25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p158

godsdiens, hulle land en hulle manier van leef was genoeg om hulle blind te maak vir

die onderliggende ontevredenheid van swart mense wat gemaak het dat hulle hulp van

enigeen gesoek het, selfs van die kommuniste. Wit Suid-Afrikaners was so behep met

die bevegting van kommunisme dat hulle die legitieme besware van

swartmense... teen die stelsel... van die tafel afgevee [Albert

4-592] het. Toe Treurnicht (1985:5) die beleid van apartheid teen die Nasionale

Instituut vir Versoening verdedig het, het hy sy hele verdediging gebaseer op die

bedreiging van kommunisme. Vir die geregverdigde besware en behoeftes van swart

mense het hy geen begrip getoon nie.

Tydens die Rivonia-verhoor sê Nelson Mandela (1964) “At the outset, I

want to say that the suggestion made by the State in its opening that the

struggle in South Africa is under the influence of foreigners or

communists is wholly incorrect… It is true that there has often been

close co-operation between the ANC and the Communist Party. But cooperation

is merely proof of a common goal – in this case the removal of

white supremacy…”

Hy motiveer hierdie standpunt van hom later as hy verwys na lande

soos Maleisië, Algerië en Indonesië wat elkeen ook ʼn bevrydingstryd

gehad het waarin die kommuniste ʼn rol gespeel het, sonder dat die

lande uiteindelik kommunisties geword het. Hy verwys ook na die

Sjinese generaal Chiang Kai-Sjek “today one of the bitterest enemies of

communism” wat saam met die kommuniste geveg het teen die

heersersklas in ʼn stryd wat gelei het tot die verkryging van mag in die

1930’s.

Die presiese omvang van die kommunistiese bedreiging en die invloed van Moskou op

die swart weerstand teen apartheid val buite die omvang van hierdie studie. Wat wel uit

die gesprekke met die mede-navorsers en uit die algemene literatuur vasgestel kan

word, is dat wit mense oortuig was van hierdie bedreiging en geglo het dat dit die rede

vir swart mense se verset teen apartheid was.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!