25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p84

is bekommerd oor Suid-Afrika se “kleiner wordende pastei”. As gevolg van die land se

“deïndustrialisering” sluit fabrieke en verval die vervoerstelsel. “Ons ekonomie kwyn en

almal baklei oor snye van die kleiner wordende pastei. Ons is op pad na moeilikheid”

(aangehaal in Retief 2011:elektroniese bron).

In die opvolgonderhoude kom die kwessie van die agteruitgang van dienslewering in

Suid-Afrika ook keer op keer na vore. In hierdie verband is Welkom ook nie uitgesluit

nie. Elsa [9-046] vat dit goed raak as sy sê wit mense was gewoond aan ʼn

sisteem wat die grootste gedeelte van die geld op die blanke

mense gespandeer het. Dit is dus te verstane dat nie alle dienste onveranderd kan

aangaan soos in die verlede nie. Die omvang van die agteruitgang is egter van so ʼn

aard dat dit op geen manier geïgnoreer kan word nie. Twee plaaslike voorbeeld word

hieronder bespreek.

Frans [9-668] verwys na die agteruitgang van Welkom se rioolwerke waarby hy self

betrokke was toe hy nog aktief in die politiek was. In ʼn koerantberig hieroor skryf

Phillips (2009b:elektroniese bron): “[a]gt voormalige munisipale bestuurders en

waarnemende munisipale bestuurders van die Matjhabeng-munisipaliteit het gister in

die hof op Welkom verskyn op aanklagte van die oortreding van die Waterwet... die

rioolaanleg by Odendaalsrus werk al bykans twee jaar glad nie, Witpan in Welkom

staan al ’n jaar lank stil en riool loop al langer as ’n jaar by Virginia in die Sandrivier in.”

ʼn Jaar later skryf dieselfde joernalis (Phillips 2010:elektroniese bron) dat die

rioolprobleem “besig om sulke ernstige afmetings aan te neem dat dit mense se lewens

kan eis... [v]andeesweek het rou riool uit minstens drie mangate in Powerweg in die

nywerheidsgebied van Welkom geborrel...” en dit ondanks ʼn “hangende hofsaak” teen

die munisipaliteit. Dit is dus te verstane dat hierdie tipe saak dikwels met ontsteltenis in

die onderhoude te berde gebring is.

As die klagtes oor swak dienslewering gelei het tot verbeterde diens, sou inwoners dalk

minder ongelukkig gewees het daaroor, maar dit gebeur dikwels nie. In opvolg van die

twee genoemde berigte, skryf die plaaslike gemeenskapskoerant Vista (2012a:1) op 31

Mei 2012 die volgende: “Welkom se rioolprobleme, wat reeds in die hof gedraai het, het

nou so handuit geruk dat dit ernstige gesondheidsprobleme vir inwoners inhou. Die

Demokratiese Alliansie (DA) 13 oorweeg dit sterk om ʼn verdere strafregtelike klag teen

13 Die Demokratiese Alliansie is die amptelike opposisieparty in die Parlement.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!