01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

In hierdie strofe mis Skrifverklaarders die 7de “wee”. Sewe is die volmaakte getal, maar dit kan geїnterpreteer word

dat ‘n sestal tot hier juis die onvolmaaktheid van die mense onder bespreking wil beklemtoon. Omkoopgeld word gereeld

in die Skrif veroordeel: Jes. 1:23; 10:1-2; sien ook Eks. 23:8; Deut. 10:17; 16:19; Spr. 17:23; Miga 3:11; 7:3.

NASB (HERSIENE) TEKS: 5:24-25

24 Therefore, as a tongue of fire consumes stubble

And dry grass collapses into the flame,

So their root will become like rot and their blossom blow away as dust;

For they have rejected the law of the LORD of hosts,

And despised the word of the Holy One of Israel.

25 On this account the anger of the LORD has burned against His people,

And He has stretched out His hand against them and struck them down.

And the mountains quaked, and their corpses lay like refuse in the middle of the streets.

For all this His anger is not spent,

But His hand is still stretched out.

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 5:24-25.

5:24 Vuur dien as metafoor vir oordeel en reiniging. Kaf en stoppels is hoogs ontvlambaar en brand vining uit (vgl. 33:11;

47:14; Joël 2:5; mat 4:1). Sien Vir Spesiale Aandag: Vuur by 1:31.

◙ OAV “so sal hulle wortel soos poeier word en hulle uitspruitsel soos stof opstuiwe”

NAV “hulle sal met wortel en tak uitgeroei word”

CUM-MVB “hulle wortel sal verrot en hulle blomme verlep”

CUM-NLV “hulle wortel sal verdroog en hulle blomme verlep”

NASB “So their root will become like rot and their blossom blow away as dust”

Hierdie is ‘n Hebreeuse metafoor vir algehele ondergang.

◙ OAV “omdat hulle die wet van die HERE van die leërskare verwerp het en die woord van die

Heilige van Israel verag het”

NAV “want hulle het hulle nie gesteur aan die openbaring van die Here, die Almagtige nie,

hulle het die woord van die Heiige van Israel verwerp”

CUM-MVB “want hulle het hulle nie gesteur aan die wet van die Here die Magtige van die hemelse

leër nie, hulle het die wet van die Heilige van Israel verwerp”

CUM-NLV “Want hulle het die bepalings van die HERE die Almagtige verwerp, Hulle het die woord

van Israel se Heilige Een geminag”

NASB “For they have rejected the law of the LORD of hosts, And despised the word of the Holy

One of Israel”

Hier word die rede vir die oordeel vermeld. Die Judese gemeenskap het eiesinnig en doelbewus die God van die

verbond verwerp (let veral op vers 19). Let op die twee titels vir die Godheid! Sien Vir Spesiale Aandag: Name van die

Godheid by 1:1

5:25 OAV “Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen sy volk”

NAV, CUM-MVB “Daarom het die Here kwaad geword vir sy volk”

CUM-NLV “Daarom het die woede van die HERE teen sy volk ontvlam”

NASB “On this account the anger of the LORD has burned against His people”

Die oordeel begin by die huis van God. Die toorn van God is aan die Bybel so eie as die liefde van God. Die wat baie

lig gehad het en gesondig het, sal swaarder straf ontvang as diegene wat minder lig gehad het (vgl. Luk. 12:48).

◙ OAV, NAV, CUM-MVB “sodat die berge gebewe het”

CUM-NLV “Die heuwels bewe”

NASB “And the mountains quaked”

Vele was van mening dat hiermee die verwoestende aardbewing tydens die regering van koning Ussia bedoel word

(vgl. Amos 1:1; Sag. 14:5). Dit kan egter ook as oordrywende klem op die teofanie, verskyning van God beskou word; die

natuur word geskud as die Skepper naderkom. Hierdie soort beeldspraak kom algemeen in die OT voor (vgl. Jes. 64: 3;

Eks. 19:18; Jer. 4:24; Joël 2:10; Nah. 1:5).

◙ OAV “en hulle lyke soos vullis op die strate was”

NAV, CUM-MVB “en die lyke soos vuilgoed op die strate gelȇ het”

CUM-NLV “en die lyke word soos vullis wat op straat gegooi is”

NASB “their corpses lay like refuse in the middle of the streets”

Mense van die OT was geskok as dooie liggame rondlȇ sonder ter aarde bestelling, wat verrot en waaraan diere reeds

gevreet het. (vgl. Eseg. 39:4,17-20; Nah. 3:3). Die siening was dat ‘n behoorlike begrafnis die vreugde in die hiernamaals

68

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!