01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

For the law will go forth from Zion

And the word of the LORD from Jerusalem.

4 And He will judge between the nations,

And He will render decisions for many peoples;

And they will hammer their swords into plowshares and their spears into pruning hooks.

Nation will not lift up a sword against nation,

And never again they will learn war.

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 2:2-4.

2:2-4 Hierdie bondige paragraaf dien as ‘n opsomming van die OT se mening oor die plek en doel van die verbondsvolk se

bestaan (diesefde as Miga 4:1-5). Hulle moes ‘n lig vir die nasies wees (vgl. 51:4,5; Luk. 24:47)! Sien Vir Spesiale Aandag

by 1:3.

2:2 OAV, CUMs “In die laaste dae”

NAV “Daar kom ‘n tyd”

NASB “In the last days”

Hiermee word die toekomshorison van die betrokke Bybelskrywer bedoel (vgl. G.B. Caird, The Language and

Imagery of the Bible (hoofstuk 14, The Language of Eschatology), bl. 243-271. Dit dui aan dat daar ‘n tyd kom waarin God

sy doelstellings tot voleinding sal bring:

1. die Messiaanse koninkryk, vgl. Gen. 49:1 (veral vers 10); Num. 24:14-25 (veral vers 17); Jes. 2:2; Jer. 48:47;

49:39; Eseg. 38:8,16

2. die rebellie van Israel, Deut. 31:29

3. Israel se terugkeer na JHWH met sondebelydenis en geloof, Deut. 4:30; Hos. 3:5; Jer. 23:19-22 (vers 23:20)

4. aanvalle op die verbondsvolk aan die einde van die tyd, Eseg. 38:16; Dan. 2:28; 10:14 (moontlik Ps. 2);

5. ballingskap, Amos 4:2

Slegs die konteks kan die tydperk korrek aandui. Wees versigtig met jou sistematiese teologie!

VIR SPESIALE AANDAG: HIERDIE BEDELING EN DIE BEDELING WAT KOM

Die profete van die OT het oor die toekoms gedink as ‘n verlengstuk van die hede. Hulle was van mening dat dit ‘n

herstel van geografiese Israel moes inhou. Maar die aanbreek van ‘n nuwe dag was nie uitgesluit nie (vgl. Jes. 65:17;

66:22). Die volgehoue afvalligheid van JHWH, selfs ná die terugkeer uit ballingskap, het ‘n nuwe paradigma in die Joodse

tussen-testament apokaliptiese literatuur ingelei (bv. 1 Enoch, IV Esra, II Barug). Dit is hierdie paradigma wat die

onderskeid tussen twee eras laat blyk: die huidige bose bedeling onder beheer van Satan en ‘n toekomstige bedeling van

geregtigheid onder beheer van die Gees, ingelei deur ‘n (dikwels krygsvaardige tipe) Messias.

Op hierdie gebied van die teologie kom klaarblyklike nuwe insig na vore. Teoloë verwys hierna as “voortgaande

openbaring”, wat leerstellig as “eskatologie” bekend staan. Die NT bekragtig hierdie opvatting van twee bedelings as ‘n

nuwe kosmiese werklikheid van “twee eras” (temporale dualisme).

Jesus

Mat. 12:32

Mat. 13:22 & 29

Mat. 10:30

Luk. 16:8

Luk. 18:30

Luk. 20:34-35

Paulus

Rom. 12:2

1 Kor. 1:20, 2:6-8; 3:18

2 Kor. 4:4

Gal 1:4

Ef. 1:21; 2:1,7:

1 Tim 6:17

2 Tim 4:10

Tit. 2:12

33

1:2

6:5

11:3

Hebreërs

In NT-teologie het hierdie twee Joodse eras die aspek van “oorvleueling” bygekry omrede die onverwagse (en dikwels

misverstane Skrif) oor die twee verskynings van die Messias. Die menswording van Jesus het die OT-profesieë vervul en

daarmee vind die intrede van die nuwe era plaas. Die OT (profesieë) sien Hom ook kom as Regter en Oorwinnaar. In sy

eerste verskyning is Hy die Lydende Kneg van die Here (vgl. Jes. 53), nederig en sagmoedig (vgl. Sag. 9:9). Hy sal egter

met groot krag weer verskyn; net soos die profete voorspel het (vgl. Openb. 19). Hierdie twee-stadium vervulling

veroorsaak dat die koninkryk ingelei is, maar nog nie volledig aangebreek het nie.

◙ OAV “die berg van die HERE vasstaan”

NAV, CUM-MVB “die berg waarop die huis van die HERE is”

CUM-NLV “die berg van die tempel van die HERE”

NASB “The mountain of the house of the LORD”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!