01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

g. daar is vryspraak van sonde, maar sonde moet ook afgelȇ word (dood vir – Rom. 6)

h. vryspraak van sonde is ‘n onmiddellike gawe, maar aflȇ daarvan is ‘n proses (heiligmaking)

i. regverdigmaking kom deur geloof (Romeine 4), maar Jakobus (2:14-26) leer dat werke geloof moet bevestig

j. ’n Christen is vry (vgl. Rom. 14:1-24-3; 1 Kor. 8:1-13; 10:23-33), maar hy/sy het verantwoordelikheid

teenoor ander (vgl. Gal. 5:16-21; Ef. 4:1)

k. God se trandsendensie teenoor sy immanensie

l. die algehele verborgenheid van God teenoor sy kenbaarheid in die Skrifopenbaring en Christus

m. Paulus se vele metafore vir verlossing is

1. aanneming, (tot kinders, maar ook)

2. heiligmaking (aflȇ van sonde is nodig)

3. regverdigmaking (vryspraak van sondekruis)

4. verlossing (uit sonde)

5. verheerliking (toekoms sonder sonde)

6. uitverkiesing (sy beskikking of maniere tot verlossing)

7. versoening (Hy dink daar nie meer aan nie!)

n. die koninkryk van God wat in die volheid van die tyd sal kom, maar wat ook reeds aanwesig is

o. dat sondebesef en belydenis in genade geskenk word, maar dat dit ook ‘n vereiste is (vgl. Mark 1:15; Han.

20:21)

p. die permanente betekenis van die OT teenoor die mindere waarde van die vervloeë ou bedeling (vgl. Mat.

3:17-19 teenoor 5:21-48; Rom. 7 teenoor Gal. 3)

q. gelowiges is dienaars en slawe maar aan die ander kant ook kinders/erfgename.

1:17 OAV “beteuel die verdrukker”

NAV, CUM-MVB “gaan die verdrukker teë”

CUM-NLV “Help mense wat verdruk word”

NASB “reprove the ruthless”

NKJV “reprove the oppressor”

NRSV “rescue the oppressed”

TEV “help those who are oppressed”

NJB “discipline the violent”

LXX “deliver him that is suffering wrong”

Pesjitta “do good to the oppressed”

Die Masoretiese Teks (MT) lees “vergoed/maak regstelling aan die verdrukkers,” (die frase kom net hier voor!), maar

die WERKWOORD beteken “noem. . .geseënd” of “stel reg aan,” BDB 80, KB 97, Pi‘el-IMPERATIEF). Dit pas egter nie

in Jesaja se redenasie (konteks) nie. Die beste moontlike oplossing is om die vokale-punktuasie van die Masorete te wysig

sodat die Hebreeuse konsonante nie “verdrukkers” lees nie, maar “die wat verdruk word” (d.w.s. Qal-

PARTISIPIUM/DEELWOORD, BDB 330).

◙ OAV “die wees. . . die weduwee”

NAV, CUM-MVB “die weeskinders. . . die weduwees”

CUM-NLV “die weeskind. . . die weduwee”

NASB “orphan. . . widow”

Hierdie twee voorbeelde staan vir alle mense wat deur die samelewing ontmagtig word (vgl. Eks. 22:21-22; Deut.

24:17,19,20,21; Job 24:3; ps 68:5; Jer. 7:6; Klaagl. 5:3; Eseg. 22:7; Sag. 7:10; Mal. 3:5). In pare gegroepeer word hulle in

Deuteronomium dikwels as voorwerpe van JHWH se besondere aandag en sorg bestempel (vgl. Deut. 10:18; Ps. 10:14,18;

68:5; Jer. 49:11).

In die antieke nabye Ooste was die amp van koning in besonder vir sosiale geregtigheid en billikheid verantwoordelik!

NASB (HERSIENE) TEKS: 1:18-20

18 “Come now, and let us reason together,”

says the LORD.

“Though your sins are as scarlet,

They will be as white as snow;

Though they are red like crimson,

They will be like wool.

19 If you consent and obey,

You will eat the best of the land;

20 But if you refuse and rebel,

You will be devoured by the sword.”

Truly, the mouth of the LORD has spoken.

Verwys na NAV, OAV, CUM-NLV of CUM-MVB vir die Afrikaans: Jes. 1:18-20.

23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!