25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p283

op gewys dat die WVK sommige wit mense laat wegkom sonder enige skuld, maar

selfs diegene wat nie skuldig is aan enige blatante diskriminasie of wreedheid nie, is

wel op ander vlakke skuldig. Daar is “still obvious vices like indifference or callousness,

cowardice and dishonesty, the failure of imagination and empathy or just plain laziness”

(Vice 2010:327).

Vice (2010:326) voer hierdie argument na ʼn dieper vlak as sy probeer aantoon dat witwees

in die ou Suid-Afrika, soos in die res van die Westerse wêreld, die

“unacknowledged norm” is waaraan alles gemeet word. Sy toon aan dat wit mense se

“bevoorregte posisie in Suid-Afrika op ’n onontkenbare wyse te make het met die

sistematiese bevoorregting wat ons en ons voorsate oor dekades en eeue ten koste

van swart Suid-Afrikaners gehad het” (Van Niekerk 2011:elektroniese bron). Dit is

hierdie “white privilege” wat volgens haar behoort aanleiding te gee tot gevoelens van

skuld en skaamte. Hierin sluit sy aan by Steyn (2001:xxvi):

As the privileged group, whites have tended to take their identity as the

standard by which everyone else is measured. This makes white

identity invisible, “even to the extent that many whites do not

consciously think about the profound effect being white has on their

everyday lives” … In sum, because the racialness of their own lives is

edited out, white people have been able to ignore the manner in which

the notion of race has structured people’s life opportunities in society

as a whole.

Hoe waar Steyn se woorde oor die onsigbaarheid van wit identiteit is, is duidelik uit die

tipe reaksies wat Vice ontlok het. So skryf ʼn ene Anton B (skuilnaam)

(2011:elektroniese bron): “So intens is hierdie verdwaalde siel se haat vir blankes en

dus ook vir haarself, dat blankes se blote bestaan volgens haar aanstoot gee…” Of Jan

Rap (skuilnaam) (2011:elektroniese bron) wat aanvoer sy bou haar “10 000 woorde

diskoers op ’n vals basis, naamlik die onderdrukking van swartes deur die Afrikaner.”

Daar is egter ook ander kommentators wat (gedeeltelik) met haar saamstem. So noem

Van Niekerk (2011:elektroniese bron) Vice se artikel ʼn “fyn beredeneerde bespreking…

van die onomstootlike morele predikament verbonde aan wit-wees in Suid-Afrika.”

Hierdie saamstem met haar ontleding beteken egter nie instemming met haar

gevolgtrekkings oor wat wit mense nou te doen staan nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!