25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p219

verdedig het as apartheid [Johan 6-208].

Hierbo is reeds aangetoon dat dit steeds Johan se standpunt in 2012 is. Hy sê reguit:

Ek sal nooit erken en daarom nooit bely dat afsonderlike

ontwikkeling ʼn sonde was nie en daarom het ek nie skuld nie

[Johan 17-114].

Mike [2-568] sluit by hierdie eensydige en oppervlakkige siening aan as hy praat oor

die kwessie van skuld: Ek voel nie skuldig as ʼn rassis nie, want ek

het hulle nooit gehaat of benadeel nie. Maar ek was deel van die

apartheidstorie, maar dit is nie vir my rassisme nie. Later, in ʼn

gesprek oor die NG Kerk se skuldbelydenis, reageer hy op ʼn soortgelyke wyse en

fokus bloot op die misdaad aspek: Mense wat skuldig was aan een of ander

misdryf, wat ek met hom saamstem, as ek nie aan ʼn misdryf

skuldig was nie was ek dalk skuldig as ek deel was van ʼn

sisteem, en sorry as daai sisteem nou nie reg was vir ander

mense nie, dan is ek ook jammer [Mike 6-520]. In die opvolgnavorsing was dit

ook die verste wat Mike wou gaan: as iemand persoonlik iets sleg aan ʼn ander gedoen

het, kon hy skuldig voel en skuld bely, anders nie.

Linda praat nie oor skuld in die eerste gesprekke nie. Die naaste wat sy daaraan kom,

is om te sê dat ons van ons posisies moet vergeet en mekaar as gewone mense

moet sien [Linda 7-499]. In 2012 is haar standpunt soortgelyk as sy sê: Kom ek sê

vir jou, jy kan bely... Maar waarna kyk die jong mense elke dag?

Hulle kyk na wat ons doen [Linda 13-348]. As ek aar later uitvra oor

versoening, antwoord sy: Ek dink ons moet ophou versoen. Ek dink ons

moet begin om lig te wees [Linda 13-439].

Dit is duidelik dat daar by die meerderheid mede-navorsers nie ʼn dringende behoefte

aan skulderkenning of belydenis is nie. Slegs enkeles verwys direk na skuldbelydenis.

4.4.4 Belydenis

Dit was opvallend dat daar in die groep slegs twee mede-navorsers was wat na God

verwys het in die gesprek oor skuld. Frans [5-378] sê:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!