07.05.2013 Views

Verslag - NG Kerk in Oos-Kaapland

Verslag - NG Kerk in Oos-Kaapland

Verslag - NG Kerk in Oos-Kaapland

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

oorleweringe. Ons kan egter nie agter die beriggewing van die teks gaan terugvra na die ware

gebeurtenis nie, aangesien ons nie daartoe toegang het nie en dus nie oor daardie inligting beskik nie. Ons

kan natuurlik probeer en dit word dan ook deur die histories-kritiese ontledings gedoen en met insette

van die groeiende kennis van die antieke wêreld. Maar, soos in hierdie geval, is dit onwaarskynlik dat ons

vanuit hierdie beskrywing n natuurwetenskaplike gevolgtrekking kan maak.

4.8 Dit is egter interessant dat mense van ons tyd somtyds (dalk amper sonder uitsondering) sonder enige

kritiese ingesteldheid hierdie gedeelte sal lees en dit letterlik net so aanvaar. Predikante sal byvoorbeeld in

n preek kritiekloos die Bybelse gegewens gebruik en daarmee hierdie letterlike persepsie en interpretasie

bevestig.

4.9 Maar, by baie van ons mense skep so n hantering van die Bybel probleme. Nie omdat hulle

ongelowig is, of krities, of moedswillig nie. Ons wetenskaplike ingesteldheid en bewussyn vra egter om

n verklaring. n Letterlike verstaan van die gegewens soos dit daar staan is doodeenvoudig nie

logies aanvaarbaar nie. Nie omdat God onmagtig is nie, maar juis uit respek vir die wetmatighede

wat God self (so glo ons tog) geskep het.

Tog, in n geval soos hierdie kan ons ook nie n bevredigende wetenskaplike verklaring gee nie, omdat die

teks hom nie daartoe leen nie. Wat ons wel kan doen, is om dit te her-interpreteer vanuit n geloofsvisie op

hierdie bepaalde situasie, soos wat dit ervaar en beskryf is. Met ander woorde, dit maak nie die teologiese

strekking van hierdie gedeelte as gevolg daarvan onwaar of onbruikbaar nie. Ook moet ons hierdie

beskrewe ervaring nie simbolies probeer interpreteer nie. Ons moet die ervaring wat die Bybel beskryf

ernstig opneem. Die teks moet gerespekteer word. In ons beoordeling en toepassing van Josua 10 sal

ons vandag egter nie op n parallelle wyse op presies soortgelyke kosmiese tekens wil staatmaak vir n

bepaalde militêre oorwinning nie. Dit neem egter niks weg van die feit dat ons God se betrokkenheid by ons

wel en weë kan sien en ons daaroor kan verwonder nie.

5. N INGEWIKKELDE PROSES?

5.1 Sommige sal nou wil sê, maar hoe verduidelik n mens hierdie ingewikkelde proses, om die Bybel te

vertolk, aan lidmate? Dit is tog n vermoeiende kognitiewe oefening. Of (sal sommige vra), is die Bybel dan

nie n eenvoudige boek, geskrywe vir kinders om te kan verstaan nie? Wat dan van die ou gereformeerde

stelling oor die klaarheid (helderheid/verstaanbaarheid) en genoegsaamheid van die Skrif?

5.2 Op hierdie vrae moet natuurlik eerlik geantwoord word dat die Bybel wél n moeilike boek is om te

verstaan. Dit was nooit bedoel om vir kinders geskryf te wees nie. Daarteenoor is die goeie boodskap van

Jesus se lewe (en tot n groot mate, sy leringe) makliker verstaanbaar. In die eenvoud en duidelikheid van

die verlossingswerk van Jesus Christus lê die klaarheid en genoegsaamheid van die Bybelboodskap

opgesluit. Maar, die Bybel self (in sy geheel) is n komplekse boek. Baie gedeeltes is heel eenvoudig

verstaanbaar - juis geskryf in n verhalende vorm, sodat dit deur middel van illustrasies duidelik

verstaanbaar sal wees (vergelyk sommige van die gelykenisse van Jesus). Baie gedeeltes is egter nie

maklik om te verstaan nie.

5.3 Ook hou die protes téén n gekompliseerde hermeneutiese proses glad nie water wanneer mens in ag

neem hoedat ons dit al jare lank wel ten opsigte van iets soos byvoorbeeld die ontwikkeling van die Sondag

as die dag van die Here in plaas van die Sabbat, doen nie. Al vir jare lees ons sonder enige kommentaar

die Sabbatsgebod uit Exodus 20 of Deuteronomium 5 aan die gemeente op Sondag voor en aanvaar

sonder meer, of laat die suggestie in die gemeentelede se midde, dat hierdie lesing nou van toepassing is

op die Sondag van vandag. Indien n mens dit egter wil verduidelik verg dit werklik n komplekse teologiese

verklaring wat glad nie direk en duidelik in die Bybel self af te lees is nie.

5.4 Indien ons dus gevra sou word om dit te verduidelik, sou ons dit natuurlik aan die hand van n teologieshermeneutiese

proses doen. Ons sal verduidelik dat die Sondag die eerste dag van die week is en dat dit

waarskynlik terug herlei kan word na die viering van die opstanding van Jesus op die eerste dag van die

week. En so sal die argument verder gevoer word met die komplikasies wat dit het vir Christene. Besef ons

egter hoe gekompliseerd hierdie verduideliking is? Besef ons dat mense dan sou kon vra, maar hoekom

dan nou hierdie lang en ingewikkelde verduideliking net om vir ons te sê dat die Sabbats-gebod nie meer

so geldig is soos wat dit in die Ou Testamentiese tyd was nie (of nog steeds vir die godsdienstige Jode

vandag), terwyl ons geen sodanige verduidelikings gee vir die ander gebooie nie, soos byvoorbeeld die

belofte van n lang lewe indien mens jou ouers respekteer? Glo ons werklik dat ons n langer lewe sal hê

indien ons ons ouers respekteer (eer)?

5.5 Met ander woorde, ons is al van lankal af (tereg) besig om met baie ingewikkelde denkprosesse ons

lidmate te probeer help met hermeneutiek ten opsigte van baie gedeeltes en gedagtes en uitsprake in die

Bybel. Talle ander voorbeelde is moontlik, soos die dra van die hoed (hoofbedekking) van n vrou in die

erediens, die vrou in die amp, slawerny, ens. Wanneer hier dan nou om n verdere konsekwente hantering

van die hermeneutiese proses gevra word, mag ons nie vir die kompleksiteite daarvan wegskram nie.

ÓÓ

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!