01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die term Sjeol (BDB 982, sien die Vir spesiale Aandag by 5:14) is ‘n parallel met die “kuil” van Eseg. 31:16; ‘n ander

term vir die graf. (vgl Spr 28:17). Dieselfde term kom in vers 19 voor en dien as parallel vir “graf” of “grafkelder (vgl v

18).”

14:16-19 Dit is strofe 4 wat dui op die verbasing van die toeskouers in Sjeol by aanskoue van die dooie liggaam van die

koning van Babilon. Dit stem ooreen met verse 9-11.

14:17 Hierdie vers verwys na die aggressiewe wegvoerpraktyke van Assirië en Babilonië. Kores (Cyrus) het egter die

omgekeerde beleid gevolg in 538 vC. Deur ballinge te laat terugkeer.

14:19 OAV “soos ‘n afskuwelike uitspruitsel”

NAV, CUM-MVB “soos ‘n boomtak wat klaar vrot is”

NASB “a rejected branch”

Dieselfde woord (BDB 666) word in 6:13 in verband met die “stomp wat vir die land oorbly, die gewyde

geslag,”(NAV) gebruik. Ook in 11:1 is dit die stomp uit die geslag van Isai wat ‘n loot voortbring, naamlik die Messias,

die ware Koning. Konings van die Ou Nabye Ooste was egter soos ‘n verwerpte tak.

◙ OAV, NAV, CUM-MVB “soos dooie aas wat vertrap word”

CUM-NLV “soos ‘n lyk wat vertrap word”

NASB “Like a trampled corpse”

Die vernedering van ‘n onbehoorlike begrafnis (moontlik Sargon II) is hier ter sprake. ‘n Koninklilke begrafnis was vir

hom nie beskore nie, inteendeel, die koning was glad nie begrawe nie!

Die term “vertrap” (BDB 100, KB 115 , Hofal DEELWOORD) word ook in vers 25 gebruik (Qal IMPERFEKTUM).

Dit dien as metafoor vir JHWH se oordeel (vgl 63:6, Qal IMPERFEKTUM en 63:18, Polel PERFEKTUM). Die Psalms

gebruik dieselfde woord dikwels as “oorwining”(NAV) behaal word; as die vyand “vertrap” word (OAV ̶ Ps 44:6; 60:12;

108:13). Verder, ‘n ongehoorsame verbondsvolk “vertrap” God se land (vgl Jer 12:10; Polel PERFEKTUM).

14:20 Nie alleen sal die koning geen behoorlike begrafnis hē nie, maar hy sal deur geeneen van sy familie opgevolg word

nie. Hy en sy families al uit die samelewing so verstoot wees dat sy land se mense hom uiteindelik nie sal onthou nie!

14:21 Omrede die vader se sondes, sal die koning se afstammelinge gedood word. Dit herinner aan Eks 20:5. Die koning

en sy afvallige bevolking is nie voorspoedig nie. JHWH wil dat die aarde deur mense bewoon sal word, maar sonder dat dit

vol ongeregtigheid sal wees.

14:22-23 Die afsluiting van die spotlied is prosa. Vir my wil dit voorkom of vers 23 by 13: 21-22 aansluit, wat ‘n metafoor

is om aan algehele ondergang van die nasie en koning en sy stad uitdrukking te gee.

14:22 OAV “kroos en nageslag”

NAV “afstammeling”

CUM-MVB “elke kind en keinkind”

CUM-NLV “kinders en kleinkinders”

NASB “offspring and posterity”

Die twee terme (BDB 630 en 645) verwys na afstammeling.

1. die eerste geslag van kinders

2. en vervolgens, die hele familie van afstammelinge

Die uitdelging van afstammelinge was as ‘n skande en vervloeking beskou (vgl 47:9). Dit mag selfs die bedoeling

wees dat iemand se lewe in die hiernamaals beїnvloed sal word.

14:23 OAV “en Ek sal dit wegvee met ‘n besem van verdelging”

NAV, CUM-MVB “Ek vee Babel met ‘n besem wat verwoes”

CUM-NLV “Met ‘n besem van vernietiging vee Ek die land”

NASB “I will sweep it with the broom of destruction”

JHWH word hier vergelyk met ‘n huisvrou (of kind) baie besig met ‘n besem om huis skoon te maak. Alle afvalgoed

word verwyder. ‘n Pragtige, maar ook eg huislike voorstelling so uniek aan Jesaja.

14:24-27 Die meeste Engelse (en Afrikaanse) vertalings het ‘n paragraafverandering hier. Maar slaan ag daarop dat hier

nie die gebruiklike “uitspraak van” voorkom nie. Dit beteken dat 13:1-14:7 as ‘n eenheid, wat handel oor die ondergang

van Assirië, gesien moet word. Sien ook paragraaf C se opmerkings in dié verband

14:24 Hierdie vers bevestig dat God se wil tot stand sal kom. Sy woord is seker (vgl 46:11;55:8-9; Job 23:13; Ps 33:9; Han

4:28)

◙ OAV “Die HERE van die leerskare het gesweer en gesȇ”

NAV “Die Here die Almagtige het ‘n eed afgelȇ”

142

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!