01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

◙ OAV, NAV, CUMs “altare”

NASB “incense stands”

Die term (wierook-) altare (BDB 329 noem dit ‘n “sonpilaar”, maar KB 329 noem dit ’n draagbare wierookaltaar. Dit

word altyd in negatiewe verband met verwysing na afgodsdiens gebruik (vgl. Lev. 26:30; 2 Kron. 14:5; 34:4,7; Jes. 17:8;

27:9; Eseg. 6:4,6).

17:9 Blykbaar is hierdie ‘n nuwe gedagte-eenheid. Dit beskryf die aanstaande oordeel in oordrywende metafore van

boerdery:

1. die verlatenheid van afgeleë woude

2. agtergelate, verdorde takke

3. die land wat ‘n woesteny word

Hierdie vers word anders vertaal in die Septuaginta en die JB, NRSV, die REB en die Afrikaanse NAV en CUMs volg

in voetspoor daarvan (“verlate soos die boswȇreld”). (1) Die frase dui op ‘n haastige op die vlug slaan en goedere wat

nutteloos rondlȇ. Of (2) dit dui op Amoriete en Hewiete se onderwerping tydens die oorwinning van Israel.

17:10 Hierdie vers, by wyse van afwisseling, is op Israel gerig met meedeling van die redes vir die oordeel van hulle

Verbondsgod:

1. hulle het die God wat hulle verlos het vergeet (s.v. Ps. 78:11,42)

2. die rots van hulle toevlug nie in gedagte gehou nie (Ps. 18:1-3; 78:35)

3. mooi aanplantings gemaak om ‘n vreemde god te vereer (1:29-30; 65:3; 66:17, verwysend na heilige tuine of

geboomtes. Dit mag ‘n verwysing wees na Adonis/Tammoes, planterykgode wat vereer word met

blomaanplantings vroeg in die lente. Vgl. AB, vol. 6 bl. 318)

◙ OAV “Want jy het vergeet, die God van jou heil”

NAV “Jy. . .het die God wat jou gehelp het, verlaat”

CUM-MVB “Jy. . .het die God wat jou gehelp het, vergeet”

CUM-NLV “die God wat jou kan help”

NASB “the God of your salvation”

Hierdie beskrywing van die God van Israel kom by herhaling voor (vgl. 12:2; 17:10; 33:2; 45:17; 61:16; 62:10; Ps.

65:5; 68:19; 85:4). Verlossing beteken dat JHWH se verlange na sy verbondsvolk behoue bly wanneer allerlei kragte of

verdrukking, inbreuk wil maak op die besondere verhouding tussen Hom en die volk of dit wil ontken (vgl. OAV). Slegs

Israel se sonde (nie kragte of verdrukking nie) kan hierdie verlange na sy volk versteur, maar hy bly nogtans die “God van

jou heil” (vgl. Miga 7:7; Hab. 3:13,18).

17:11 Hierdie vers verwys na die “heilige tuine” #3 in vers 10 hierbo.

1. Dit word versigtig aangeplant

2. hulle plaas ‘n heining daarom

3. en dien bemestingstowwe toe

Dit groei verbasend vinnig, maar dit loop uit op

(1) ‘n nikswerd opbrengs (Cum-NLV),

(2) siekte as enigste oes (Cum-NLV),

(3) en ongeneeslike pyn (Cum-NLV; Job 34:6; Jer. 15:18; 17:9; 30:12,15; Miga 1:9)

NASB (HERSIENE) TEKS: 17:12-14

12 Alas, the uproar of many peoples

Who roar like the roaring of the seas,

And the rumbling of nations

Who rush on like the rumbling of mighty waters!

13 The nations rumble on like the rumbling of many waters,

But He will rebuke them and they will flee far away,

And be chased like chaff in the mountains before the wind,

Or whirling dust before a gale.

14 At evening time, behold, there is terror!

Before morning they are no more.

Such will be the portion of those who plunder us

And the lot of those who pillage us.

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 17:12-14.

17:12-14 Hierdie is die laaste strofe van hoofstuk 17. Opmerklik hierin is die voorkom van parallelismes en herhaalde

gebruik twee basiese woordstamme:

1. BDB 242, KB 250, “murmur”/“murmel”, “groan”/“gekreun”, “roar”/“dreuning” of ook “boisterous”/“onstuimig”

a. NAAMWOORD vers 12

b. Qal-INFINITIEF KONSTRUKTUS, vers 12

159

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!