01.05.2013 Views

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

Jesaja 1-39 - Free Bible Commentary

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hierdie oordeel kom ooreen met Amos 5:11 en Miga 6:15. Weens die uitbuitery van die gemeenskap sal daar van die

verwagte rykdomme niks kom nie. Uit twyfelagtige maniere van wins maak, sal geen rykdom tot stand kom nie. ‘n Mens

maai wat jy saai (vgl. 3:10,11)!

5:10 OAV “Want tien morg wingerd”

NAV, CUM-MVB “’n wingerd waaraan tien dae geploeg word”

CUM-NLV “’n wingerd van tien akker”

NASB “for ten acres of vineyard”

Die woord “akker” is ‘n hedendaagse begrip vir wat, as dit letterlik vertaal moet word, soveel grond is wat “‘n span

van twee” of ‘n “paar” diere onder die “juk” op een dag kan ploeg (vgl. NAV, BDB 855, 1 Sam. 14:14).

◙ OAV “sal een enkele bat oplewer”

NAV, CUM-MVB “sal net een mandjie druiwe oplewer”

CUM-NLV “sal net 21 liter wyn lewer”

NASB “will yield only one bath of wine”

Hierdie Hebreeuse term “bat” (BDB 144 II) is ‘n vloeistofmaat van omtrent 8-10 gallon (vgl. CUM-NLV). Dit dien in

hierdie konteks as ‘n metafoor vir die onvrugbaarheid wat daar sal rus op grond wat onregmatiglik verkry is.

VIR SPESIALE AANDAG: OU MIDDE-OOSTERSE GEWIGS- EN INHOUDSMATE

In die landboubestaanswyse van die ou Midde-Ooste was die mate en gewig van dinge van allergrootste belang. Die

Bybel vermaan die Joodse gemeenskap om in handelsbetrekkinge billik teenoor mekaar op te tree (Lev. 19:35-36; Deut.

25:13-16; Spr. 11:1; 16:11; 20:1). Die probleem was nie net eerlikheid nie, maar ook die ongestandaardiseerde staat van

terme en sisteme in Palestina. Dit lyk of daar twee stelle gewigte was; ‘n ‘lig’ en ‘n ‘swaar’ van elke hoeveelheid (vgl. The

Interpreter’s Dictionary of the Bible, vol. 4, bl. 831). Verder is die desimale stelsel uit Egipte (basis van 10) by die

seksagesimale stelsel (basis van 6) van Mesopotamië ingewerk.

Baie ‘grootte-mate’ en ‘bedrae’ was op menslike liggaamsdele of wat ‘n pakdier kan dra of ‘n boer se houervolume

gebaseer, waarvan niks gestandaardiseer was nie. As sodanig is die tabelle slegs beramings en dus tentatief. Die maklikste

manier om skale en mates met mekaar te vergelyk is op ‘n verhoudingstabel.

I. Volumes wat meesal in gebruik was 4

A. droë volumes

1. Homer/gomer (OAV), Kilogram (NAV); moontlik ‘n pakdonkie-vrag, BDB 331, Lev. 27:16; Hosea 3:2

2. Letek, “anderhalf homer/gomer” (OAV); 100 kilogram (NAV), BDB 547; Hosea 3:2

3. Efa, (BDB 35), Eks. 16:36; Lev. 19:36; Eseg. 45:10-11,13,24

4. Se’ah (BDB 684), drie mate meel (NAV), Gen. 18:6; 1 Sam. 25:18; 1 Kon. 18:32

5. Omer (BDB 771), gerf , moontlik ‘n ry van gesnyde gerwe, Eks. 16:16,22,36; Lev. 23:10-15

6. ‘Issaron (BDB 798), “’n tiende deel”, bv. Eks. 29:40; Lev. 14:21

7. Qav/qab (BDB 866), 2 Kon. 6:25

B. Vloeibare inhoudsmate

1. Kor., (BDB 499), 1 Kon. 5:2,25; Eseg. 45:14

2. Bat (BDB 330), 2 Kron. 2:10; Eseg. 45:10-11,14

3. Hin (BDB 228), Eks. 29:40; Lev. 19:36; Eseg. 45:24

4. Log (BDB 528), Lev. 14:10,12,15,21,24

C. Tabel (uit Roland de Vaux, Ancient Israel, vol. I, bl. 201 en Encyclopedia Judaica, vol. 16, bl. 379)

homer (droog) = kor (vloeistof) 1

efa (droog) = bat (vloeistof) 10 1

se’ah (droog) 30 3 1

hin (vloeistof) 60 6 2 1

‘omer/issarion (droog) 100 10 - - 1

Qav/qab (droog) 180 18 6 3 - 1

Log (vloeistof) 720 72 24 12 - 4 1

II. Mees algemene massaterme

A. Die drie algemeenste massaterme is talent, sikkel en die gerah.

1. Die grootste gewig in die OT is die talent. Uit Eks. 38:25-26 weet ons dat ‘n talent gelyk is aan 3000 sikkels;

(d.w.s. ‘afgerond tot’, BDB 503);

2. Die term sikkel (BDB 1053, ‘gewig/massa’) kom so dikwels voor dat dit veronderstel word en uit die teks

weggelaat word. ‘n Hele aantal waardes word aan die sikkel gekoppel:

a. “handelstandaard” (NAV van Gen. 23:16)

b. “die sikkel van die heiligdom” (NAV van Eks. 30:13)

4 Benaminge in Nederlands en Afrikaans volgens transkripsie van R. de Vaux/Luc Grollenberg, vol. I, bl. 352 – vert.

61

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!