01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

uitdrukkingswyses en nie-Westerse genres nie. Ons moenie die spanningsveld wat deur ‘n dialektiese (paradoksale)

stelwyse veroorsaak word, probeer wegwerk nie. Voorbeelde:

1. Predestinasie versus vrye wil;

2. sekerheid van geloof versus die nodigheid om te volhard in geloof;

3. sondeval versus eie neiging tot die kwaad

4. volmaaktheid (perfeksionisme) versus stryd teen sonde

5. die aanvanklike, onmiddellike vryspraak en heiligmaking versus vootgaande heiligmaking

6. Christelike vryheid versus Christelike verantwoordelikheid teenoor ‘n verbondsbroer

7. God se transendensie versus sy immanensie

8. God as verborge, onkenbaar versus sy openbaring van Homself in die Skrif

9. die koninkryk van God as teenwoordig en ook nog toekomstig

10. vergifnis as gawe van God versus vergifnis as onderlinge verbondsplig

11. Jesus as God versus Jesus as mens

12. Jesus gelyk aan die Vader versus Jesus onderdanig aan die Vader

Die verbondsteologie handhaaf ewewig tussen die soewereiniteit van God (Hy behou die inisiatief en bepaal die

agenda) en die mens se reaksie in volgehoue geloof en belydenis van begin tot einde (Mark. 1:15; Han. 3:16,19; 20:21).

Wees versigtig om nie bewysplase aan die een kant van die paradoks op te stapel ten koste van die ander kant nie. Wees

ook versigtig om nie oormatig voorkeur te gee aan jou persoonlike gunstelingleerstellings of teologie nie.

◙ OAV “My volk verstaan nie”

NAV “het geen begrip nie van wat Ek doen nie”

CUMs “verstaan niks nie”

NASB “do not understand”

Hierdie WERKWOORD (BDB 106, KB 122, hitpalel-PERFEKTUM) volg uit ‘n wortelstam wat “sonder

belangstelling” (apaties) beteken. Gebrek aan kennis was nie die probleem nie, maar onwilligheid om te gehoorsaam (vgl.

6:9, 10; Deut. 4:8, 32:29). Hulle was tevrede met ‘n voorwendsel van godsdienstigheid (Israel se kultusgebruike), maar

sonder ‘n lewensingesteldheid van geloof, belydenis en vertroue! Hulle ware ingesteldheid word in 5:18-32, veral vers 21,

goed beskryf (vgl. Miga 4:12). Hulle was ‘n verbondsgemeenskap, sogenaamd, maar sonder om van harte in die verbond te

leef (vgl. Rom. 2:28-29; 9:6).

NASB (HERSIENE) TEKS: 1:4

4 Alas, sinful nation,

People weighed down with iniquity

Offspring of evildoers,

Sons who act corruptly!

They have abandoned the LORD,

They have despised the Holy One of Israel,

They have turned away from Him.

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 1:4.

1:4 OAV “Wee”

NAV, CUM-MVB “Ellende wag”

CUM-NLV “Hulle is”

NASB “Alas”

‘n TUSSENWERPSEL (BDB 222) is die inleiding tot ‘n oordeelsuitspraak (vgl. 10:5; 17:12; 28:1; 29:15; 31:1; 5:9,1;

Amos 5:18; 6:1).

◙ OAV, NAV, CUM-MVB “sondige nasie”

CUM-NLV “sondige klomp”

NASB “sinful nation”

“Sondig” is ‘n algemene uitdrukking wat gebruik word om die “kol” of teiken te mis (BDB 306, KB 305, Qal ‘n

AKTIEWE DEELWOORD). Die term “nasie” is goj (BDB 156). Dit word dikwels met verwysing na die “heidene”

gebruik, maar kan ook op Israel van toepassing wees (Eks. 19:5-6). Dié teks impliseer dat Israel veronderstel was om ‘n

’heilige nasie’ te wees, maar wat in sonde verval het. Dit was ‘n absolute ommekeer van die verwagtinge!

◙ OAV “die volk swaar van skuld”

NAV, CUM-MVB “volk (die volk) met skuld belaai”

CUM-NLV “klomp. . . met skuld belaai”

NASB “People weighed down with iniquity”

Die term “om gebuig/geboë te wees” of “swaar te wees” (BDB 458) is een van meer metafore om die las van sonde op

die rug van die mensdom te beskryf (vgl. Mat. 11:28). Al die Hebreeuse woorde vir sonde hou verband met “kromheid” of

13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!