01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

staan teen Assirië. In plaas van tot die bondgenoodskap toe te tree, stuur Agas ‘n brief na Assirië met ‘n

versoek om hulp. Die eerste koning van Assirië met Ryksideale, Tiglat-Pileser III (745-727 v.C.), reageer

op die uitdaging met ‘n inval in Sirië

b. ’n Vasalvors (van Assirië in Israel), Hosea (732-722 v.C.), besluit om te rebelleer met beroep op Egipte.

Salmaneser V (727-722 v.C.) val daarmee Israel weer binne maar sterf voor Israel val. Sy opvolger,

Sargon II, voer 27 000 Israeliete in ballingskap weg (722 v.C.) soos wat sy voorganger, Tiglat-Pileser in

732 v.C. duisende weggevoer het.

2. Na die dood van Agas (735-715 v.C.) het die Trans-Jordaniese lande weer ‘n militȇre koalisie met Egipte

gevorm om Assiriese oorheersing af te werp. Dit staan as die “Asdod-Rebellie” bekend. Talle Judese stede is

met hierdie Assiriese inval verwoes. Aanvanklik het Hiskia hierdie rebellie gesteun, maar later sy steun

onttrek.

3. Nietemin, nog ‘n koalisie het met die afsterwe van Assirië se kragtige koning, Sargon II, in 705 saam met

talle ander rebellies dwarsdeur die Ryk, die Assiriese juk probeer afwerp.

a. Hiskia het ten volle aan hierdie opstand deelgeneem. In reaksie op hierdie uitdaging het Sanherib (705-

681 v.C.) Palestina binnegeval (701 v.C.) en in die nabyheid van Jerusalem kamp opgeslaan (2 Kon. 18-

19; Jes. 36-39), maar sy aanvalsmag is op wonderbaarlike wyse deur God vernietig.

b. Daar is onder geleerdes nie eenstemmigheid oor die aantal kere wat Sanherib in Palestina toegeslaan het

nie (vgl. John Bright, The History of Israel, bl. 270). Hy weet van 701 v.C. en is van mening dat 688 v.C.

ook ‘n moontlikheid is.

c. Hiskia het ‘n Assiriese oorname oorleef, maar sy vertonerige houding toe ‘n Babiloniese afvaardiging

hom besoek en hulle die hele Judese ekonomie kon besigtig, lei daartoe dat Jesaja voorspel dat dit alles

aan die opkomende Babiloniese Ryk van Nebukadneser afgegee sou word (39:1-8). Jerusalem is

gedurende 587-586 deur Nebukadneser ingeneem.

4. Jesaja het in besonder die herstel van die volk van God onder Kores II, die Mede-Persiese regeerder voorspel

(41:2-4; 44:28; 45:1; 56:11). Nineve, hoofstad van Assirië, het in 612 v.C. voor die Babiloniërs geval en die

stad Babilon val voor Kores se leërs in 539 v.C. In 538 v.C. het Kores ‘n dekreet uitgereik wat bepaal het dat

alle ballinge, wat die Jode ingesluit het, huis toe kan gaan. Hy het selfs fondse uit sy skathuis vir die herbou

van nasionale aanbiddingsplekke voorsien. Hy was ‘n erg bygelowige man en wou graag hȇ dat alle gode

hom goedgesind moet wees.

VIII. LITERȆRE EENHEDE

A. Kortliks die samestelling, hoofstukke:

1. 1-39, die profeet en sy dag

2. 40-66 (moontlik ook 40-55 en 46-66), die nuwe era

B. Hoofstukke 1-39, die historiese tydgewrig van Jesaja (voor die ballingskap)

1. hoofstukke 1-6, onder konings Ussia en Jotam

2. hoofstukke 7-14, onder koning Agas

3. hoofstukke 15-39 onder koning Hiskia (36-39 is ‘n parallelle gedeelte met 2 Kon. 18:13-20:19).

C. Hoofstukke 40-66 dek die ballingskap en daarna en dui tipologies op ‘n toekomstige koninkryk.

1. Dit is duidelik dat hoofstukke 1-39 aantekeninge was van mondelinge optrede, preke, maar hoofstukke 40-55

weerspieël ‘n nuwe omgewing. Die oordeel van God is voltrek en herstel is nou die nuwe tema. Stylgewyse

kan nou die afleiding gemaak word dat dit eerder geskrewe aantekeninge was as optekening van mondelinge

oorlewering.

2. Hoofstukke 1-39 hanteer duidelik die Assiriese en die Babiloniese bedreigings as tipes van komende oordeel;

veral hoofstukke 13-14, 21 en 39. Hoofstukke 40-55 is oorskou van die Persiese periode en herstel van die

volk van God in die beloofde land.

3. Die latere hoofstukke, 56-66, is eskatologies van aard, wat historiese metafore uit die Ou Nabye Ooste

gebruik om ‘n voorskou van die wȇreldwye, monoteїstiese regering van JHWH te bied.

D. Die moeilike uitleg van die boek Jesaja

1. Die meerderheid hedendaagse geleerdes verdeel die boek in twee dele: (1) hoofstukke 1-39 en 40-66, maar

(2) R. K. Harrison se verdeling volg die “gaping” tussen 1-33 en 34-66 in die Dooie See-rolle se afskrif.

Hierdie opvallende verdeling in die DSS het aanleiding gegee tot die gedagte dat die boek Jesaja deur sy

navolgelinge in twee volumes byeengebring is. W. H. Brownlee is selfs van mening dat die twee dele, wat

samestelling betref, ooreenkomste vertoon.

Volume 1 Volume 2

Hoofstukke 1-5 ondergang en herstel hoofstukke 34-35

Hoofstukke 6-8 biografiese materiaal hoofstukke 36-40

Hoofstukke 9-12 bewerkers van seën en straf hoofstukke 41-45

Hoofstukke 13-23 uitsprake teen vreemde lande hoofstukke 46-48

Hoofstukke 24-27 wêreldoordeel en verlossing van Israel hoofstukke 49-55

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!