01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hierdie aanvanklike WERKWOORD (BDB 1010, KB 1479, Qal-KOHORTATIEF), kom ook in Num. 21:17 en 42:10

voor. Die SELFSTANDIGE NAAMWOORD kom ook in vers 1 voor. Dikwels word liedere gebruik om gebeurtenisse in

herinnering te roep (vgl. Eks. 15:1; Num. 21:7; Rigt. 5:1; 1 Sam. 18:6).

In hierdie geval is die lied op verbygangers gerig wat dan sou gaan staan om te luister.

◙ OAV “My Beminde. . .my Beminde”

NAV “Hy wat ek liefhet. . .liefhet”

CUM-MVB “my Beminde. . .my Beminde”

CUM-NLV “die een wat ek liefhet. . .my beminde”

NASB “well-beloved. . .beloved”

Hier word twee verskillende Hebreeuse woorde gebruik. Die eerste een is gebruiklik in digkuns wat oor ‘n familielid

handel (BDB 391). Die tweede een (BDB 187) is ‘n liefdeslied gerig aan ‘n geliefde. Hier gaan dit om ‘n besondere vriend

van wie die eienaar groot verwagtinge gehad het. In Juda, waar mense met ‘n landboubestaan vertroud was, sou hulle dit

goed begryp.

◙ OAV, NAV, CUMs “wingerd”

NASB “vineyard”

Die wingerd (of wingerdstok) het as simbool gedien vir Israel se nasionale bestaan (vgl. Eks. 15:17; Ps. 80:8; Jes.

2:21; 12:10). Dit was ook die geval met die olyfboom en die duif. Die profete het aan Juda gedink as die “enigware volk

van God.”

◙ OAV, NAV, CUMs “’n vrugbare heuwel”

NASB “fertile hill”

“Heuwel” is letterlik te vertaal met “horing” (BDB 901), d.w.s. ‘n alleenstaande heuwel waarvan die hange net reg

teen die son lȇ en goed dreineer; ‘n heuwel perfek voorberei vir die doel om die beste druiwe voort te bring, ‘n uitstaande

oes. Die BYVOEGLIKE NAAMWOORD “vrugbare” kan letterik met die “seun/afstammeling van olyfolie” vertaal word,

wat ‘n metafoor vir “oorvloed” is.

5:2 Op die WERKWOORD (BDB 793, KB 889) in vers 2-5 is daar woordspel deur dit 7 keer te herhaal.

dra/voortbring (vers 2)

doen/gedoen het (… nie, vers 4 ̶ vir God se wingerd)

voortgebring het/dra, (vers 4)

doen (vers 5 vir ‘n ondankbare wingerd).

◙ OAV “Hy het die grond omgespit en die klippe daaruit gehaal”

NAV, CUMs “Hy het die grond omgespit, die klippe verwyder”

NASB “He dug it all around, removed its stones”

Die eerste WERKWOORD (BDB 740, KB 810; Pi’el-IMPERFEKTUM) word in die OT net hier aangetref. Die KJV

het “ommuur/fenced.” Ek is van mening dat dit die Hebreeus nie korrek vertaal nie, maar dit pas tog heel goed in by hoe

daar te werk gegaan word. Wanneer die klipgrond skoongemaak word in Palestina, word die klippe in ‘n muur gepak. In

ooreenstemming met hierdie eerste werkwoord kan dit ook wees dat die klippe in ‘n dreineringsloot teenaan ‘n klipmuur

gepak word (LXX, Pesjitta, Vulgaat). Dalk beskryf Jesaja hiermee ook terrasering wat skuinstes op die terrein gelyk wil

maak.

Dit is ook moontlik dat die klippe so gestapel was dat dit wingerdlote van die grond af weghou.

◙ OAV, CUM-NLV “edel wingerstokke”

NAV, CUM-MVB “veredelde wingerdstokke”

NASB “the choicest vine”

Dit dui op ‘n druif wat “sorek” genoem word en wat helderrooi van korrel is (BDB 977 I, vgl. Jer. 2:21). Hierdie naam

is afkomstig van ‘n vallei in Palestina wat so genoem word (vgl. Rigt. 16:4). Volgens Jer. 2:21 is dié druifsoort duur en

gesog. Hierdie druifsoort word ook in die Messiaanse Skrifdeel van Gen. 49:11 vermeld.

◙ OAV “toring”

NAV, CUMs “wagtoring”

NASB “tower”

Hierdie “wagtoring” is opgerig uit klippe wat uit die grond gehaal is (BDB 153). Dit was vir sekuriteitsdoeleindes

opgerig en was slegs gedurende planttyd en oestyd in September beman. Die Hebreeuse woord kan ook met “hut” vertaal

word, waaruit blyk hoe belangrik konteks is om die bedoeling met ‘n woord te bepaal (vgl. 1:8). Dit is ook die geval

wanneer dit met “hoë toring” (militȇre uitkykpunt – NAV, 2:15) vertaal word.

◙ OAV, NAV, CUMs “’n parskuip uitgekap”

NASB “hewed out a wine vat”

Dit was ‘n uitgekapte holte op ‘n rots waarin die vroue die sap met hul voete uitgetrap het. Dit het dan afgevloei deur

‘n groef in ‘n dieper holte vir bewaring.

58

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!