01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

19:1 OAV, NAV, CUM-MVB “Die Here ry op ‘n vinnige wolk”

CUM-NLV “Hy ry op ‘n vinnige wolk”

NASB “The LORD is riding on a swift cloud”

Hierdie metaforiese taal beskryf JHWH as

1. in beheer van die natuur

2. bestuurder van natuurkragte

3. vinnig as Hy kom

Sien Ps. 18:10; 104:3. Dié frase sinspeel op Messiaanse status in Daniël 7:13 en Matteus 26:64; Markus 14:62. Soos

die geval met baie OT-frases wat JHWH beskryf, kom soortgelyke beskrywings ten opsigte van heidengode, of heersers

van die Ou Nabye Ooste, ook voor 11 . In die Ugaritiese literatuur ry ook Baӓl op die wolke. Namate die verbondsvolk die

uitsprake in oortreffende trap onder die omringende volke teengekom het, het hulle dit op die enigware God van toepassing

gemaak, dié God in Wie hulle vervulling gevind het. Dit geld ook van die “Koning van die konings” en talle ander gewilde

titels van JHWH.

◙ OAV “en kom na Egipte toe”

NAV, CUM-MVB “Hy gaan na Egipte toe”

CUM-NLV “Die Here is op pad na Egipte toe”

NASB “and is about to come to Egypt”

JHWH se teenwoordigheid beteken weer oordeel (vgl. verse 1-15) sowel as verlossing (vgl. verse 16-23). Hierdie

meervoudige betekenis is kenmerkend van Hebreeuse profesie. Dit is ‘n literȇre tegniek wat as “omkering” bekendstaan.

Hiermee word antitetiese parallelisme uitgebrei na groter skrifdele as die twee-reëlige parallismus membrorum 12 .

Antitetiese parallellisme staan in westerse literatuur as “paradoks” bekend.

Egipte sal geoordeel word ten einde rein te word en JHWH te verheerlik in verering (aanbidding). Soos wat Hy na

Juda as Verlosser gekom het, so sal dit met Egipte wees. JHWH se hart verlang na mense wat Hy na sy beeld geskape het

(vgl. Gen. 1:26-27); nie net na ‘n uitverkore nasie soos die geval met Israel nie! Hy het die saad van Abraham (Israel)

bestem vir ‘n groter doel (vgl. Gen. 3:15)!

◙ OAV, NAV, CUMs “Egipte se afgode”

NASB “the idols of Egypt”

Egipte het baie gode gehad (vgl. Eks. 12:12; Num. 33;4). Die land se afgodediens en spiritistiese praktyke word in

vers 3 naderby aangedui.

1. afgode (BDB 47)

2. geeste (van dooies); BDB 31, slegs hier vermeld

3. mediums (BDB 15, “towenaars”, vgl. Deut. 18:11)

4. spiritiste (BDB 396, “towenaars”, “voorvadergeeste”)

Sien die aantekening by 8:19.

Tydens die plae in Egipte word die godendom juis met minagting beskryf ten einde by Israeliete en Egiptenare geloof

in JHWH op te wek (vgl. Eks. 12:38 t.o.v “die gemengde bevolking”). Volgens hierdie vers het sommige daarop aanspraak

gemaak dat hulle die mag het, of ‘n geesgenoot is met dooies, ten einde met hulle te kan kommunikeer (vgl. Lev. 19:31;

20:6,27; Deut. 18:11; 1 Sam. 28:8; 2 Kon 21:6; 2 Kron. 33:6; Jes. 8:19; 19:3). Hulle het toekomsinligting begeer ten einde

beheer daaroor te kry, maar sonder om JHWH te raadpleeg. Dit is veroorsaak deur

1. die sondegevalle natuur van die mens

2. die selfmisleiding van priesters/profete

3. demoniese bedrywigheid

4. die strewe na geestelike oorheersing van ons lewes en van ander

◙ Die laaste twee reëls van vers 1 is ‘n parallelisme

1. die afgode van Egipte is bang vir Hom (NAV; BDB 631, KB 681, Qal-PERFEKTUM, vgl. 6:4; 7:2 [tweekeer];

19:1; 24:20 [tweekeer]; 29:9; 37:22)

2. die Egiptenaars se harte krimp ineen (Cum-MVB; BDB 587, KB 606, Nifal-IMPERFKTUM, vgl. 13:7; Jos. 2:11;

5:1; 7:5 (terminologie uit “heilige oorloë”))

19:2 ‘n Mens wonder of dit met die volgende verband hou

1. die militȇre opmars van die Nubiese regeerders teen die boorling-Egiptenare van die Delta-gebied (Bo-Egipte)

2. die botsings tussen Egiptiese stede, aanhangers van verskillende gode.

Die botsing van stede onderling, hulle weermagte in burgeroorlog betrokke, is voorbeeld van die sogenaamde “heilige

oorlog”(om godsdienstige redes (vgl. Rigt. 7:22; 1 Sam. 14:20; 2 Kron. 20:23).

◙ OAV “En Ek sal…”

NAV, CUM-MVB “Ek, die Here…”

11 Ontlening – vert.

12 Die tweede reël dien as toeligting tot die eerste of staan in teenstelling daarmee – vert.

166

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!