01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

6. Wyn word gebruik in eskatologiese tye (Mat. 22:1 e. v. ; Openb. 19:19)

7. Dronkenskap word afgekeur (Mat. 24:49; Luk. 12:45; 21:34; 1 Kor. 5:11-13; 6:10; Gal. 5:21; 1 Pet. 4:3;

Rom. 13:13-14)

III. Teologiese Insigte

A. Dialektiese spanning

1. Wyn is ‘n gawe van God

2. Dronkenskap en verslaafdheid is problematies

3. Terwille van die evangelie moet gelowiges te midde sekere kulture hulle vryheid beperk (Mat. 15:1-20;

Mark. 7:1-23; 1 Kor. 8-10; Rom. 14)

B. Die neiging om grense te oorskrei

1. God is die gewer van alle goeie dinge

2. ‘n Gevalle mensdom het God se gawes misbruik deur dit buite sy grense daarvoor te gebruik.

C. Misbruik is nie in fisiese dinge nie. Die fisiese skepping is nie sondig nie (Mark. 7:18-23; Rom. 14:14,20; 1 Kor.

10:25-26; 1 Tim. 4:4; Tit. 1:15).

IV. Eerste eeuse Joodse kultuur en gisprosesse

A. Gisting tree vinnig in na die druif fyngemaak is; binne 6 uur.

B. Die Joodse tradisie meen dat wanneer ‘n ligte skuim op die oppervlak verskyn, dit as “wyn-tiende” aangebied

kan word (Ma aseroth 1:7). Dit is ‘nuwe wyn’ of ‘soetwyn’ genoem.

C. Primêre deurgisting is voltooi na ‘n week

D. Die sekondêre gistingsproses duur 40 dae waarna dit op die altaar aangebied kan word (Edhujjot) as ‘verouderde

wyn’.

E. Wyn wat op afsaksel rus (ou wyn), is ook geskik, maar moet deeglik voor gebruik gefiltreer word.

F. Wyn is na ‘n jaar se gisting behoorlik verouder. Drie jaar was die langste wat wyn veilig gestoor kon word. Dit

was dan ‘ou wyn’ en moes met water verdun word.

G. Gedurende die laaste 100 jaar kon wyn se gisting in ‘n steriele omgewing en met chemikalië beheer word. Die

antieke wêreld kon die natuurlike proses van gisting nie stopsit nie.

V. Slotopmerkings

A. Maak seker dat jou ervaring en teologie, jou interpretasie van die Bybel, nie vir Jesus en eerste eeuse kultuur

geringskat nie. Hulle was duidelik nie afskaffers nie.

B. Ek maak nie voorspraak vir die sosiale gebruik van alkohol nie. Nietemin, vele persone het die Bybel se

standpunt uit verband geruk en baseer hul standpunt nou op gesag van ‘n hoëgrond-geregtigheid soos in hulle

kultuur en denominasie gangbaar.

C. Vir my het Romeine 14 en 1 Korintiërs 8-10 insig en gedragspatrone gebied wat op liefde en respek gegrond is;

nie op persoonlike vryheid of kritiese veroordeling nie. As die Bybel ons enigste bron van geloofskennis en

lewenspraktyk is, sal ons dalk weer oor hierdie aangeleentheid moet dink.

D. As ons geheelonthouding as God se wil verkondig, wat impliseer dit dan omtrent Jesus, en wat van moderne

kulture wat gereelde gebruikers van wyn is (bv. Europa, Israel, Argentinië).

1:23 OAV “beloninge”

NAV, CUM-MVB “omkoopgeskenke”

CUM-NLV “omkoopgeld”

NASB, NKJV, LXX, Pesjita “rewards”

REB “gifts”

NJB “presents”

Hierdie term verskyn net hier in die OT. BDB (1024) wat sȇ dit beteken “belonings”, “omkoopgeld”, wat die betekenis

in lyn bring met die “omkoopgeskenke” van die voorafgaande reël (BDB 1005). Die wortelstam kan met (1) “sjalom” in

verband gebring word wat “vrede”, (BDB 1024), ook “gesondheid” en “heelheid” of (2) “skadeloosstelling” impliseer

(BDB 1024 vgl. ook 59:18; NIDOTTE, vol. 4, bl 143). In die samelewing van Jerusalem was vrede en voorspoed net vir

die magsgroepe beskore.

NASB (HERSIENE) TEKS: 1:24-26

24 Therefore the Lord GOD of hosts,

The Mighty One of Israel, declares,

“Ah, I will be relieved of My adverseries

And avenge Myself on my foes.

25 I will also turn My hand against you,

And will smelt away your dross as with lye

And will remove all your alloy.

26 Then I will restore your judges as at the first,

And your counsellors as at the beginning;

After that you will be called the city of righteousness,

A faithful city. ”

27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!