25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p295

Wanneer Krog (2003:248) praat oor gesamentlike dienste en gemengde kersopvoerings,

is een dominee se eerlike antwoord: “Then we can close up shop.” Sy

reageer: “My counter question is: can this country afford that ten years down the line of

democracy more than 80% black people has never shared a piece of bread with a

white person?” (Krog 2003:248).

Dit sal die Kerk baat om dieselfde les as Nico Smith se vrou Ellen te leer:

In my ouerhuis is die politiek altyd as ‘onchristelik’ beskou. Nico het my

egter gehelp om te verstaan dat die evangelie van Christene optrede

verwag – ons moet teen ongeregtigheid opstaan veral waar daar op

mense se regte inbreuk gemaak word (Jones 2012a:15).

Die een kwessie wat die saak van praktiese erkenning van skuld op die spits dryf, is die

debat rondom die Belydenis van Belhar. Hierdie saak is reeds in hoofstuk vier

aangeraak. As die NG Kerk ernstig is oor die skuldbelydenis oor apartheid en die

strewe na hereniging, sal die kwessie rondom Belhar spoedig opgeklaar moet word

deur die amptelike vergaderings van die Kerk, maar ook deur die lidmate. Hieroor sê

Kobus Gerber (2011:3) die Algemene Sekretaris van die NG Kerk: “Die kerke van die

NG Kerkfamilie is dit aan die land en die wêreld verskuldig om hande te vat” Isak

[16-390] skryf hieroor:

Die Gereformeerde kerke – NG Kerk – spook steeds met

die Belhar belydenis en die kerkeenheid. Ek dink dit

is jammer. Steek die kerk, wat by uitstek die

boodskap van versoening, vergifnis ens. moet uitdra,

nie ʼn bietjie af teen ander instellings en strukture

in ons land nie?

Die Belydenis van Belhar met sy klem op eenheid, geregtigheid en versoening praat

oor temas wat tydens apartheid nie baie aandag gekry het in die NG Kerk nie. Daarom

is dit te verstane dat hierdie temas vir sommige ongemaklik is, maar tog het die

Algemene Sinode reeds gesê dat die NG Kerk die inhoud van die belydenis kan

onderskryf. Blykbaar stem lidmate nie hiermee saam nie. Pienaar (2010a:9) praat van

die “massa NG lidmate wat op kerkhereniging die rug gedraai het.” Schoeman

(2010:148) wys daarop dat net 18% van lidmate die Belydenis van Belhar persoonlik

aanvaar teenoor 82% wat of onseker is, of daarteen gekant is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!