07.05.2013 Views

Verslag - NG Kerk in Oos-Kaapland

Verslag - NG Kerk in Oos-Kaapland

Verslag - NG Kerk in Oos-Kaapland

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

n Duidelike aanduiding dat die etiese aspek van heiligheid nie bloot n ekstra tot die kultiese aspek daarvan

was nie, blyk uit die sinspelings op die Tien Gebooie in Lev 19. Bo en behalwe die feit dat vers 36b die

aanhef van die Tien Gebooie oproep, bevat dié hoofstuk parallelle met die meeste van die Gebooie: vers 4

met die Eerste en Tweede Gebooie, vers 12 met die Derde Gebod, vers 3 met die Vierde en Vyfde Gebooie,

vers 16 met die Sesde Gebod, vers 11 met die Agste Gebod en verse 11 en 16 met die Negende Gebod.

Kaiser (1994:1131) noem Lev 19 n praktiese illustrasie van die Tien Gebooie. In die lig hiervan sou dit

ondeurdag wees om al die prohibisies in Lev 18 en 20, hoofstukke waarmee Lev 19 in n noue verband 9

staan, sonder meer as kulties af te maak. Dit is waarskynlik dat, soos in die geval van Lev 19, prohibisies

wat eties van aard is, naas die prohibisies wat met die kultiese sfeer te doen het, voorkom.

Tradisioneel is die hantering van die prohibisies in Lev 19 deur die Nuwe Testament as maatstaf vir die

geldigheid daarvan vir die Christen gebruik. Vir Christene is sekere kosse nie meer onrein (Lev 19:7-8) nie.

Aan die ander kant word die prohibisie teen betrokkenheid by waarsêery (Lev 19:31) gehandhaaf. Alhoewel

die prohibisies teen homoseksuele verkeer tussen mans in Lev 18:22 en 20:13 nie direk in die Nuwe

Testament aangehaal word nie, word deur die gebruik van die term arsenekoitai in 1 Kor 6:9-10 en 1 Tim

1:10 oënskynlik op dié prohibisies gesinspeel. Die term arsenekoitai is na alle waarskynlikheid geskep uit die

Griekse ekwivalente vir die Hebreeuse terme mi kãb (bed) en zãkãr (man), terme wat in Lev 18:22 en 20:13

voorkom.

Die prohibisies in Lev 18:22 en 20:13 word, anders as die ander prohibisies in die betrokke hoofstukke,

spesifiek as tô c ãbôt getipeer. Sou daarvan afgelei kan word dat hulle seremonieël is? Indien die term tô c ãbâ

hier n aanduiding sou wees dat die betrokke prohibisies seremonieel is, is dit vreemd dat dit, buiten in

hoofstukke 18 en 20, nie elders in die boek Levitikus met sy vele kultiese maatreëls gebruik word nie. Dit dui

daarop dat die term tô c ãbâ in Lev 18 en 20 nie eensydig met die kultiese sfeer verbind moet word nie. In Lev

19:2b word die imperatief wat aan die Israel gerig is om heilig te wees, begrond deur die Here se verklaring

dat Hy heilig is. Die toepaslike reaksie van Israel op die Here se heiligheid, is dat hulle self heilig sal wees

(Milgrom 2003:750). Seksuele praktyke is ook onderworpe aan die oproep tot n heilige lewe. In die lig

daarvan dat Christene ook opgeroep word tot n heilige lewe (1 Pet. 1:15-16), kan die prohibisies teen

homoseksuele verkeer tussen mans in Lev 19:22 en 20:13 dus nie eenvoudig as reinheidswette afgemaak

word nie.

Inderdaad word reinheidswette in Lev 18 en 20 aangetref. In Lev 18:20 word seksuele omgang met n vrou

wat menstrueer, verbied aangesien sy dan onrein is. Impliseer dit dat die verbod op seksuele verkeer van n

man met n ander man twee verse later ook n reinheidswet is wat nie op die Nuwe-Testamentiese gelowige

van toepassing is nie? Klaarblyklik nie. Agt van die sestien handelinge wat in Lev 18:7-23 verbied word,

onder andere die verbod teen homoseksuele omgang, word ook in Mesopotamiese regtekste as oortredings

beskou. In dié gevalle gaan dit dus oor kwessies wat oënskynlik in di e gewone regspraak hanteer sou word

(Wagner 2005:328).

Alhoewel Lev 18:22 en 20:13 nie spesifiek in die Nuwe Testament aangehaal word nie, dui die gebruik van

die term arsenekoitai in 1 Kor 6:9-10 en 1 Tim 1:10 daarop dat dié prohibisies die agtergrond gevorm het van

die spreke oor dieselfde geslagsomgang in die betrokke Nuwe Testamentiese tekste. Jesus spreek Hom

telkens uit teenoor owerspelige gedrag. Vir die owersp elige vrou wat die skrifgeleerdes wou stenig, sê Hy: ..

moet van nou af nie meer sonde doen nie (Joh 8:11). Op grond van die feit dat die verbod teen owerspel,

ook met die doodstraf as voorgeskrewe strafmaatreël, soos die verbod teen homoseksuele omgang in Lev

20 voorkom, sou geargumenteer kon word dat Jesus op dieselfde wyse sou optree indien die skrifgeleerdes

n man wat homoseksueel verkeer het, na Hom gebring het (Vgl Seitz 2000:186)

h. Lev 18:22 en 20:13 sou burgerlike wette wees wat nie op die Nuwe Testamentiese gelowige van

toepassing sou wees nie

Soos in die vorige paragraaf vermeld, word agt van die sestien handelinge wat in Lev 18:7-23 verbied word,

ondere andere die verbod teen homoseksuele omgang, ook in Mesopotamiese regtekste as oortredings

beskou. In dié gevalle gaan dit dus oor kwessies wat oënskynlik in die gewone regspraak hanteer sou word.

Daarbenewens is vroeër aangetoon dat die prohibisies in Lev 18:6-23 en 20:10-21 die karakter van

familiewette het. In die lig daarvan sou geargumenteer kon word dat die uitsprake oor homoseksuele

verkeer soos Ou-Testamentiese sieninge oor posisie van die vrou en slawerny beoordeel moet word.

9 In hierdie hoofstukke is die aangesprokenes, anders as in hoofstukke 17 en 21, Israel en nie Aäron en sy seuns nie. Kenmerkend aan

Lev. 18-20 is die herhaalde voorkoms van die selfbekendstellingsformule (Ek is die Here (julle God) ). Van die 45 gevalle waar dié

formule in Lev. 17-27 voorkom, is 21 in hoofstukke 18, 19 en 20.

ÔËÓ

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!