01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

“. . .sien ‘n situasie van die buitekant, as ‘n geheel. Sodoende word ‘n eenvoudige feit

uitgedruk, hetsy ‘n aksie of ‘n stand van sake (insluitende stand van wese of geestestoestand).

Wanneer dit vir aksie gebruik word, word die aksie dikwels vanuit die retoriese perspektief van die

spreker of verteller voltooid geag (of dit werklik voltooi is is nie ter sake nie). Die perfektum kan

betrekking hê op ‘n aksie of stand van sake in die verlede, hede of toekoms. Soos hierbo vermeld,

tydraamwerk, wat die manier waarop die perfektum vertaal word in ‘n tyd-georiënteerde taal soos

Engels affekteer, moet deur die konteks bepaal word,” (bl. 86).

b. IMPERFEKTUM, toon ‘n handeling in proses (onvoltooid, herhalend, voortdurend, of

voorwaardelik), dikwels vooruitgang tot ‘n doelwit. Gewoonlik is hierdie vorm aangewend vir

teenwoordige en toekomstige handeling.

J. Wash Watts, A Survey of Syntax in the Hebrew Old Testament, sê:

“Alle IMPERFEKTUMS verteenwoordig onvoltooide toestande. Hulle word of herhaal, of

ontwikkel, of is voorwaardelik. Met ander woorde, of gedeeltelik ontwikkeld, of gedeeltelik

verseker. Hulle is in alle gevalle op ‘n manier gedeeltelik, d.w.s. onvoltooid,” (bl. 55).

Robert B. Chisholm, Jr., From Exegesis to Exposition, sê:

“Dit is moeilik om die essensie van die imperfektum te reduseer tot ‘n enkele konsep, omdat

dit vorm sowel as modus insluit. Soms word die imperfektum gebruik op ‘n indikatiewe manier en

maak dit ‘n objektiewe stelling. Ander tye sien dit ‘n aksie meer subjektief, as hipoteties,

kontingent, moontlik, ensovoorts,” (bl. 89).

c. Die waw-voegsel skakel die WERKWOORD aan die aksie van die vorige WERKWOORD(e).

d. IMPERATIEF, wat gebaseer is op die wilskrag van die spreker en die potensiële aksie van die

aanhoorder.

e. In antieke Hebreeus kan slegs die breër konteks die tydsoriëntasie wat die outeur in gedagte gehad

het, bepaal.

B. Die sewe hoof-infleksievorme en hulle basiese betekenisse. In werklikheid werk hierdie vorme saam binne ‘n

gegewe konteks en moenie in isolasie oorweeg word nie.

1. Qal (Kal), die mees basiese vorm van almal. Dit toon eenvoudige aksie of ‘n stand van sake. Daar word

geen oorsaaklikheid of spesifikasie geïmpliseer nie.

2. Niphal, die tweede algemeenste vorm. Dit is gewoonlik PASSIEF, maar hierdie vorm funksioneer ook

wederkerig en refleksief. Ook hier word geen oorsaaklikheid of spesifikasie bedoel nie.

3. Piel, hierdie vorm is aktief en gee uitdrukking aan ‘n aksie wat veroorsaak word met ‘n wesenlike stand

as ‘n gevolg. Die basiese betekenis van die Qal-woordstam word ontwikkel of verleng tot ‘n stand van

sake.

4. Pual, dit is die PASSIEWE teendeel van die Piel. Dit word dikwels uitgedruk deur ‘n deelwoord.

5. Hithpael, die refleksiewe of wederkerige woordstam. Dit gee uitdrukking aan herhalende of deurlopende

aksie van die Piel-woordstam. Die seldsame PASSIEWE vorm word Hothpael genoem.

6. Hiphil, die aktiewe vorm van die oorsaaklike woordstam in teenstelling met Piel. Dit kan ‘n

toestemmende aspek hê, maar verwys gewoonlik na die oorsaak van ‘n gebeurtenis. Ernst Jenni, ‘n Duitse

Hebreeus-taalkundige, glo dat die Piel ‘n stand van sake in wording voorstel, terwyl Hiphil wys hoe dit

gebeur het.

7. Hophal, die PASSIEWE teendeel van die Hiphil. Hierdie laaste twee woordstamme is die raarste van die

sewe woordstamme.

Heelwat van hierdie inligting kom uit An Introduction to Biblical Hebrew Syntax, deur Bruce K. Waltke

en M. O’Connor, bl. 343-452.

Agentskap- en oorsaaklikheidstabel. Een sleutel tot die verstaan van Hebreeuse WERKWOORD-sisteme

is om dit as ‘n pattroon van STEM-verhoudings te sien. Sommige woordstamme is teenstellend tot ander

woordstamme (d.w.s. Qal – Niphal; Piel – Hiphil)

Die tabel hieronder poog om die basiese funksie van die WERKWOORD-stamme met betrekking tot

oorsaaklikheid, visueel voor te stel.

STEM of Onderwerp Geen Sekondêre Agent ‘n Aktiewe Sekondêre

Agent

iii

‘n Passiewe Sekondêre

Agent

AKTIEF Qal Hiphil Piel

MIDDELPASSIEF Niphal Hophal Pual

REFLEKSIEF/

WEDERKERIG

Niphal Hiphil Hithpael

Hierdie tabel is uit die uitstekende bespreking van die SPRAAK-sisteem in die lig van nuwe Akkadiese navorsing

geneem (vgl. Bruce K. Waltke, M. O’Connor, An Introduction to Biblical Hebrew Syntax, bl. 354-359).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!