You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Evaluering van die keuse-teen-God argument: Die argument oortuig nie, vir ten minste drie redes:

Eerstens, na Paulus se oordeel, gevorm deur sy Ou-Testamentiese erfenis, moet homoseksuele gedrag as

sodanig verwerp word. Dit erken selfs die pro-gay skrywer Nissinen 111: In line with Jewish teaching, Paul

labeled homoerotic behavior as a whole as debauchery... ). Dit is as sodanig n verwerping van hoe God die

skepping bedoel het om te wees. Paulus het hier sekerlik alle homoseksuele gedrag wat aan hom bekend

was, in gedagte. Dit is wel so dat ons nêrens n skriftelike lys het van die vorme van homoseksuele gedrag

wat Paulus geken het en wat hy nie geken het nie maar gegee die feit alle vorme van homoseksualiteit

van pederastie tot vaste verhoudings (sien par 4.2.3 hierbo) voorgekom het in dat die Grieks-Romeinse

omgewing waarbinne hy gewerk het, en die feit dat die Hellenistiese kultuur besonder permissief oor homoseksuele

gedrag was, is dit logies om te aanvaar dat Paulus daarmee vertroud was. Tog maak Paulus hier

geen uitsondering ten opsigte van vaste homoseksuele verhoudings nie.

Tweedens, die rede waarom homoseksuele gedrag deur Paulus afgekeur word, is nie net omdat dit as daad

van opstand teen God gedoen word nie. Met ander woorde, ons kan nie sê dat homoseksuele praktyke in

orde is solank diegene wat dit doen, dit net nie doen as 'n daad van rebellie teen God nie - net so min soos

ons sou kon sê "ongeregtigheid, slegtheid, hebsug en gemeenheid" (Rom 1:29) is in orde solank diegene

wat dit doen, dit nie doen as 'n daad van rebellie teen God nie. Sekere gedrag is verkeerd, nie net omdat dit

met die verkeerde intensie of gesindheid gedoen is nie die gedrag is verkeerd omdat dit teen God se

gebooie is. Hebsug en gemeenheid as sodanig is verkeerd. Net so, meen Paulus, is homoseksuele gedrag

as sodanig verkeerd.

Derdens moet ons in gedagte hou wat opstand teen God behels. Paulus definieer dit in Rom 1:21 as mense

wat, al weet hulle van God... Hom nie as God eer en dank nie . Verwerping en opstand teen die Here

manifesteer nie net in n openlike keuse téén God nie. Dit kan subtiel en geraffineerd wees. Dit kan ook die

vorm aanneem van n vroom, Christelike lewe, wat God in baie opsigte behaag behalwe in een enkele

opsig waarop God juis aanspraak maak, soos die seksuele lewe.

Ons kan dus nie n ander gevolgtrekking maak nie as dat Paulus hier homoseksuele gedrag as sodanig

afgewys het.

b) Argument twee: Paulus neem hier n stuk tradisionele etiek uit die Hellenistiese Jodedom oor

Hierdie materiaal is nie spesifiek Christelik is nie, word geargumenteer. Furnish (1994:28) formuleer dit so:

There is nothing distinctively Pauline, or even Christian, about that remark. Philo himself could have written it

- and so could any number of pagan moralists, given just a few changes.

Evaluering van die tradisionele etiek-argument

Sien die afwysing van dié argument hierbo by 1 Kor 6 en 1 Tim 1. Furnish gaan uit van n standpunt dat

Paulus se etiek beperk was tot die liefdesgebod, en nie (byvoorbeeld) ook deur die etiese voorskrifte van die

Joodse wet nie. Dié standpunt wat eerder sy oorsprong in n ekstreme Lutherse interpretasie as die Bybel

self het word deur n groeiende konsensus geleerdes verwerp 35 .

c) Argument drie: Paulus se beroep op "die natuur" (fusis) kan nie n altyd-geldige argument wees

nie

Paulus se veroordeling van dieselfde geslag-seks in Rom 1:26-27 is gegrond daarop dat dit teen die natuur

is. Hier word n ongeldige oproep op die natuur gemaak: dit aanvaar dat alles wat is, so moet bly. Die

heersende sosiale kode word hier tot norm gemaak. In 1 Kor 11:14-15 beroep Paulus hom ook op die

natuur en hy gebruik dieselfde woord as in Rom 1:26, naamlik fusis. Of leer die natuur (fusis) julle nie self

dat dit vir die man tot oneer sterk om lang hare te dra, maar vir die vrou eerbaar is om lang hare te dra nie?

Paulus se argument in 1 Kor 11 is dat die natuur ons leer dat mans kort hare moet hê n natuurwet wat

bitter min Christene vandag as geldig vir alle kulture en tye beskou. Dieselfde behoort die geval te wees met

dieselfde geslag-seks: n mens kan verstaan dat dit vir Paulus teen die natuur , dit wil sê, teen die algemene

opvatting was maar so n volgens die natuur -argument kan tog nie op Christene vandag van toepassing

wees nie. Die GKN-Verslag oor Homofilie 1982 waarsku teen n teologie die het normale tot norm maakt,

kan gemakkelijk leiden tot superioriteitswaan bij de meerderheid die uitmaakt wat normaal is en vervolgens

tot verdrukking van de als abnormaal beschouwde minderheden (1982:19).

Evaluering van die van nature -argument:

Dit is waar: die sosiale konvensie van die dag kan nie die grondslag van n Christelike besluit wees nie. In 1

Kor 11:14 gebruik Paulus dit wel so: Die algemene opvatting (fusis) is tog dat dit vir n man nie eerbaar is

om lang hare te dra nie... Dit is hier duidelik dat Paulus met fusis hier in 1 Korintiërs gewoon verwys na n

kulturele gebruik, wat nie vir alle tye en kulture gegeld het nie. (Dit was selfs vir Paulus se lesers duidelik,

want dit was in die Grieks-Romeinse sfeer die gebruik dat mans se hare kort geskeer was, maar nie in Israel

35 Hays (1996:5 en die hele hoofstuk 10).

ÔÁÍ