Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary
Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary
Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
1. 2:16, “en my nie meer as ‘n Baӓl beskou nie”

2. 4:12-14, “… dogters hoereer”

3. 4:17, “Efraim is verknog aan afgodsbeelde, laat hom maar sy gang gaan”

4. 13:2, “moet jy hierdie kalwers soen”

C. Die sosiale omgewing

1. Dit was ‘n tyd van ekonomiese hoogbloei en militȇre uitbreiding vir beide Juda en Israel. Dit het egter net die

welaf gedeelte van die volk ten goede gekom. Die armes is uitgebuit en verdruk. “Geld ten alle koste” het

insigself afgodiese omvang bereik.

2. Die ekonomiese welvaart en besit in beide Israel en Juda

a. was aan die lang en voordelige regeringstyd van Jerobeam II (786- 746 v.C. – in die Noorde) en Ussia

(783-742 v.C. – in die Suide) te danke.

b. die Assiriese onderwerping van Sirië deur toedoen van Adad-Nirari III in 802 v.C.

c. afwesigheid van botsings tussen Israel en Juda

d. uitbuitende belastings op die handelsroetes, van noord na suid oor die Palestynse brug, het tot vinnige

ekonomiese ontwikkeling aanleiding gegee, selfs uitspattige lewe vir die welvarende klas!

3. Die “Potskerwe/kleitablette van Samaria” wat uit die regeringstyd van Rehobiam II gedateer word, dui op ‘n

administrasie soortgelyk aan dié van Salomo. Daaruit blyk die vergroting van die gaping tussen die

welgesteldes en die armes.

4. Die oneerlikheid van die rykes word duidelik in Amos, bekend as “die profeet van sosiale geregtigheid,”

geїllustreer. In beide Israel en Juda was omkopery van die regbank en ‘n ekonomie van gepeuter met

gewigseenhede aan die orde.

D. Die godsdienstige toestande van die dag.

1. Daar was oormaat van vormlike godsdienshandeling, maar weinig opregte geloof. Die Kanaӓnitiese

vrugbaarheidskultus het sinkretisties van Israel se geloof deel geword. Die mense was in afgodery verval,

maar het dit JHWH-isme 1 genoem. Die neiging by die volk van God was om deur middel van hulle politieke

verbintenisse, wat betref heidense invloed en gebruike, verdraagsaam te raak.

2. Afgodery in Israel word in 2 Kon. 17:7-18 uitgebeeld:

a. Volgens vers 8 het hulle die aanbiddingspraktyke van die Kanaӓniete nagevolg (vgl. NAV):

(1) kultus vir bevordering van vrugbaarheid (Lev. 18:22-23)

(2) hoogtes gebou, elke hoë rant (verse 9,10,11)

(3) gewyde klippilare, pale (verse 10,16)

(4) Asjera-beelde (vers 16), houtpale wat sinnebeeldig was van die gemalin van Baӓl; daarvoor is

gemerkte pale geplant of selfs “’n groen boom” (NAV).

3. Waarsȇery (NAV – vers 17). Vir die geloof verbode, volgens Lev. 19-20.

(1) voortsetting van die twee goue kalwers (vers 16), bedoel om simboliek van JHWH te wees, wat by Dan

en Bet-El deur Jerobeam I opgerig is (1Kon. 12:28-29).

(2) verder het hulle die Babiloniese gode van die hemelruim – son, maan, sterre en die sterrebeelde – vereer;

(3) ook die Fenisiese vrugbaarheidsgod, aan wie hulle kinders in vuur geoffer het, “Molog” (Lev. 18:21;

20:2-5)! Dit is hoe die praktyk genoem word, maar nie die naam van die godheid nie.

4. Baӓlisme (vgl. W. F. Albright, se Archaeology and the Religion of Israel, bl. 82 e.v.)

a. Die beste argeologiese bron is die “Baӓl – epos van Ugarit.” Dit skets Baӓl as ‘n seisoengebonde godheid

wat sterf en weer opstaan. Hy word deur Mot verslaan en na die “onderwȇreld uitgeban”. Alle lewe op

aarde kom daarmee tot stilstand. Maar met die hulp van die vroulike godin, Anat, herrys hy elke lente om

Mot te verslaan. Hy was ‘n vrugbaarheidsgod wat vereer is by wyse van nabootsing deur magiese

handeling.

b. Sy ander naam was Hadad.

c. El was die hoofgod van die Kanaӓnitiese veelgodendom, maar sy populariteit het geswig voor Baӓlisme.

d. Israel is intens beїnvloed deur die Tiriese Baӓlisme omrede van Isebel, die dogter van die koning van

Tirus, wat Omri uitgekies het vir sy seun Agab.

e. In Israel is Baӓlisme op beskikbare hoë plekke beoefen. Simbool van die wyding van die plek was ‘n

regopstaande steen. Sy gemalin, Asjera, is deur ‘n gemerkte paal voorgestel om die “boom van lewe”

voor te stel.

5. Verskeie redes vir en tipes van afgodery het dus voorgekom:

a. die goue kalwers deur Jerobiam I by bet-El en Dan vir JHWH-aanbidding

b. die verering van die Tiriese vrugbaarheidsgode (manlike en gemalin) op hoogtes

c. en ander wat genoodsaak was deur politieke affiliasies van die dag.

E. ’n Kort opsomming van Assiriese en Babiloniese invalle op Palestynse gebied gedurende die 8ste eeu en hoe dit

die gebied geaffekteer het.

1. Die vier agste eeuse profete was tydens die opkoms van die Tigris-Eufraat Ryk, naamlik Assirië, reeds

werksaam. God sou hierdie wrede nasie gebruik om sy volk, in besonder Israel, te oordeel.

a. Die spesifieke oorsaak was die totstandkoming van die politiek-militȇre, oos-Jordaniese, Siro-

Efraimitiese Bondgenootskap (735 v.C.). Hiermee wou Israel en Sirië Juda dwing om met hulle saam te

1 Jahwisme – vert.

4