25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p281

het hierdie selfde tema aangeraak as sy vertel van haar vriendin wat met haar praat

oor Mandela:

Hy het in versoening uitgereik na wittes, hy het uit sy pad gegaan om te

vergewe – en wat kry hy? Mense aanvaar slegs hóm, sien slegs na

hóm op, terwyl sy mense verontagsaam word. Mandela wil vir die

wêreld dit benadruk dat hy nie ʼn uitsondering is nie: Ek is deel van my

mense ek is soos hulle. As julle beïndruk is deur my, moet julle ook

deur hulle beïndruk wees. As ek uitsonderlik is, is hulle ook. Maar

wittes prys voortdurend vir Mandela, terwyl hulle swartes behandel

soos voorheen.

Die uitdaging vir wit Afrikaanse Christene is om verby die hoëprofiel swart mense – met

wie hulle nooit skouers skuur nie – te kyk en swart mense met wie hulle daaglike

kontak het as gelyke te beskou. Sommige, soos Elsa, het reeds so ʼn besluit geneem

toe sy sê ek wil nie ʼn rassis wees nie [2-556]. Baie ander mense het nog nie

daardie wilsbesluit geneem nie [Hanlie 2-566].

ʼn Tipiese voorbeeld van iemand wat reeds so ʼn keuse gemaak het en daarop reageer,

is Barend la Grange, een van die sogenaamde “Dulux-3” (Retief 2012:elektroniese

bron). Dit is ʼn term wat Hanlie Retief gemunt het waarmee sy verwys na die drie manne

wat al drie met verf hulle beswaar teen The Spear wou uitdruk. In die plaaslike konteks

is dit duidelik herkenbaar as ʼn parodie op soortgelyke name uit die apartheidsera soos

die Pepco Drie (TRC 1996:elektroniese bron) en die Cradock Vier (Forbes

2010:elektroniese bron).

La Grange is die man wat die skildery The Spear met rooi verf toegetakel het. Hy

verduidelik sy optrede: “...as Afrikanerman het ek geroepe gevoel. Ons, gestereotipeer

as die groot rassiste, het ’n verantwoordelikheid om daardie persepsie om te keer.” Self

al sou die hof oor die skildery oordeel, sê hy, “dan gaan swart mense steeds sê: ‘Die

wittes respekteer ons nie.’ So dit was die régte ding dat ’n wit man van die skildery

ontslae raak” (Retief 2012:elektroniese bron).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!