25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p6

tafel gebring het. Ek verwys na Müller (2005), Osmer (2008) en Ganzevoort (2009).

Müller se besondere bydrae ten opsigte van postfoundationalism 7 kom later volledig

aan die orde, maar ek wil graag hier die bydraes van Osmer en Ganzevoort koppel aan

'n vroeëre bydrae van Müller (2000b).

Die navorsing gebruik Osmer (2008) se vier kerntake van die praktiese teologie,

naamlik die deskriptief-empiriese taak, die interpretatiewe taak, die normatiewe taak en

die pragmatiese taak as bril om na die problematiek van die navorsingsonderwerp te

kyk. Ganzevoort (2009) se idee van teologie as “tracing the sacred” korreleer goed met

aspekte van Osmer se vierdeling van praktiese teologie.

Verslagdoening oor die navorsing geskied aan die hand van die ABDCE-formule wat

aanvanklik deur Lamott (1995) ontwikkel is vir die skryf van verhale. Die formule is deur

Müller (2000b) en van sy kollegas verder ontwikkel (Müller, Van Deventer & Human

2001) as 'n teoretiese model vir die dokumentering van narratiewe navorsing. Die

model self sal verderaan in hierdie hoofstuk meer uitvoerig beskryf en bespreek word.

Op hierdie punt is dit belangrik om te wys op ooreenkomste tussen Osmer se

vierdeling, Ganzevoort se “tracing the sacred” en dokumenteringsriglyne van Müller en

sy kollegas. Dit is nie vreemd dat daar groot ooreenkomste tussen die modelle is nie

aangesien elke navorser poog om op 'n eie manier dieselfde proses in die pastoraat te

beskryf.

Ganzevoort (2009) neem sy vertrekpunt in die uitdrukking “hermeneutics of lived

religion” wat vertaal word as die hermeneutiek van 'n geleefde godsdiens. Vir hom is dit

'n samevatting van waaroor die praktiese teologie gaan. Hy verduidelik dan die drie

terme in sy vertrekpunt uitvoerig. Hy begin by die laaste deel van die konsep en gee

eers aandag aan die woord godsdiens. Die woord godsdiens is sy voorkeur keuse bo

geloof of spiritualiteit, omdat dit volgens hom 'n meer omvattende term is as die ander

twee. Hy definieer godsdiens dan as “the transcending patterns of action and meaning

embedded in and contributing to the relation with the sacred” (Ganzevoort 2009:3). Vir

hom is dit belangrik om 'n uitdrukking soos “the sacred” te gebruik om so inklusief

moontlik te wees in die omgewing waarin hy werk en beweeg. Vir hierdie navorsing

word “the sacred” geïdentifiseer as God Drie-enig soos geopenbaar in die Bybel en in

7

Daar is op hierdie tydstip nog geen algemeen aanvaarde Afrikaanse vertaling vir die term

postfoundational nie. In hierdie dokument word dit in skuinsdruk gebruik om aan te dui dat dit ʼn Engelse

term is wat gebruik word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!