25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p256

Die uitdaging wat hulle moet aanpak, is ook my eie uitdagings.

Hierdie taak begin by die “descriptive-empirical task” wat Osmer (2008:4) beskryf as

die versameling van inligting “that helps us discern patterns and dynamics”, maar sluit

ook die interpreterende funksie in: “Drawing on theories of the arts and sciences to

better understand and explain why these patterns and dynamics are occurring” (Osmer

2008:4). Dit word onder andere in die volgende afdeling hieronder gedoen. Die

normatiewe taak van “constructing ethical norms” (Osmer 2008:4) vind deurlopend in

die gesprekke plaas waar mede-navorsers mekaar uitdaag en hierdie laaste hoofstuk

kom die pragmatiese taak meer aan die orde.

Die mede-navorsers het in die gesprekke mekaar se narratiewe gedekonstrueer. In

hierdie proses het mede-navorsers die geleentheid gekry om, soos Dreyer (1996:183)

vra, nuwe identiteite en nuwe rolle te definieer vir die nuwe bedeling waarin hulle leef.

1.4 Die rit op die “roller coaster of change”

In hoofstuk twee is volledig verduidelik hoe Bridges en Mitchell (2000) mense se

aanpassing by verandering beskryf. Hulle verdeel dit in drie fases, naamlik afskeid

neem, die neutrale sone en wat hulle noem “moving forward”. Daarmee saam is daar

ook gekyk na Rendle (2007) se “roller coaster of change” waarmee hy die emosionele

siklus van verandering in gemeentes beskryf.

In hoofstuk vier is uitvoerig gerapporteer oor die posisie van die mede-navorsers in

2012 in vergelyking met hulle posisies in 1998 wat in hoofstuk drie aangebied is. In

hierdie onderafdeling wil ek oorsigtelik kyk na die mate van transformasie wat by die

mede-navorsers plaasgevind het.

In die self-narratiewe van die mede-navorsers is die elemente van beide modelle

sigbaar. In terme van die drie fase-model is dit duidelik dat nie alle mede-navorsers

ewe vinnig beweeg op die pad van verandering nie. Daar is ook ʼn onderskeid sigbaar

in verskillende aspekte van die veranderingsproses, sommige vind vinniger plaas as

ander.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!