01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

45:7; Amos 3:6). Alle oorsaaklikheid (inisiatief) word aan JHWH self toegeskryf, want vir Hom gaan dit om die betoning

van sy uniekheid en van sy opperheerskappy (vgl Jes 43:11; 44:6, 8, 24; 45:5-6, 14, 18, 21,22).

Moontlike bronne van informasie fokus op (1) Job 1-2 waar Satan een van die “seuns van God” (dws ‘n engel) is of

(2) Jes 14; Eseg 28 waar die hooghartige Nabye Oosterse konings van Tirus en Sidon as voorbeelde van Satan se

hooghartigheid gebruik word (vgl 1 Tim 3: 6). Ek het gemengde gevoelens oor hierdie benadering. Esegiël gebruik Tuin

van Eden metafore nie net om die koning van Tirus met Satan te assosieer nie (Eseg 28:12-16), maar ook om die koning

van Egipte as die Boom van Kennis van Goed en Kwaad voor te stel (Eseg 31). In elk geval, Jes 14, spesifiek verse 12-14,

beskryf skynbaar ‘n opstand van hooghartige engele. As God aan ons die karakter en ontstaan van Satan wou openbaar,

sou hierdie ‘n baie indirekte manier en plek daarvoor wees. Ons moet waak teen die neiging van sistematiese teologie om

klein, dubbeldoelige (dubbelsinnige) deeltjies van die twee verskillende Testamente , van verskillende skrywers, boeke en

verskillende genres bymekaar te voeg asof ons met ‘n heilige legkaart te doen het.

Ek stem met Alfred Edersheim saam (The Life and Times of Jesus the Messiah, vol 2, bylae XIII, bll 748-763 en XVI

bll 70-776), dat die Rabbynse Judaïsme oormatig deur Persiese dualisme en demoniese spekulasie beïnvloed is. Die

rabbyne is nie ‘n goeie bron vir die soeke na waarheid op dié gebied nie. Jesus het radikaal afgewyk van die leringe in die

sinagoges. Ek is van mening dat die rabbyne se idee van die tussenkoms en bemiddeling van engele met die ontvangs van

die Wet deur Moses, én die verset daartydens, die deur geopen het vir die idée van ‘n aartsvyand-engel teenoor JHWH en

die mensdom. Die twee hoogste gode van die Iraanse (Zoroastriese) dualisme, Akhiman en Ormaza, dws “goed” en “sleg”,

het gelei tot ‘n beperkte dualisme tussen JHWH en Satan in Judaïsme.

Daar is bepaald voortgaande openbaring in die NT wat die ontwikkeling van boosheid betref, maar nie so uitvoerig as

wat die rabbyne te kenne wou gee nie. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die “oorlog in die hemel.” Die val van Satan is’n

logiese noodwendigheid, maar geen besonderhede is geopenbaar nie. Selfs, wat geopenbaar is, word in apokaliptiese genre

verpak (vgl Openb. 12:4,7,12-13). Alhoewel Satan verslaan en na die aarde uitgeban is, funksioneer hy steeds as ‘n

dienkneg van JHWH (vgl Mat 4:1; Luk 22:31-32; 1 Kor 5: 5; 1 Tim 1:20).

Ons moet ons nuuskierigheid op dié gebied beteuel. Daar is ‘n persoonlike mag van verleiding en kwaad, maar daar is

net een God en die mensheid bly verantwoordelik vir sy/haar keuses. Daar is geestelike oorlogvoering voor en na bekering.

Oorwinning word behaal en behou in en deur die Drie-enige God. Boosheid is verslaan en sal verwyder word!

C. Ek voel al meer ongemaklik daarmee om Jesaja 14 en Esegiël 28 as Skrifbewys vir die ontstaan en oorlewering

van ‘n engel as versoeker. Ek is van mening dat ons nuuskierigheid ons daartoe dryf om konteks in die Skrif te

verwaarloos. Die Bybel swyg oor ‘n menigte van die sake waaroor ons so nuuskierig is. Sistematiese Teologie

moet ernstig omgaan met eksegese! Vir goeie rede bly die geesteswȇreld vir ons verborge.

D. Vir ‘n gelykluidende konteks sien Esegiël 28 by www.freebiblecommentary.org “Old Testament Studies,” se

kommentaar in skrif.

E. Die “Jewish Study Bible, bl 812, meld dat hierdie gedig die onwaardige afsterwe van ‘n Assiriese koning beskryf

ten tye van Jesaja (waarskynlik Sargon II wat in die oorlog van 705 gesneuwel het. Nuwere interpretasie is van

mening dat ‘n Babiloniese koning in die voorspelling bedoel word. My mening is dat Jesaja, of ‘n leerling van

hom, ‘n vroeëre gedig, of die beeldspraak daarvan gebruik het, om die ondergang van ‘n reeks hooghartige,

oosterse vorste, te beskryf.

F. Dit is nie moontlik om al die historiese aanwysers in hierdie profesie logies bymekaar te bring nie. Laat ons

onthou dat Hebreeuse profesie nie ‘n pad om te volg, uitstippel nie, maar slegs ‘n historiese vooruitskouing maak

wat die toekoms betref. Westerlinge ondervind moeite om die beeldspraak, meerduidigheid en oordrywende

spreektaal (hiperbool)reg te begryp. Sien D. Brent Sandy, Plowshares and Pruning Hooks: Rethinking the

Language of Biblical Prophecy and Apocalyptic.

WOORD- EN FRASESTUDIE

NASB (HERSIENE) TEKS: 14:1-2

1 When the LORD will have compassion on Jacob and again chose Israel, and settle them in their own land, then

strangers will join them and attach themselves to the house of Jacob. 2 The peoples will take them along and bring

them to their place, and the house of Israel will possess them as an inheritance in the land of the LORD as male

servants and female servants; and the will take their cators captive and will rule over their oppressors

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 14:1-2.

14:1 OAV, NAV, CUM-MVB “Die Here sal Hom ontferm”

CUM-NLV “Die HERE sal genade bewys”

NASB “The LORD will have compassion”

Hierdie WERKWOORD (BDB 103, 933, KB 1261 Pi‘el IMPERFEKTUM, vgl 49:13,15; 54:7-8) dui op JHWH se

besondere verhouding met sy verbondsvolk (vgl Hosea 1-2), soos blyk uit “kies” (BDB 103, KB 119, Qal PERFEKTUM,

136

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!