25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p122

3. Die effek van apartheid

Apartheid-Suid-Afrika het mense verban en ingeperk, noodtoestande afgekondig en

aanhouding sonder verhoor – waarvan ten minste 96% in vrylating of kwytskelding

geëindig het (Coleman 1998:15) – gewettig. Ek kan goed onthou hoe omgekrap ek as

jong student was om in ʼn voetnota van die Nobelpryswenner Aleksandr Solzhenitsyn

se boek The Gulag Archipelago (1973:290) te lees:

In the Republic of South Africa, terror has gone to such lengths in

recent years that every suspicious (SOE (sic) – Socially Dangerous

Element) black can be arrested and held for three months without

investigation or trial. Anyone can see immediately the flimsiness of this:

why not from three to ten years? [deurgaans sy beklemtoning].

As baie naïewe jong, wit Afrikaner het dit my diep ontstel dat mense sulke dinge oor my

land kon skryf. Daar het duidelik baie dinge gebeur waarvan ek niks (wou) geweet het

nie. Maar, ek was blykbaar nie al een wat so gevoel het nie. Ben [6-089], die oudste

van die mede-navorsers, erken: Daar was darem vreeslik baie wreedhede,

wat ons as gewone mense nie van geweet het nie, verskriklike

ongeregtigheid.

Selfs al was wit mense versigtig om die volle impak van apartheid

duidelik te verwoord, het swart mense dit in ondubbelsinnige taal

gedoen: "This history of brutality, murder, dispossession, oppression,

exploitation, of the dehumanizing, violent system of Apartheid, which

through history has caused untold suffering, pain, misery and death to

many black South Africans...” (Chikane 1989:15).

Om nie te weet van misbruike nie, laat dit nie verdwyn nie. Dit het gebeur. Soos die

sestienjarige SWAPO-soldaat wat verdwyn het: "The Recces had taken him up in a

chopper – and then kicked him out over Angola at a height of 10 000 feet" (De Kock &

Gordin 1998:73). Of die verbranding van ʼn slagoffer se liggaam tot as: "It was just

another job to be done. We would have our own little braai (next to the burning body)

and just keep on drinking... Hell, we didn't care. It wasn't as if we had killed human

beings" (Pauw 1997:18).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!