01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Onderliggend aan dié vertaling is die Hebreeuse woord adonai (BDB 10). Sien Vir Spesiale Aandag by 1:1. Sommige

ou Hebreeuse MSS het JHWH 7 .

◙ OAV, NAV, CUMs “troon”

NASB “throne”

Beskrywing van JHWH op ‘n troon word heel eerste in ‘n visioen van die hemelse hofhouding gevind (vgl. 1 Kon.

22:19; Ps. 103:19 en later Jes. 66:1). In Eseg. 1 en 10 is sy troon ‘n beweeglike hofkoets wat sy bestaan buite die tempel

impliseer.

Dit moet as tipies Ou Nabye Oosterse, antropomorfiese (mensvormige) taalgebruik gesien word (vgl. vers 5; Openb.

4:2,3; 20:11 en sien ook N. T. Wright, The Language and Imagery of the Bible, bl. 172-182)!

VIR SPESIALE AANDAG: GOD AS MENS BESKRYF (ANTROPOMORFIESE TAAL)

I. Hierdie tipe woordgebruik kom baie algemeen in die OT voor. Hier volg ‘n paar voorbeelde.

A. Fisieke liggaamsdele

1. oë – Gen. 1:4,31; 6:8; Eks. 33:17; Num. 14:14; Deut. 11:12; Sag. 4:10

2. hande – Eks. 15:17; Num. 11:23; Deut. 2:15

3. arm – Eks. 5:6; 15:16; Num. 11:23; Deut. 4:34; 5:15

4. ore – Num. 11:18; 1 Sam. 8:21; 2 Kon. 19:16; Ps. 5:1; 10:17; 18:6

5. gesig – Eks. 32:30; 33:11; Num. 6:25; Deut. 34:10; Ps. 114:7

6. vinger – Eks. 8:19; 31:18; Deut. 9:10; Ps. 8:3

7. stem – Gen. 3:8-10; Eks. 15:26; 19:19; Deut. 26:17; 27:10

8. voete – Eks. 24:10; Eseg. 43:7

9. menslike vorm – Eks. 24:9-11; Ps. 47; Jes. 6:1; Eseg. 1:26

10. die Engel van die Here – Gen. 16:7-13; 22:11-15; 31:11,13; 48:15-16; Eks. 3:4,13-21; 14:19; Rigt. 2:1; 6:22-

23; 3:3-22.

B. Fisieke handelinge

1. praat as meganisme om skepping te begin – Gen. 1:3,6,9,11,14,20,24,26

2. die geluid van wandeling in Eden – Gen. 3:8; 18:33; Hab. 3:15

3. Noag se ark se deure wat toemaak – Gen. 7:16

4. die geur van offerande – Gen. 8:21; Lev. 26:31; Amos 5:21

5. na benede kom – Gen. 11:5; 18:21; Eks. 3:8

6. begrawe Moses – Deut. 34:6

C. Menslike emosie (‘n paar voorbeelde)

1. spyt/jammer – Gen. 6:6-7; Eks. 32:14; Rigt. 2:18; 1 Sam. 15:29, 35; Amos 7:3,6

2. woede – Eks. 4:14; 15:7; Num. 11:10; 12:9; 22:22; 25:3,4; 32:10,13,14; Deut. 6:5; 7:4; 29:20

3. jaloesie – Eks. 2:15; 34:14; Deut. 4:24; 5:9; 6:15; 32:16,21; Jos. 24:19

4. afsku/verafsku – Lev. 20:23; 26:30; Deut. 32:19

D. Familie terme

1. Vader

a. van Israel – Eks. 4:22; Deut. 14:1; 39:5

b. van die koning – 2 Sam. 7:11-16; Ps. 2:7

c. metafore in verband met vaderlike optrede – Deut. 1:31; 8:5; 32:1; Ps. 27:10; Spr. 3:12; Jer. 3:4,22;

31:20; Hos. 11:1-4; Mal. 3:17

2. ouer – Hos. 11:1-4

3. moeder – Ps. 27:10 (soos ‘n moeder wat ‘n suigeling voed); Jes. 49:15; 66:9-13

4. getroue jong minnaar – Hos. 1-3

II. Redes vir hierdie taalgebruik

A. God ag dit nodig om Hom aan mense te openbaar. Juis die diepsinnige gedagte dat God manlik is, is ‘n voorbeeld

van mensvormige spreke, want God gees is!

B. God gebruik die mees betekenisvolle aspekte van menslike lewe as openbaringsmiddele aan ‘n gevalle mensdom

(vader, moeder, ouer, minnaar).

C. Hoewel antropomorfisme nodig is, kan God nie ingeperk word tot enige fisiese vorm nie (Eks. 20; Deut. 5).

D. Die finale en hoogste mensvormige selfopenbaring van God het in Jesus Christus geskied. In Hom het God fisies

verskyn, tasbaar! Die boodskap van God het die woord van God geword (vgl. Joh. 1:1-18).

◙ OAV “sy some”

NAV “die onderste van sy kleed”

CUM-MVB “die some van sy kleed”

CUM-NLV “die soom van sy kleed”

NASB “train of His robe”

7 Vgl. CUM-NLV – vert.

73

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!