25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 6: Gesprek 6 (27 Oktober 1998)

p502

294

295

296

297

298

299

300

301

302

303

304

305

306

307

308

309

310

311

312

313

314

315

316

317

318

319

320

321

322

323

324

325

326

327

328

329

330

Albert: Mnr X vertel my, as hy 'n wit man sien rondry in 'n bakkie, met 'n hond wat langs

hom sit, dis een van die goed wat hulle die seerste maak, hy moes agterop gesit het,

die hond mag voor sit. Met ander woorde, A + B = C, die hond is beter, is meer werd as

hy as swartmens. Vir ons klink dit miskien belaglik, dit was hulle belewenis gewees

daarvan.

Mike: Dit staaf my punt. Het die apartheidsbeleid gesê 'n swartman mag nie voor in 'n

bakkie sit nie?

Albert: Nee, dis hoe ons gedink het oor swartmense wat so besluit het.

Mike: Presies. Dit is hoe ons opgetree het, dis nie die beleid nie.

Albert: Mens sou natuurlik die vraag kon vra, waar sondig jy, sondig jy met jou hande

of met jou kop. Lê die sonde in dit wat ek doen, of in dit wat ek dink.

Hanlie: Kan ek nog iets van die TV program sê. Wat my geruk het, was ook 'n

onderhoud wat hulle gehad het met 'n jongerige persoon, hy sê toe, hy noem 'n klomp

goed op wat vir hom baie slegs was in die verlede, toe sê hy we never had our mothers

at home, I was always alone at home, sometimes no one else in the surrounding,

because my mother was looking after the white people’s children the whole day. Ons

het dit almal geweet, maar ons het miskien nie besef hoe erg dit was vir 'n kind om te

weet my ma gee al die aandag, sy dra op haar rug, sy stoot in die stootkarretjie, wat

ook al, die witmense se kinders, maar daar is nie tyd vir my nie. Toe gaan jy verder

aan, en toe na omtrent 17 jaar, dat daardie jong seuns wat grootgemaak is deur die

swart vrouens was dieselfde seuns wat in die weermag was, en wat nou die

verskillende opstande op ons en ons ouers en kinders gevoer het. Dan weet julle ook

hoe geweldige sin hulle het vir, almal is almal se pa en almal is almal se ma. In

werklikheid wil hy dan sê, die kinders wat die swart ma grootgemaak het, word deur

omstandighede in 'n posisie geplaas waar hulle hulle eie ma’s geskiet het, dan sal hy

nou die voorvalle noem. Dan het hy gesê, ons het die paaie gebou, maar ons het nie

die motors gehad om daarop te ry, ons het die elektrisiteit help installeer, ons het nooit

ligte in ons huise gehad nie, so het hy aangegaan. Totdat ek later daar verwese gesit

het, omdat ek gevoel het, ek het nie die vaagste benul hoe dit vir hierdie mense moes

gevoel het nie. Nie die vaagste benul nie. Dieselfde idee van ek kan nie in die bakkie ry

nie, hier werk ek die hele dag om elektrisiteit in hierdie huis te installeer, maar as ek

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!