01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Dit dui op die tempel op die berg Moria in Jerusalem. Dit was die sentrale plek van aanbidding waar JHWH verkies

het om sy naam te laat woon (vgl. Deut. 12:5,11,14,18,21,26; 14:25; 15:20; 16:2,5,11,15; 17:8,10;18:6; 26:2; 31:11).

Die NIV Study Bible (bl. 962-3) meld dat die tema van die berg van die Here algemeen in Jesaja voorkom; die plek

waarheen al die nasies in die laaste dae sal kom (vgl. 11:9; 27:13;56:7; 57:13; 65:25; 66:20).

In ‘n sekere sin word die verhoogde berg Sion (d.w.s. die staanplek van JHWH se tempel in Jerusalem) in

Kanaӓnitiese mitologie voorafgegaan (vgl. NIDOTTE, vol. 4, bl. 1314-1321). Die Kanaӓnitiese gode het op berg Safon in

die verre noorde gebly (vgl. Jes. 14:13), maar Ps. 48:2 het die denkbeeld verander na berg Sion waar JHWH die opperheer

is bo alle Kanaӓnitiese gode!

In Mesopotamiese literatuur kom die gedagte van verhoogde tempels of ‘n stad ook voor (vgl. The Widmar Chronicle,

Assyrian Inscriptions, Marduk Prophecy), ‘n konsep wat nie uniek aan Jesaja is nie.

◙ Neem kennis van die metafore wat Jesaja gebruik om die vernaamste plek van JHWH se openbaring aan die

nakomelinge van Abraham te beskryf:

1. “’n blywende plek bokant die bergtoppe” (die plek van ware openbaring)

2. “sal uitstaan bo die heuwels” (die vernaamste en uitsonderlik)

3. “al die nasies sal daarheen stroom” (wat die heeltyd JHWH se doel was, vgl. Gen. 3:15; 12:3; Eks. 19:5-6; Jes.

56:6-8!) Dit is die klaarblyklike gevolg van monoteїsme.

VIR SPESIALE AANDAG: MENINGSVERSKIL OOR DIE EINDGEBEURE

Gedurende jare van bestudering van die eskatologie het dit vir my duidelik geword dat die meeste Christene in ‘n

gesistematiseerde, chronologiese beskouing van die eindgebeure nie geїnteresseerd is nie. Daar is Christene wat op hierdie

aspek van die Christendom fokus en vassteek om teologiese, sielkundige en denominasionele redes. Hulle obsessie wentel

om die vraag hoe die einde sal kom en daarmee ontgaan die dringendheid van evangelieverkondiging hulle algeheel.

Gelowiges kan immers niks aan of afdoen aan God se eindtydagenda nie. Hulle kan wel betrokke wees by die evangelieopdrag

van Mat. 28:19-20; Luk. 24:47; Han. 1:8. Die meeste gelowiges aanvaar die tweede koms van Christus en ‘n

voleinding waartydens die beloftes van God tot vervulling sal kom. Die baie meningsverskil ontstaan weens die menslike

onvermoë om die paradokse oor die tyd daarvan te begryp:

1. die spanning tussen die OT profetiese modelle en die NT apostel-modelle

2. die spanning tussen monoteїsme se een God vir almal en Israel as uitverkore volk

3. die spanning tussen verbondsverpligtinge (as julle. . .dan) en die onvoorwaardelike trou van God wat betref die

redding van ‘n gevalle mensdom

4. die spanning tussen Midde-Oosterse literȇre vorme en Westerse letterkundige modelle

5. die spanning oor die koninkryk van God wat “reeds gekom het” en wat “nog kom”

6. die spanning oor die “nabye” wederkoms van Christus, maar sekere gebeure moet dit voorafgaan.

Ons bekyk hierdie “spanninge” een vir een.

SPANNING EEN (die OT-rasgebonde, nasionaal-geografiese sienswyse in spanning met alle gelowiges oor die wȇreld

heen). Die profete van die OT het ‘n herstel van die Joodse koninkryk in Jerusalem voorspel, onder heerskappy van ‘n

regeerder uit die Dawidslinie, waar al die volke van die wȇreld sal saamkom, maar Jesus en sy apostels het nie op dié

agenda gesteun nie. Is die OT nie “geїmnspireerd” nie of het die NT-skrywers noodsaaklike eindgebeure oor die hoof

gesien?

Hier volg ‘n verskeidenheid bronne van inligting oor die einde van die wȇreld:

1. profete van die OT (Jesaja, Miga, Maleagi)

2. apokalitiese skrywers van die OT (Eseg. 37-39; Dan. 7-12; Sagaria)

3. nie-kanonieke boeke van tussen OT en NT deur apokaliptiese skrywers (bv. 1 Henog, aangehaal in Judas)

4. mededelings van Jesus (Mat. 24; Mark. 133; Luk. 21)

5. geskrifte van Paulus (1 Kor. 15; 2 Kor. 5; 1 Tess. 4-5; 2 Tess. 2)

6. geskrifte van Johannes (1 Johannes en Openbaring)

Gee hulle enige aanduiding van volledige besonderhede wat in die eindtyd wag (oor gebeure, persone of kronologie)?

Indien nie, hoekom nie? Is hulle almal, behalwe die tussen-testamentȇre Joodse skrywers, nie geïnspireerd nie?

Die Heilige Gees het aan OT-skrywers waarhede geopenbaar in terme en kategorieë wat hulle kon verstaan. Maar deur

progressiewe openbaring het die Gees hierdie metafore tot begrippe van universele omvang uitgebrei (“die misterie van

Christus,” vgl. Ef. 2:11-3:13). Sien Vir Spesiale Aandag by 10:7. Hier volg enkele toepaslike voorbeelde:

1. Die stad Jerusalem word in die OT as metafoor vir die volk van God gebruik (Sion), maar dit word in die NT

deurgegee as die simbool van God se aanvaarding van alle berouvolle, gelowige mense (die Nuwe Jerusalem van

Openb. 21/22). So word Gen. 3:15 teologies uitgebou van fisiese stad tot ‘n “nuwe volk van God” (gelowige Jode

en nie-Jode). Hierdie belofte van God het bestaan voordat daar sprake was van ‘n Joodse volk en ‘n Joodse

hoofstad. Selfs die roeping van Abraham (vgl. Gen. 12:1-3) sluit duidelik die heidene in (vgl. Gen. 12:3; Eks.

19:5).

2. In die OT is die vyande van God se volk al die nasies rondom in die Nabye Ooste, maar in die NT omvat die

begrip al die ongelowige, ongoddelikes wat deur Satan teen God aangepor word.

3. Die Beloofde Land, so swaar op die hart van die volk van die OT gelȇ (vgl. Gen. 12:7; 13:15; 15:7,15; 17:8;),

omsluit nou die hele wȇreld. Die Nuwe Jerusalem daal neer op ‘n vernude aarde en nie net maar eksklusief op ‘n

stukkie Nabye Ooste nie (Openb. 21/22).

34

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!