsnaam is in

die mitologie. Die name “Alhoë” en “heer van die hemel” kom algemeen in die Ugaritiese gedigte voor, maar verwys na

Baӓl Sjamim (heer van die hemel). In hierdie Kanaӓnities- mitologies, verhalende poësie, probeer Helal, ‘n ondergeskikte

god,

die mag oorneem, maar word verslaan. Jesaja gebruik in sy beeldspraak hierdie storie-stof om die ondergang van ‘n

astrante, oosterse maghebber te versinnebeeld.

Hierdie beskrywing van ‘n hoogmoedige, arrogante Nabye Oosterse koning word in verse 8-11 voortgesit. Dit is net

vers 12, indien letterlik opgeneem, soos die Vulgaat doen, wat daartoe kan

lei dat hierdie konteks aan ‘n opstandige, engelagtige leier verbind kan word. Daaruit blyk gebrekkige kennis van die

Ugaritiese agtergrond waaruit Jesaja ryklik put. Sien Insigte uit die Konteks, paragraaf B.

14:13-14 Hierdie twee verse laat blyk die astrantheid en hoogmoed van die konings van die Ou Nabye Ooste (aanhalings

uit NAV).

1. “ek klim op hemel toe…,” BDB 748, KB 828, Qal IMPERFEKTUM

2. “ek gaan my troon neersit…,” BDB 926, KB 1202, Hif‘il IMPERFEKTUM

3. “ek gaan my plek inneem…,” BDB BDB 442, KB 444, Qal IMPERFEKTUM

4. “ek klim op tot…,” (dieselfde as die WERKWOORD by #1)

5. “ek word soos…,” BDB 197, KB 225, Hif‘il IMPERFEKTUM

Arrogansie en grootheidswaan wesentlik eie aan die sondegevalle mens. Op ‘n heel besondere manier oordeel JHWH

hier oor mense se pogings tot selfvergoddeliking!

14:13 OAV “die sterre van God”

NAV, CUM-MVB “die hoogste sterre”

CUM-NLV “God se sterre”

NASB “stars of God”

Die titel vir godheid is El, (BDB 42), wat regdeur die Ou Nabye Ooste in gebruik was. Die oorsprong van dié naam

kan moontlik ook terugherlei word na die Kanaӓnitiese mitologie van Ugarit.

Die sterre was as gode/engele beskou wat die mens se bestemming bepaal het (bv. Die Babiloniese astrale aanbidding op

verhewe heiligdomme. Die persoon hier beskryf, wou algehele beheer op aarde oorneem.

◙ OAV “Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke,

My gelykstel met die Allerhoogste”

NAV, CUM-MVB “Ek gaan my plek inneem op die berg

waar die gode mekaar ontmoet ver in die noorde”

CUM-NLV “Ek sal regeer op die godeberg

ver in die noorde”

NASB “I will sit on the mount of assembly

In recesses of the north”

Hier gaan dit om simboliek wat die blyplek van God beskryf. (Vgl Ps 48:2; Eseg 28:14). Heel verrassend is die

gedagte dat dié plek ȇrens in die afgesonderdheid van die noorde geleë is! Hierdie berg in die verre noorde was deel van

die kanaanitiese mitologie, iets soos die Grieke se berg Olimpus.

14:4 OAV, NAV, CUMs “die Allerhoogste”

NASB “Most High”

Die titel Eljon (‘ɛljōn) (BDB 751 II), word deur Bileam gebruik (vgl Num 24:16 en is ‘n parallel met Sjaddai

(Almagtige, BDB 994). Dié titel word deur Moses gebruik in ‘n lied voor sy afsterwe (vgl Deut 32:8; ook deur David in 2

Sam 22: 14 en in verskeie Psalms).

Dit kom ook in die Ras Sjamra Tablette voor as benoeming van die Kanaӓnitiese Hoë god.

14:15 In plaas dat hy na die berg in die verre noorde (BDB 438 ) gaan, beland hy in die dieptes van Sjeol (die doderyk).

141

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!