01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Eks. 19:16-18; 24:17; Jes. 60:1-2). Hy alleen is waardig van agting en hooggeëerd. Hy is te glansryk vir gevalle mense om

te aanskou (Eks. 33:17-23; Jes. 6:5). God kan inderwaarheid net in Christus geken word (vgl. Jer. 1:14; Mat. 17:2; Heb.

1:3; Jak. 2:1).

Die term “heerlikheid” is ietwat dubbelsinnig: (1) dit kan ’n sinoniem wees vir “die geregtigheid van God”; (2) dit kan

verwys na die “heiligheid” en “volmaaktheid” van God; of (3) dit kan dui op die beeld van God waarvolgens die mens

geskape is (Gen. 1:26-27; 5:1; 9:6), maar wat later geskend is deur die rebellie (vgl. Gen. 3:1-22). Hierdie term is

aanvanklik in die OT gebruik om YHWH se teenwoordigheid onder sy volk in die woestyn te beskryf (Eks. 16:7, 10; Lev.

9:23; Num. 14:10).

3:9 OAV “Die uitdrukking van hulle gesig getuig teen hulle”

NAV “Hulle partydigheid in die regspraak getuig teen hulle”

CUM-MVB “Hulle gesigsuitdrukkings verraai sommer hulle skuld”

CUM-NLV “Hulle gesigte gee hulle al weg dat hulle skuldig is”

NASB “The expression on their faces bears witness against them”

Die Aramese Targoems het “hulle partydigheid in regspleging” (vgl. NAV). D.w.s hulle regsverdraaiing en omkopery!

Hier word moontlik, by wyse van woordspel, ‘n kontras bedoel met die “oë van die HERE” in vers 8. Die sondige Judeërs

steek erg af teen die “oë vol heerlikheid” van die HERE.

◙ OAV “en hulle sonde maak hulle bekend, soos Sodom”

NAV, CUMs “Hulle sondig openlik soos die mense van Sodom”

NASB “They display their sin like Sodom”

Soos in 1:10 vergelyk Jesaja die sondes van die Judese samelewing met Sodom (vgl. Gen. 19). Die Judese leiers en

hulle families het met hulle hoogmoed, hulle rykdom en uitbuiting van die swakkes en ontmagtigdes in die samelewing te

koop geloop. Sodom was arrogant (vgl. Eseg. 16:50), daarom het JHWH hulle vernietig, wat ook nou met Juda (verse 16-

26) sou gebeur (hoogmoedige vrouens se lot brei uit na Jerusalem).

◙ OAV “Wee oor hulle siel, want hulle doen hulleself kwaad aan”

NAV, CUM-MVB “Ellende wag vir hulle”

CUM-NLV “Hoe vreeslik gaan dit vir hulle wees”

NASB “brought evil on themselves”

Hulle maai wat hulle saai (vgl. verse 10-11). Dit is immers ‘n geestelike beginsel! God is eties/moreel en so ook is sy

skepping. Mense loop hulle te pletter teen God se standaarde. ‘n Mens maai wat jy saai. Dit geld vir beide gelowiges en

ongelowiges (hoewel dit verlossing nie uitsluit nie). Vergelyk Job 34:11; Ps. 28:4; 62:12; ,Spr. 24:12; Pred. 12:14 ; Jer.

17:10: 32:19; Mat. 16:27; 25:31-46; Rom. 2:6; 14:12; 1 Kor. 3:8; 2 Kor. 5:10; Gal. 6:7-10; 2 Tim. 4:14; 1 Pet. 1:17;

Openb. 2:23; 20:12; 22:12).

◙ OAV “Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle”

NAV, CUM-MVB “My volk het kinders as regeerders, vrouens as heersers”

CUM-NLV “Kinders verdruk my volk en vroue heers oor hulle”

NASB, NKJV, NRSV “Their oppressors are children, And women rule over them”

TEV “moneylenders oppress my people and their creditors cheat them”

NJB “the oppressors pillage them, and extortioners rule over them”

LXX “exacters strip you, and extortioners rule over you”

Pesjitta “The princes shall pluck my people out, and women shall rule over them”

REB “Moneylenders strip my people bare, And usurers lord it over them”

JPSOA “My people’s rulers are babes, It is governed by women”

Die Masoretiese Teks lees “my mense, hulle verdrukkers; kinders en vroue heers oor hulle.” Dit is duidelik dat die

TEV, die NJB en die REB die Septuaginta (LXX) volg met “skuldeisers” in plaas van “vroue” (BDB 674 I). Dit is dan of

[1] BDB 673 I, vgl. 24:2, AKTIEF DEELWOORD MEERVOUD van die wortelstam “nasa” of [2] BDB 641, AKTIEF

DEELWOORD MEERVOUD van die wortelstam “nasjah.” (vg Eks. 22:25).

1. Letterlik kan in die frases gedui word op

a. ’n kind wat as koning erflik opgevolg het

b. wat onder beheer staan van

1) ’n koninginmoeder

2) die kind-koning se “vroue”

3) ander vroue in die koninklike paleis

2. Of figuurlik gesproke bloot swak en onervare leierskap.

◙ OAV “dwaalweg”

NAV “van koers af”

CUM-MVB “op die verkeerde pad”

CUM-NLV “in die stof in te trap”

NASB, NRSV “confuse”

47

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!