01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die betekenis van die name kom neer op “wyse heer” (bv. Suen) of “illuminasie” (Nanaa), wat in Ur van die

Chaldeërs aanbid is. Hierdie stad het die naam gekry van “die stad van Nannar”. Die vrugbare paar was op ziggurats (groot

piramiedes met plat toppe binne die stad) aanbid. Die songod (Sjamasj) was die eersgeborene van die paartjie, wat gevolg

is deur Eresjkigal, (die koningin van die onderwȇreld) en Nanna (die koningin van die lugruim).

Die kultus was oral in die Antieke Nabye Ooste versprei, hoewel daar verskeie sentra van aanbidding bestaan het.

1. Ur

2. Haran

3. Tema

4. Kanaӓn

5. Mekka

Hierdie mitologie het op beide die astrale aanbidding en die vrugbaarheidskultus die klem laat val. Die OT verwerp

die aanbidding van hemelligame sowel as die vrugbaarheidskultusse (uit Ugarit se gedigte Ba’al en Asjera; vgl. Deut. 4:19;

17:3; 2 Kon. 21:3,5; 23:5; Jer. 8:2; 19:13; Sef. 1:5). Die Hebreërs was eers nomadies en was versigtig om maanaanbidding

teen te staan. Nomade het snags getrek (in maanlig), maar gevestigde volke wat landbou beoefen het, was sonaanbidders.

Gewoonlik het nomade met verloop van tyd gevestig geraak en dan het die aanbidding van hemelligame oor die algemeen

‘n probleem geword.

3:20 OAV “reukflessies”

NAV, CUM-MVB “reukwater”

CUM-NLV “versierde gordels”

NASB “perfume boxes”

Die term (BDB 108) “flessies/boxes” is eintlik letterlik “wonings.” Die Tyndale OT Commentaries deur J. Alec

Motyer, is van mening dat ‘n “hoë kraag” (vgl. CUM-NLV) bedoel kan word (bl. 38). Daar is soveel fynere besonderhede

in verband met die kulture van die Antieke Nabye Ooste wat vir ons modernes op nagevorsde raaiwerk neerkom, raaiwerk

wat op die eie bekende en konteks berus. Niks van hierdie onbekende, fyn besonderhede is noodsaaklik vir die regte

verstaan van die teologiese kwessies nie. Dit is wel die geval dat die meeste daarvan interessant is, maar die onbekendheid

van sommige maak nie ‘n verskil aan die sentrale waarheid wat in die frase of paragraaf voorkom nie. Moet dus nie op

kleinighede vasval nie.

3:24 OAV, NAV, CUM-MVB “In plaas van ‘n gordel ‘n tou”

CUM-NLV “Hulle sal toue vir gordels dra”

NASB “Instead of a belt, a rope”

Dit wil voorkom of hiermee bedoel word dat gevangenes geboei in ballingskap na Assirië weggevoer word.

◙ OAV “’n. . .brandmerk in plaas van skoonheid”

NAV, CUMs “In die plek van hulle skoonheid. . .die brandmerk van ‘n slaaf”

NASB “and branding instead of beauty”

NRSV, TEV “instead of beauty, shame”

NJB, REB “brand marks instead of beauty”

Pesjitta “for their beauty shall be destroyed”

LXX (uitgelaat)

Die MT het: “brandmerk in plaas van skoonheid.” Die term “brandmerk” word deur BDB 464 voorgestel (aanbrand,

skroei, brandmerk). Die woord “shame” in NRSV en TEV kom in die Masoretiese Teks nie voor nie, maar wel in die

Jesaja-rol van DSS (1 Q Isa).

3:26 Jerusalem (die VROULIK van stad, vgl. NASB, blyk in verse 25 en 26) word voorgestel as treurend oor haar verliese.

Sion is weer in Jes. 61:3 en Sag. 3:4 in feesgewaad geklee, die enigste verse wat van ‘n seldsame term vir feesklere gebruik

maak.

50

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!