01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

◙ OAV “In die nag”

NAV, CUM-MVB “oornag”

CUM-NLV “Een nag”

NASB “Surely in a night”

Hierdie frase word twee keer herhaal en beskryf hoe onverhoeds die oordeel van algehele uitwissing die Moabitiese

stede getref het.

Die twee werkwoorde “verwoes” (BDB 994, KB 1418) en “vernietig” (letterlik “om af te sny”, BDB 198, KB 225) is

albei in PERFEKTUM, wat op algehele vernietiging dui. Jesaja het dié woord vir “vernietig “ gebruik toe hy sy geestelike

ervaring in 6:5 beskryf het (“Dit is klaar met my” – NAV)

Die Assiriese leers het Palestina/ Kanaӓn verskeie kere binnegeval.

1. Sargon II in 715 v.C.

2. Sargon II in 711 v.C.

3. Sanherib in 701 v.C.

◙ OAV, NAV “Ar-Moab”

CUM-MVB “Die stad Ar in Moab”

CUM-NLV “Ar”

NASB “Ar”

Die term (BDB 786 I) kan na ‘n stad of gebied in Moab verwys, aangesien dit die algemene term vir “stad” in die taal

van die Moabiete is (vgl. Deut. 2:9,29).

Die term “Kir” (BDB 885 II) beteken “muur” in Hebreeus (vgl. LXX, ‘n ommuurde stad) sodat die moontlikheid

bestaan dat hierdie twee poëtiese reëls, een met “ar” en een met “kir,” ‘n parallelle aanduiding is van die hoofstad van

Moab.

15:2 OAV, NAV, CUMs “Dibon. . .Nebo. . .Medéba”

NASB “Dibon. . .Nebo. . .Medeba”

In verband met Israel se Intog vanaf die oostekant van die Jordaan-Skeurvallei, na die woestynomswerwing, word in

Numeri ook name van Moabitiese stede genoem.

15:2-3 OAV, NAV, CUMs “om te huil. . .koppe kaal geskeer. . .baard is afgesny. . .rouklere. . .verdriet”

NASB “wails. . .bald. . .beard cut off. . .mourning. . .sackcloth. . .wailing”

‘n Beskrywing van rougebruike in die Ou Nabye Ooste (vgl. 22:12; Esra 9:3; Job 1:20; Jer. 7:29; 16:6; 41:5; 47:5;

48:37; Eseg. 7:18; 27:31; Miga 1:16). Die bevolking soek toegang tot hulle gode (hoogtes, vers 2); hulle verklaar hulle spyt

in hulle soeke na uitkoms, maar daar kom geen hulp van lewelose afgode nie!

VIR SPESIALE AANDAG: RITUSSE VAN SONDEBESEF

Die Israeliete het hulle hartseer oor die dood van ‘n geliefde of berou oor persoonlike en volksondes op ‘n

verskeidenheid van maniere betoon.

1. skeur van die bokleed, Gen. 37:29,34; 44:13; Rigt. 11:35; 2 Sam. 1:11; 3:31;1 Kon. 21:27; Job 1:20

2. aantrek van sakklere, Gen. 37: 34; 2 Sam. 3:31; 1 Kon. 21:7; Jer. 48:37

3. uittrek van skoene, 2 Sam. 15:30; Jes. 20:3

4. hande op die kop geplaas, 2 Sam. 13:9; Jer. 2:37

5. stof strooi op die kop, Jos. 7:6; 1 Sam. 4:12; Neh. 9:1

6. op die grond sit, Klaagl. 2:10; Eseg. 26:16; op die grond lê: 2 Sam. 12:16; Jes. 47:1

7. slaan op die bors, 1 Sam. 25:1; 2 Sam. 11:26; Nah. 2:7

8. die liggaam sny, Deut. 14:1; Jer. 16:6; 48:37

9. vas, 2 Sam. 1:16,22; 1 Kon. 21:27

10. klaagsang, 2 Sam. 1:17; 3:31; 2 Kron. 35:25

11. hare afskeer, (of uittrek), Jer. 48:37

12. baarde kortgeknip, Jer. 48:37

13. kop of gesig bedek, 2 Sam. 15:30; 19:14

15:4 OAV, NAV, CUMs “Hesbon. . .Elale. . .Jahas”

NASB “Heshbon. . .Elealeh. . .Jahaz”

Nog stede aan die oostekant van die Jordaan, naby aan Moab en dikwels met dié land geassosieer (of Ammon, vgl. die

Mesa-steen van die 9de eeu v.C.)

◙ OAV, NAV, CUM-MVB “skreeu”

CUM-NLV “geroep”

NASB “cry out”

147

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!