25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans

p563

73

74

75

76

77

78

79

80

81

82

83

84

85

86

87

88

89

90

91

92

93

94

95

96

97

98

99

100

101

102

103

104

105

106

107

108

109

daarvan dat ek ons kinders – ek dink ek het dit die vorige keer ook gesê – redelike

liberaal grootgemaak het om mense te respekteer. Maar skielik toe dit naby aan my

bas kom, toe is dit ʼn ander storie. Elsa het dit makliker aanvaar as ek.

Elsa: Ja jy was baie ontsteld daaroor.

Frans: Ek was baie ontsteld gewees daaroor want ek het nie verwag dit gaan gebeur

nie. Toe een dag op ʼn reën dag is ons in die Kaap en ek bel vir A en vra is julle by die

huis, ons kom tee drink. Toe het ek maar besluit dit gaan nou gebeur. Ek wil jou nie die

hele lang storie vertel nie, maar ek het binne die eerste halfuur ontdek dat hierdie man

is anders as wat ek gewoond was. Hy is welbelese, hy weet van ʼn klomp dinge en

goete en so aan. En toe H dood is, hy is nou twee jaar gelede dood in ʼn motorongeluk

tussen Malmesbury en Kaapstad, by Plattekloof afrit, toe het ek gehuil. Ek het fisies

gehuil oor hierdie mens so lief was ek vir hom gewees met sy bruin kindertjies wat hy

het en hulle het vir my en Elsa ouma en oupa genoem. En ek het so onlangs soos twee

weke gelede het ek toe nou sy eks vrou en die seuntjie, wat ʼn klein seuntjie was toe

ons hom in die Kaap gesien het, en ons was baie bly om mekaar te sien. En tot vandag

toe nog is daai deur se naam H want dit was H se plan om daai deur te maak. So wat

ek vir jou wil sê is, ek dink ʼn ou is versigtig as dit na jou kant toe kom want jy weet nie

hoe om dit te hanteer nie. Maar as jy eers in die ding inkom dan sal jy sien dit is nie so

erg nie. Dit is net nog ʼn mens.

Albert: Ek dink dit was vir ons ʼn vreemdheid omdat ons mekaar nie geken het nie.

Elsa: Ons het mekaar nie geken nie.

Frans: En dan nou die ander aspek wat ek hier ontdek het – ons het ook nou mense

hier leer ken – en ek weet nie Elsa moet dalk maar dit netnou herhaal of wat ook al.

Maar wat ons nou begin beleef het hier is dat mense baie rassisties optree en soos

Elsa gesê het nog praat van kaffers en meide en hotnots. Ten spyte van dit... Ek het vir

jou dokumentasie gegee het oor hoe die mense gestem het [Ontleding van hoe mense

in die kiesafdeling gestem het – LMF]. So hulle stem nie noodwendig rassisties nie.

Mense kon verwag het dat as dit nou regtig ʼn klomp regse ouens is wat regte rassiste

is dat hulle miskien regs sou stem, maar dit word nie verteenwoordig in die stem nie.

So die mense stem meer liberaal in daai opsig, maar op grond vlak blyk dit dat

rassisme maar nog steeds daar is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!