07.05.2013 Views

Verslag - NG Kerk in Oos-Kaapland

Verslag - NG Kerk in Oos-Kaapland

Verslag - NG Kerk in Oos-Kaapland

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

nie n groot en n ernstige saak vir die Bybelskrywers was nie en tweedens dat as ons die enkele uitsprake

lees teen die groot Bybelse boodskap dat God vir die sondige en swakke mense omgee en dat die

By die lees van die Bybel is

belangrik, nie net dit wat daar

geskryf staan nie, maar ook dit

wat nie geskryf staan nie, maar

wat die skrywer en lesers as

vanselfsprekend aanvaar het.

Daarom is dit belangrik om dit

wat die Bybel oor homoseksuele

gedrag sê, te lees teen die

agtergrond daarvan dat vir die

Bybelse skrywers en eerste

lesers die heteroseksuele

huwelik die norm was.

gelowiges vir mekaar moet omgee, dat homoseksuele gedrag nie n

belangrike saak vir die Bybel was nie, en dus moet die reg of

verkeerd daarvan ook nie vir ons n groot en belangrike saak wees

nie. Wat ons eintlik behoort te doen, is om eerder te kies vir die

saak van die liefde en in die lig daarvan kan ons dan nie anders nie

as om te sê dat ons eerder die homoseksuele persone so moet

aanvaar soos hulle hulleself uitleef en nie enige liefdelose

voorskrifte, gebaseer op enkele tekste, moet gee nie.

So n argument verloor egter uit die oog hoe n mens die etiese

boodskap van n dokument of bundel dokumente (soos Bybel) lees.

In die lees van die bundel dokumente, moet ons nie net lees wat

daar geskryf staan nie, maar ook wat nie daar staan nie, maar wat

tussen skrywers en eerste lesers as vanselfsprekend aanvaar is.

Dit is veral die insigte van die kennissosiologie wat duidelik gemaak

het dat by die lees van antieke dokumente dit noodsaaklik is om die gedeelde wêreldbeeld van die skrywers

en eerste lesers in ag te neem. Wat is die simboliese wêreldbeeld 39 wat hulle gedeel het? Wat is die

uitgangspunte, lewens- en wêreldbeskouinge wat vir antieke skrywers en hulle eerste lesers vanselfsprekend

was?

As n mens dit in gedagte hou, is dit duidelik dat vir die Bybelskrywers en eerste lesers dit vanselfsprekend

was dat seksuele verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag verkeerd was. God het man en vrou

gemaak om bymekaar te pas. Van ander verbintenisse het die mense van die Bybel wel geweet, maar dit

was vir hulle duidelik dat dit verkeerd was. Die latere Bybelskrywers het Genesis net op een manier

verstaan: dat dit God se wil was dat man en vrou n seksuele verbintenis sou hê net so ook die hele buite-

Bybelse Joodse tradisie. Dit was vir die Bybelskrywers en eerste lesers n vanselfsprekende uitleg van Gen

1-3. Dit was die gedeelde wêreldbeeld waarbinne die kommunikasie tussen Bybelskrywers en eerste lesers

plaasgevind het. Juis omdat dit vir beide Bybelskrywers en eerste lesers so vanselfsprekend was, vind ons

geen debat daaroor in die Bybel nie, ook nie eens in die Joodse rabbynse literatuur nie, wat wel n ruim plek

vir alternatiewe opinies gegee het nie. Dit was so vanselfsprekend dat dieselfde geslag seksuele

verhoudings deur die Bybelse tradisie afgekeur word, dat dit nie in die Bybel bevraagteken word, en dus nie

eens beredeneer word nie. Dit word gewoon aanvaar as n aanvaarde standpunt.

Die feit dat daar relatief min tekste oor homoseksuele gedrag in Bybel geskryf word, is dus nie n aanduiding

dat die Bybel hieroor onseker was nie. Juis die teenoorgestelde: omdat dit deel was van n gedeelde

wêreldbeeld van beide skrywers en lesers, omdat dit iets was waaroor daar eenstemmigheid was, was dit

nie nodig om baie hieroor te skryf nie.

Dit alles dui daarop dat dit verkeerd is om te meen dat standpunt van Bybelskrywers slegs op die

sogenaamde ses homoseksualiteit-tekste gegrond word. Die ses tekste is eerder enkele plekke waar die

tradisie eksplisiet verwoord word maar hulle verteenwoordig n hele Bybelse (en nie-Bybelse Joodse)

tradisie wat seksuele verhoudings van dieselfde geslag eenstemmig afgewys het. As n mens dus van die

gang van die Bybel praat, is die duidelik dat dieselfde geslag seksuele verhoudings deurgaans afgewys

word, en dat die Bybelse norm is dat man en vrou met mekaar n permanente verhouding tree, wat ook

seksueel van aard is.

4.2.4. Gevolgtrekking

Dit is moeilik om enige ander gevolgtrekking te maak dat die Bybelse tekste vir hulle eerste lesers gesê het

dat die beoefening van homoseksuele dade verkeerd is. Die soms vindingryke verduidelikings waarom

verskillende Bybelgedeeltes negatief oor homoseksuele dade oordeel tempelprostitusie, pederastie

ensovoorts oortuig nie regtig nie. n Mens kan moeilik iets anders sê as dat dit "verleentheidsoplossings"

en inleeskunde is.

39 Berger (1973:30) noem dit n sacred cosmos of n sacred canopy .

Ó Ô

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!